Gedeelde eienaarskap van geweer?

Post Reply
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Gedeelde eienaarskap van geweer?

Post by Jaco V »

Hello almal
Bietjie raad nodig asb.
My seun skiet .22 op nasionale vlak in die olimpiese 3P disiplines, hy is nou 18 en het begin toe hy 17 jaar oud was, dus is sy geweer in my naam en ek travel maar saam na waar al die kompetiesies is.

In Desember word the African Shooting Competition aangebied in Kairo in Egipte, My seun was gelukkig genoeg om in die span ingesluit te word. Ongelukkig weens werksverpligting sal ek nie die toer kan meemaak nie, en gaan dus die geweer in sy naam laat oorplaas sodat hy dit saam met hom uit die land kan neem vir die kompetisie.

Met alles wat ek hier lees oor hoe lank dit neem is ek baie bekommerd en luister graag na raad wat die proses sal versnel.

Ons het reeds die aansoeke vir Toegewyde sportman ingestuur en behoort in die week wat kom die status bevestiging te kry, dit sal my seun in staat stel om die geweer te lisensieer al is hy nog nie 21 jaar oud nie.
Hy sal Woensdag sy bevoegdheid afhandel by geakkrediteerde opleiding sentrum.
My plan is dan om 'n afspraak met Majoor Lesegi by CFR te probeer kry om die situasie aan hom te verduidelik en te vra vir hulp.

Dit is tot dusver die plan maar 'n vriend het die afgelope naweek genoem dat, sover sy kennis strek, kan ek aansoek doen vir "Dual ownership" wat my seun dan ook sal lisensie kaart gee vir dieselfde .22, en dit mag dalk minder tyd neem aangesien die berging van die wapen nie verander nie.

Ek wil graag weet of enige van julle ervaring het met "dual ownership" en of dit viniger kan lei tot lisensiering as die normale proses.
Enige raad, advies en opinies sal waardeer word.
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Gedeelde eienaarskap van geweer?

Post by Plaashaas »

Jaco

Hoekom doen jy nie n S21 aansoek saam nie?
Dit lyk vir my na n goeie grond vir dit.

Terloops ek weet van sport skieters van 14 wat semi's op hul eie naam het.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Gedeelde eienaarskap van geweer?

Post by tripodmvr »

Saps vorm e271 afdeling D. Daar kan dan 2 persone vir die geweer 'n lisensie kry. Het julle nie 'n "goeie" vuurwapenbeampte by jul plaaslike polisietak nie. Vra eers hulp daar synde die aansoek tog deur hulle hanteer moet word. Kry brief van skietorganisasie wat sy deelname bevestig.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply