Loop wip

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Loop wip

Post by Pvdw »

Hi manne.

Ek speel nog steeds met my 303 ;D ;D

Wel ek het nou die teleskoop op en het die sintetiese kolf op. Die geweer is nou baie ligter as wat hy was. Dis heel lekker vir hantering maar ek sukkel so bietjie om deur te volg. Die loop wip meer as wat ek verwag het
.
Sal dit help as ek of die voorste of die agterste of selfs beide gedeeltes van die kolf so paar 100g swaarder maak?

Ek sien op die net sommige manne gebruik venster putty en vorm dit mooi in die holtes.

Ek beplan egter ook nog steeds om een van Clarens se KD's op te sit. Die weeg so 600g. Sal dit voldoende wees of kan ek maar by voorbaat putty koop?

My groeppe met die ou yster is heel goed vir my. Vandag 11-15 mm groeppe op 50m gekry. Sal graag wil sien wat hy/ek doen op 100m.

Laat weet maar asb as daar raad is.

Dankie
Work to live, don"t live to work
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Loop wip

Post by Wouter Roets »

Pvdw
Wag eers tot nadat jy die knaldemper opgesit het. Dit sal jou wip iets van die verlede maak. As jy nogsteeds die geweer wil swaarder maak kan jy ook kerswas oorweeg, dit vat maar net so bietjie langer maar klou baie goed.
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Loop wip

Post by Pvdw »

Dankie julle. Net nog 'n rede om die KD te koop ;D ;D

Majuba hoe gaan dit nou met jou. Jy al weer op die been??

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Loop wip

Post by Jagtersdok »

Jy soek gewig voor om die opwaardse wip te teenvoeter. 'N Terminator sal fantasties werk
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Loop wip

Post by Pvdw »

Dankie Dok. die terminator sal die week bestel word.

Net nog so ietsie anders. Ek het nog nooit 'n KD besit nie. Kan die KD opgesit en afgehaal word vir stoor doeleindes sonder om probleme te veroorsaak. Ek wil die geweer instel met die KD en hom dan so gebruik maar as hy moet kluis toe sal ek die KD moet verweider.

Sterkte Majuba, glo jy is een van die dae weer aan die gang.

Peet
Work to live, don"t live to work
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Loop wip

Post by Wouter Roets »

Peet
Geen probleem daar nie. Al waar hy veranser as wanneer jy met hom skiet en sonder hom. die meeste persone wat die dkroefdraad sny maak vir jou n cap wat jy opskroef as jy die geweer nie gebruik nie. Dit beskerm die groefdraad teen skade wat bitter belangrik is.
Skryf maar neer wat jou verstellig is tussen die knaldemper op en af, dit sal ook n paar patrone spaar met die instel.
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Loop wip

Post by Wouter Roets »

Peet
Nog n ding. Jy kan jou knaldemper nie styf genieg opdraai nie. Maak maar seker hiervan tussen skote en wanneer jy n rukkie gestap het of agter n bakkie gespandeer het. Wanner jy hom so styf as moontlik vasdraai dan weet jy hy is elke keer dieselfde met die volgende skoot. Praat met Clarence oor die skroefdraadgroote wat gesny moet word volgens jou loop se dikte. Ook bitter belangrik.
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Loop wip

Post by Christo »

Ander belangrike aspek van KD's. Maak seker die skouer wat op die geweer gelos word en die skouer van die KD lyn presies om wanneer die KD vasgedraai is. Dit is belangrik want dit help met die "oplining" van die KD. Ek het so bietjie gesukkel met my eerste KD van Clarence af omdat die KD geverf/Cote word en dit maak dat hy nie mooi oplyn nie. Niks ernstig gewees nie maar nou is hy"true"
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply