Nie-geregistreerde geweersmit?

Vra jou vraag hier en ons verwys dit na kundiges of hoor wat ander ons meedeel.
Post Reply
Albert84
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Fri Aug 22, 2014 9:38 pm

Nie-geregistreerde geweersmit?

Post by Albert84 »

Naand,

Ek sit met my eerste pasmaak geweer bou projek wat nou van die grond af moet kom en lees toe in n post deur Grommit dat baie manne op die lys in n topic oor geweersmede nie geregistreede geweersmede is nie. Nou my vraag is wat is die implikasies as jy n geweer by een van die manne laat bou?

Groete,
Albert
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Nie-geregistreerde geweersmit?

Post by Frikkie Coetzee »

Dit is onwettig vir daardie persoon om aan jou geweer te werk en hy kan tronk toe gaan.

As jy jou geweer inboek en die wapen word nie in sy wapen register ingeboek nie, is kanse goed dat dit onwettig is.

Enige persoon wat lope ruil sonder om aansoek te doen daarvoor oortree die wet.
User avatar
Tal
Full Member
Full Member
Posts: 204
Joined: Sun Jul 19, 2015 8:18 pm

Re: Nie-geregistreerde geweersmit?

Post by Tal »

Wou nie op die vorige thread name noem nie, maar n betrokke persoon op daai naamlys van Grommit het n knaldemper op n vriend van my se geweer gesit en hulle moes sy loop n stukkie afsny want hyt die demper raak geskiet! Maak maar seker voor jy jou geweer vir elke Jan rap en sy maat gee, al is hy of sy geregistreer.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Nie-geregistreerde geweersmit?

Post by Eugene »

Frikkie, help my asb reg as ek verkeerd is, maar moet iemand 'n geregistreerde geweersmid wees om bv skroefdraad te sny, beddig te doen of 'n sneller te stel as die eienaar van die geweer by is? Volgens my is dit nie nodig nie.
Aim small, miss small
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nie-geregistreerde geweersmit?

Post by Capt. Yoda »

Eugene wrote:Frikkie, help my asb reg as ek verkeerd is, maar moet iemand 'n geregistreerde geweersmid wees om bv skroefdraad te sny, beddig te doen of 'n sneller te stel as die eienaar van die geweer by is? Volgens my is dit nie nodig nie.

Ek dink as jy jou geweer by hom los/inboek sal hy moet wees? Ek het wel erens gelees dat enige werk aan n geweer deur n geregistreerde geweersmid gedoen moet word self die sneller stel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Nie-geregistreerde geweersmit?

Post by Frikkie Coetzee »

Eugene wrote:Frikkie, help my asb reg as ek verkeerd is, maar moet iemand 'n geregistreerde geweersmid wees om bv skroefdraad te sny, beddig te doen of 'n sneller te stel as die eienaar van die geweer by is? Volgens my is dit nie nodig nie.
Nee Eugene. Jy hoef jie te wees nie maar jy kan nie die geweer in jou besit he sonder eie aar daarvoor nie. Ook net n geweersmid mag looplengte verander.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Nie-geregistreerde geweersmit?

Post by Alwin »

Eugene wrote:Frikkie, help my asb reg as ek verkeerd is, maar moet iemand 'n geregistreerde geweersmid wees om bv skroefdraad te sny, beddig te doen of 'n sneller te stel as die eienaar van die geweer by is? Volgens my is dit nie nodig nie.
Daar is sekere take (werke) wat slegs 'n gelisensieerde wapensmid mag doen. Die wet (FCA, wet 60 van 2000) omskryf sekere sulke take, maar is nie juis baie spesifiek nie. Vir enige ander werk, hoef jy net bekwaam te wees om die werk te doen.

Daar is ten minste 2 maniere om die wapen in jou besit te mag hê: Gelisensieerde wapensmid en gelisensieerde handelaar. As die handelaar dus 'n bekwame persoon in sy diens het, kan hy mos maar byvoorbeeld die bedding daar in die winkel doen, solank hy die nodige gereedskap het.

Die ander manier, is om die eienaar byderhand te hê, terwyl die (ongelisensieerde) persoon die werk doen. Baie ervare skuts help mos hulle pelle om hulle gewere uit te sorteer.
Post Reply