Franchi Feeling o/u

Post Reply
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Franchi Feeling o/u

Post by Hilux01 »

Mnre

Ek wil graag bietjie die opinies toets oor die Franci Feeling Steel o/u
Hierdie gewere kom ook in die alluminium model

Ek sou graag bietjie raad wil he
Is hierdie n goeie koop, ek wil dit gebruik vir die kleiduif en voel jag van tyd tot tyd en doen dit verseker nog nie genoeg om n R30k Beretta te regverdig nie
Ek verstaan Franchi is maar Beretta se klein boetie (minder afwerking ens)

Is hierdie gewere waarde vir geld R18k?

My volgende vraag is die kaliber. Soos almal of baie van ons het ons maar groot geword met n 12ga, wat is die voordele/nadele van n 20ga of self 28ga

Ek hoor graag van die slim manne

Groetnis
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Franchi Feeling o/u

Post by gillie »

Al wat ek weet is dat as jy R18k betaal, is dit R 1,500 te veel want jy kan hom by Camdix nou vir R16,500 kry.

Verder weet ek nie veel van die gun nie, as jy bietjie bylas kan jy by dieselfde winkel n Silver Pigeon kry vir R26k, wat jou JARE gaan hou !
User avatar
cobus s
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Wed Sep 02, 2015 11:57 am

Re: Franchi Feeling o/u

Post by cobus s »

Ek is defnitief nie n kenner nie maar my vriend het een en dit is n baie lekker geweer om mee te skiet
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Franchi Feeling o/u

Post by Hilux01 »

Cobus

Het hy die 12ga?
User avatar
cobus s
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Wed Sep 02, 2015 11:57 am

Re: Franchi Feeling o/u

Post by cobus s »

Hilux

Ja hy het n 12 g , ons jaag so 300 rondtes deur sonder enige moeilikheid.
My lisensie is in vir n 2 daanse berreta 686 onyx.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Franchi Feeling o/u

Post by Rasmus »

Henk

Ek ken self nie die Franchi's baie goed nie, maar van wat ek al gehoor het is daar nie fout nie. Beretta is baie nice en duur. Groot voordeel is parte is altyd beskikbaar dit is hoekom seker meeste van die top skuts hulle gebruik.

Die res..... Dalk braging rights ;)

Loer ook na die fausti's bitter nice gunne. My broer het n CZ redhead, ook n baie nice haelgeweer.

Daar is lekker haelgewere in die 12-18K omgewing. Shop rond en kry een wat pas. Met die R/$ sal jy moet gat roer almal gaan op die band wagon klim.

20 en 28 boor is nice koelle ietwat duurder en nie altyd beskikbaar nie tensy jy na een vd invoerders in Pretoria ry.
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 722
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Franchi Feeling o/u

Post by obasch »

Henk,
S&O het ook Browning O/U's wat by R24k begin. In dieselfde klas as Beretta SP1.
Franchi het 'n goeie reputasie en is al baie jare in die bedryf, al sedert 1868! Franchi, Benelli, Sako, Tikka, Stoeger, Uberti en Burris Optics behoort almal aan Beretta en ons weet wat die reputasie van hierdie bekende handelsmerke is, dit opsigself spreek boekdele.
My persoonlike mening as dat as jy in daardie prysklas wil bly, hou by een van die Italiaanse vervaardigers.
Wat kaliber aan betref: As dit jou eerste haelgeweer is, kry 'n 12Br, dit maak net meer sin. En dit van 'n GROOT klein haelgeweerkaliber entosias, ek besit meer as een 20Br asook 'n 28Br.
20 en 28Br ammunisie kry jy nie by elke kooperasie op die platteland nie maar daar is genoeg handelaars wat gereeld ( 4 na 5 keer per jaar) daarvan invoer en die prys is nie soveel meer as 12Br nie. Ongeveer 'n 10 tot 15%, en soms selfs minder, premie op 12Br. Maar as jy eers die genot van 'n lieflike 20Br beleef het is dit vergete.
Ook maar 'n persepsie hierdie "skaars" en "duur" 20Br ding.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Franchi Feeling o/u

Post by Hilux01 »

Rasmus
Dankie, ja ek is juis een van daai wat myself oorreed terwyl dit n goeie prys is en die ou voorraad nog op ou pryse is moet ek spring
Ek hou van die Italianers se produkte

Obasch
Jou ook gepm, jong dit sal my eerste o/u wees na oupa se enkelloop 12ga
Daai 20ga is vir my nogal aanloklik, nie n ou wat hou van alles dieselfde as almal anders he nie

Eish, sal moet sien
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 722
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Franchi Feeling o/u

Post by obasch »

Henk,
As ek so tussen die lyne lees het jy reeds jou kop 'n 20Br gesit. Go for it, jy sal geen enkele dag spyt wees nie.
Probeer een met 30" lope kry.
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Franchi Feeling o/u

Post by Johan van Wyk »

Henk,

Daar is `n paar ouens by ons skiet klub wat met Franchi's skiet en sover ek weet het hulle nog nie probleme gehad nie. Teen daardie tipe van pryse doen mens in ieder geval nie te sleg nie, en jy kan tog altyd die roer smous op `n latere stadium en vervang met iets anders as jy sou wou.

Wat die 12/20 argument aan betref reken ek jy is beter af met die 12. Dis so dat 20-boor ammunisie deesdae nie meer moeilik is om in die hande te kry nie maar dis ook so dat dit nie noodwendig orals beskikbaar is nie. Met meeste van die spesies wat mens jag, uitgesluit kolganse en wildemakoue, kan mens lekker regkom met `n 20 met die regte ammunisie. Die probleem is net weereens om die regte ammo in die hande te kry (en hier verwys ek nie na die ouens wat heeltyd loop en preek om alles met 7's te skiet nie - ek stem nie met daardie teorie saam nie).

Die ander probleem is dat `n 20, omdat hy ietwat ligter as die 12 is, soos `n muil begin skop met swaar 32-gram ladings. `n Vriend van my het `n 20-boor Silver Pigeon waarmee ek al honderde skote geskiet het en ek is oortuig hy skop harder as my .375 met swaar ladings. Met 21's en 24's vir kleie en duiwe is hy egter `n plesier.

Met `n 12-boor kan jy heeldag skiet met ligte 24's en selfs 28's. Jy het ook bietjie meer slaankrag as jy die groot menere wil gaan skiet. As jy oppad Vrystaat toe is vir eende en tarentale en jy kom agter jou ammunisie het by die huis gebly gaan jy waaskynlik by die eerste beste geweerwinkel geholpe raak met `n paar pakke 12-boor ammo. Dis nie noodwendig `n uitgemaakte saak as jy op soek is na 20-boor ammo in die gramadoelas nie.

Jy moet verstaan dat ek hoegenaamd nie teen die kleiner haelgeweer bore is nie. Inteendeel, hulle het defnitief hulle plek in die groot skema van dinge. Ek het vir lank met `n pragtige Engelse 16-boor geskiet en ek skiet nou nog gereeld met `n verskeidenheid 20-bore as die geleentheid hom voordoen. Ek dink net `n 12-boor is die beter keuse vir `n eerste haelgeweer. Ek moet jou ook sterkte toewens as jy dink dat dit net by een shottie gaan bly. Die goed is baie verslawend en ek kan aan min lekkerder dinge dink as `n mooi 20-boor vir `n tweede haelgeweer!
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Franchi Feeling o/u

Post by Johan van Wyk »

obasch wrote:Probeer een met 30" lope kry.
Vir seker. Goeie advies.
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Franchi Feeling o/u

Post by toelie »

Manne

Enige iemand al nuus oor die Franchi Feeling. Sit ook in n waggel bootjie nou om dalk een aan te skaf
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Franchi Feeling o/u

Post by Hilux01 »

Toelie

Ek was oortuig en het myne betaal
Nou is die lisensie die volgende hekkie
User avatar
toelie
Hero Member
Hero Member
Posts: 926
Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm

Re: Franchi Feeling o/u

Post by toelie »

Watse toerusting kom alles saam met hom. Neem aan jy het die 28'' loop gevat. Dink ook nogals dat dit nie n slegte kopie sal wees nie
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
Post Reply