Pitkos vir die Groenes

User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Pitkos vir die Groenes

Post by Kubus »

Sien hierdie foto gister op Facebook.
Ai! Op n snelweg seker iewers in die Oos Kaap, want dis EC nommerplate.
Julle moes die groenes se kommentaar gesien het.
Barbaars, Ten aanskoue van kinders, Wreed, Ons krap onodig die ekologie van die natuur, ens,ens.
Kan ons nie maar dink voor ons met dooie jakkalse op n openbare pad ry nie.
Gooi hulle agter op die bak.
Komaan ouens, ons behoort van beter te weet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by G-force »

Ja nee.As hul eendag jag ensv verban het sal ons eie kinders presies weet hoekom.Manne moet ophou probeer spog en hulle koppe gebruik.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by cassie_calvinia »

dit is swak
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Riaan Kriel »

Ek het 'n foto van die man se bakkie geneem op 15 Augustus 2015 by die SAJWV se Nasionale Intertak byeenkoms te Bilson skietbaan buite Humansdorp. Bietjie daar met hom gesels. As ek reg onthou is sy naam Francois. Hy het vertel dat hy nie meer op Jaracal is nie agv party manne se ego's en strooi pratery. Hy en Heinrich Funck jag soms saam.
http://i1321.photobucket.com/albums/u550/Duracell/IMG-20150913-WA0014_zpsvksitji4.jpg
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Cobus(Cobb) »

Ek wonder wat Hein sal sê.....
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Geno »

Is sy van dalk Ferreira?
Goed, beter, 6millimeter!
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Smirre »

streel hy nie maar sy ego hier nie?
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Riaan Kriel »

Geno wrote:Is sy van dalk Ferreira?
Dit is net so ja. Ek het dit so onthou maar het effens getwyfel en wou dit daarom nie nie op my eerste post plaas nie.
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by G-force »

Die een vrou wat die bakkie gesien ry het het gese daar staan "Cara Jack" op die bakkie se deur.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Gawie(13mm) »

G-force wrote:Die een vrou wat die bakkie gesien ry het het gese daar staan "Cara Jack" op die bakkie se deur.
Dan dink sy ook dus 'n paar Border Collies wat daar aan die kant hang? ;D

Party manne dra die wêreld op hul skouers......
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Kolhasie »

ai die man kon dalk vergeet het van die jakke op die hakke?? maar dit is verkeert dink ek.

Groete KH
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Koos Barnard »

Vergeet? Die probleem is baie male dat ons verskonings soek as 'n jagter iets verkeerd gedoen het en dan daal ons geloofwaardigheid nog meer.
Mooi loop
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by cassie_calvinia »

vergeet sekerlik nie, hy kyk mos in sy spieels
HOU HOM DAAI DIKTE
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Kolhasie »

Ek soek gladnie verskonings nie....Hoekom ek se vergeet want ek is baie in gedagte en het self al met jakkie aan die hak gery tot by die buurman.

Groete KH
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Wayne »

Kolhasie, I have also done it, so I can not bite this oak about it.
nols
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Mon Jul 11, 2011 8:46 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by nols »

Hy het net gou terug gery dorp toe om sy rooi coolboks te gaan vol maak!!
josh..
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Fri Dec 21, 2012 1:47 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by josh.. »

Like the video doing the rounds of someones girlfriend taking video of him liking old vlekkie with a spade and making a joke out of it. Ok we have all cobered jackals with something else if we don't have a gun at hand. But be carefully chaps social media is a dangerous thing we don't won't to be banned from shooting jackals now aswell.
josh..
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Fri Dec 21, 2012 1:47 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by josh.. »

Thats the last flyover on way out of pe
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Dawie Malan »

Ek sal self nooit so ry op 'n publieke teerpad met jakkalse op my bakkie nie, maar die bohaai word opgeskop net omdat dit 'n jakkalsjagter is wat dit gedoen het. Niemand fladder 'n ooglid as daar dooie bokke, beeste en skape agter op oop bakkies lê wat daagliks deur inwoners van informele nedersettings geslag is nie. So ook blaf niemand vir dooie hoenders wat elke dag in die Transkei agter aan aan fietse hang nie.

Maar as 'n jakkalsjagter dit doen....
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Geno »

My vraag is waarom met 'n jakkals van 'n plaas af ry?
Ek doen dit gladnie. So verhoed dit dat daar stories oor gevriesde jakkalse begin rondloop, soos al hoeveel keer vantevore gesien is.
Goed, beter, 6millimeter!
Bakkies303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 360
Joined: Wed Mar 11, 2015 9:27 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Bakkies303 »

Geno, nou dat jy so praat. Is die jakkalse nou net geskiet of is hulle miskien besig om te ontdooi? :):

Ek hoor van hele paar gevriesde stories hier in die Oos Kaap.
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Dawie Malan »

My vraag is waarom met 'n jakkals van 'n plaas af ry?
Ek doen dit gladnie. So verhoed dit dat daar stories oor gevriesde jakkalse begin rondloop, soos al hoeveel keer vantevore gesien is
Ek stem 100% saam, maar daar moet ag geslaan word op die jakkalsjagter wat op verskillende eiendomme van dieselfde klient gaan jag, wat in baie gevalle sommer 20km uitmekaar is. Die jagter kry tog sy betaling op die getal jakkalse wat hang.

In die geval behoort die jakkalsjagter steeds sy jakkalse wat hang op die bakkie met 'n streepsak toe te maak.

Groete

Dawie
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Geno »

Jy is reg, Dawie.

Ons het met die Cradock-ops, elkeen 'n klompie streepsakke gekry om die jakkalse mee toe te maak. Mens trek sommer die sak so oor die jakkalse wat hang, en haak hom in op die hakke.
So is ons tot in Cradock dorp by die basis, en deur padblokkades sonder moeilikheid.
Goed, beter, 6millimeter!
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by Koos Barnard »

Wat vir my onrusbarend is, is die feit dat te veel jagters die houding het, F.... die groenes ons maak soos ons wil. Soos met die Alldays voorsitjag het ons nou gesien dat die media dinge erg kan verdraai en emosies aanblaas. Ons is besig om die groenes heeltemal te onderskat. Ek hoor vanoggend 'n ander ding waar die groenes ook betrokke by is, wil net eers uitvind of dit waar is voor ek enigiets sê. Die probleem is dat te veel van ons ons eie grootste vyande is. As jag eers die dag heeltemal verban is, dan sal ons spyt wees dat ons nie weer oopkop was met goed soos jakkalse vertoon en bloederige foto's oral op facebook en you tube post nie. Julle onthou seker almal die video van die spelerige, mak leeu wat van die bakkie af deur die boogjagter geskiet is. Soms dink ek sommige van ons jagters het werklik nie veel tussen die ore nie.
Mooi loop
Last edited by Koos Barnard on Thu Sep 17, 2015 10:53 am, edited 1 time in total.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Pitkos vir die Groenes

Post by FHM »

Koos Barnard wrote:Wat vir my onrusbarend is, is die feit dat te veel jagters die houding het, F.... die groenes ons maak soos ons wil. Soos met die Alldays voorsitjag het ons nou gesien dat die media dinge erg kan verdraai en emosies aanblaas. Ons is besig om die groenes heeltemal te onderskat. Ek hoor vanoggend 'n ander ding waar die groenes ook betrokke by is, wil net eers uitvind of dit waar is voor ek enigiets sê. Die probleem is dat te veel van ons ons eie grootste vyande is. As jag eers die dag heeltemal verban is, dan sal ons spyt wees dat ons nie weer oopkop was met goed soos jakkalse vertoon en bloederige foto's oral op facebook en you tube post nie. Julle onthou seker almal die foto van die spelerige, mak leeu wat van die bakkie af deur die boogjagter geskiet is. Soms dink ek sommige van ons jagters het werklik nie veel tussen die ore nie.
Mooi loop
Harde ware woorde Koos!
Dankie
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply