My swakste skote

PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My swakste skote

Post by PWV »

Ek skiet nie swak skote nie.
As ek sien dit gaan 'n swak skoot wees, skiet ek nie! 8)
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: My swakste skote

Post by Hein22 »

Gaan skiet blesbokke. Zero gou die oggend die 243 op 200m. Ons kry die blesbokke sommer gou gou en ek is eerste op die skietpunt. Bokke staan rustig vir ons en kyk op 80meter :o :o .

BONUS!! Ek moet drie clicks af stel om op 100m te zero maar stel uit gewoonte drie clicks op. Skoot klap en AL die bokke laat waai. Dis mis!

Almal (en die plaasboer) kyk my skeef aan omdat ek die bok op 80m met 'n rus van die bakkie af mis skiet. :-[ :-[
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: My swakste skote

Post by alecjohnson »

My swakste skoot/skote was met my 300Wm. Die is mos 'n bobaas kaliber of so het ek gedink. Dit het veroorsaak dat ek mt eerste kwes kry maar gelukkig die bok gou gekry.

Gemsbok 'n hele entjie anderkant die heilige lein! (480m) Staan weg van my af en ek dink dat die premium Koeël sal reg deur draf, toe nie. Gemsie spin in die rondte, en ek skiet weer, maar bitjie hoog. kry nog 'n skoot in mooi agter die blad, deur die hart. Ek haal weer oor maar daar gaan toe fout met die pushfeed, ek gooi die geweer neer en gryp my 243 sn skiet brein. Dis die slegste wat ek nog ooi op 'n jag gevoel het.

Dis waarom ek besluit het om nie te ver skote aan te durf nie, ek bly maar by 200-250m max as ek kan.
Henrie_270
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Wed Jan 14, 2015 3:35 pm

Re: My swakste skote

Post by Henrie_270 »

Het selfs al n paar breggerige misse gehad.

Laasjaar moet ek vir die kerk n koedoe skiet. Pa laai my af en begin dadelik teen die wind inwerk. Na so n 300m se loop stap n jong vers voor my uit. Gaan sit plat en wag vir die bul maar sien net koeie. Kruip toe om die bos voor my en daar lê hy. Wel vat toe die 270 en vat lekker dooierus. Skoot klap maar die bul vlieg daar op asof n bom onder hom geplant is. Uiteinde was dat ek sy horing teen sy kop op 40 meter afgeskiet het.

Mooiloop
243 win, Howa Varmint, Swarovski z3 4-12x50 BRH
'n Jakkals verloor nie slaap oor die opinie van n skaap nie...
User avatar
Blesbok
Full Member
Full Member
Posts: 239
Joined: Fri Jul 04, 2014 9:06 pm

Re: My swakste skote

Post by Blesbok »

Skiet een aand met my ou brno .22 oop versuur. min het ek geweet (die poephol wat ek is ) het ek die 100m versuur op geklap en daar kom ek om die draai. Daar staan die jakkie op +- 25m ek skiet seker 4 skote en weeti wat gaan aan nie. My vriend was ook daar . So ja swaar gesluk, maar ten mintste het ons hom gekry op die einde.
;D SMLE and shoot ;D
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My swakste skote

Post by PWV »

Met al die swak skote van gesoute jagters hierbo, sal die Groenes oor goeie ammunisie beskik vir hul motivering om jag te verban!
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: My swakste skote

Post by Chris Swart »

tripodmvr wrote:Swak-uitstekende skoot.

My heel eerste skoot in my lewe op 'n rooibok. My 303 met gaatjievisier en die rooibokke stap teen 'n bultjie af om dan teen die draad te gaan staan. Ons kom in die pad af en die skoot moet skuins deur die draad geskiet word. Mik vir die blad en die skoot loop. Bokke hardloop ongeskonde weg.

Met die naderstap kry ons 50m vanaf my skietpunt die dropper wat ek morsaf geskiet het. Dit was wel 'n swak skoot synde dit nie die bok getref het nie, maar my rigting na die dropper was perfek

Daar is iets posetief in elke slegte situasie ;D
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: My swakste skote

Post by Jake1 »

Ek kon hierdie jaar op een plaas enige kudu bul skiet vir myself wat ek wou maar moes, vir die plaas ook so 2 vleiskoeie skiet. 1e 2 Koeie val toe sommer vinnig en perfekte hoë nek skote. Ek voel toe sommer heel goed oor myself en maak myself wys ek is eintlik een van die beste skuts ooit. Toe ewe skielik gou ook na die koeie kry ek die bul van my lewe, plankdwars op 50 meter en mik blad, besluit maar ek is dan so n goeie skut, hoekom my trofee van n leeftyd in die blad skiet, mik toe kop en begewe myself en besluit toe eerder weer nek en kadwa.... heeltemal mis. Die kudu het nie eers dadelik gehardloop nie, hy het my so gekyk asof hy my wou sê "nou wat vir n ding het jy nou probeer doen ...l" toe maak hy so proes geluid, ek besluit toe dis seker maar hoe n kudu lag, en toe draf hy so stadig weg.
Last edited by Jake1 on Mon Sep 14, 2015 10:21 am, edited 1 time in total.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: My swakste skote

Post by Kubus »

Aag komaan PWV, ek weet daar moes iewers in jou verlede n verleentheidsskootjie wees.
Ons wag.
Gooi hom.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My swakste skote

Post by PWV »

Kubus wrote:Aag komaan PWV, ek weet daar moes iewers in jou verlede n verleentheidsskootjie wees.
Ons wag.
Gooi hom.
Ja, ek het 'n mossie se poot afgeskiet met 'n kettie. ;)
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: My swakste skote

Post by Kubus »

Kandidaat????
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: My swakste skote

Post by Basie2 »

Het in Mei maand na rooibokooi op 180 geskiet met 22/250, mik vir kopskoot (windgat se baas), het mos grent rangefinder en als.... maar het die vorige dag ingeskiet op 100m..... Kakebeenskoot. Gelukkig staan sy heel verward en draai net om ( was teen draadheining) toe skiet ek haar agter die blad, morsdood. Maak my naam bollie kwadraat in derde rat! Het so 5 jaar gelede ook springbok op 300m kakebeenskoot geskiet met 22/250. Daai bok corkscrew so op, skud sy kop met die landslag, daai tyd sê die eienaar KAKEBEEN skiet vinnig, wiks hom blitsig agter die blad. Baie goed om plat op die aarde te loop!! Net die manne wat werk maak foute, die ander doen niks!
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: My swakste skote

Post by Ashley »

Kubus wrote:Kandidaat????
Kubus! >:+ >:+ >:+
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Post Reply