Bullet puller

Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Bullet puller

Post by BLOK »

Ek herlaai nou al vir so kort ruk en moet se daai ding van verslaaf raak is nie nosies nie.

Ek het nou net vier vrae.

1- As ek die koele wat ek aan die begin verkeerd gelaai het uitslaan met daai puller is die lood punte amper plat, nou wil ek weet gaan dit enige uitwerking op akkuraatheid he as ek hulle weer laai.

2- as ek die primers uit die doppe druk as ek die doppe weer size kan ek die primers dan weer gebruik of is hulle nou daarmeeheen agv karring aan hulle dat die verbranding nie meer eweredig gaan plaasvind nie.

3- ek het die eerste dop wat ek gesize het (weet nie hoe ek dit reggekry het nie) net onder die nek weet nie presies wat mens dit noem nie maar uitgedruk amper n dougnut na buite. nou my vraag as ek hom nou weer fullsize en geen vout kan sien nie is die dop veilig om weer te gebruik.

4- In somchem se boek onder 300h&h se laai data praat hulle van die brandmiddel saampers, nou ek het nog nie so gelaai nie maar het gewonder hoe pers mens dit saam.

Ek is maar nog n leek met die herlaai ding so mag dalk verkeerde termes en swak verduidelik het maw die kretiek sal ek maar vat maar glo hier sal ek reg geler en gehelp word.

Ek luister.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Bullet puller

Post by Raven »

Blok,

1. Ek het sommer 'n stewige stukkie spons ingedruk tot onder in die kinetic puller en siedaar geen stomp lood punte meer nie.

2. Ek het dit ook al gedoen en druk maar stadig die press af, en die primers weer gebruik, geen probleem.
Jy kan ook die "deprimer pen" verder uitdraai sodat jy nie die primer uitdruk nie.
Ek doen dit maar net stadig  ;) , maar miskien is dit verkeerd.

3. Nie seker wat gebeur het nie, maar te veel lubricate gee die skouers duike in, so vee altyd skouers mooi skoon af..die dop se skouer  ;D. As dit net 1 doppie is, knyp toe met tang en gooi weg, of gebruik vir ander doeleindes soos TPL meet.

4. EK weet ook nie  ;D

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Bullet puller

Post by Christo »

Daai doughnut doppe is gevaarlik, ek het 'n paar so gelaai en 6" hoog geskiet op 150m. Daai druk moes baie baie hoog gewees het.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Bullet puller

Post by BLOK »

Manne

Baie dankie vir julle terugvoering, julle antwoorde bevestig my vermoede, net by punt een wil ek nog graag hoor of as ek nou daai plat koeel punte weer laai hulle nog akuraat gaan wees

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Bullet puller

Post by Beyers »

Blok op normale jagafstande maak die plat punte wynig verskil, selfs as die loodpunt skeef is. Op lang afstande kan skewe punt probleme gee.
Ek het al geprimede doppe wat in my geweer vasgesit het, full lenght resize, sonder die decapping pin. Hulle werk goed Mens lube net die buitekant van die nek en die dop se sye MIN.
Beyers
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Bullet puller

Post by BLOK »

Beyers

Dankie vir jou terugvoering.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Bullet puller

Post by BLOK »

Manne nou nog n vraag

Almal praat van om op te let na druktekens, maar wat is druktekens waarvoor moet mens kyk. Aangesien baie van my doppe al n paar keer gelaai is maar nie deur myself nie wil ek seker maak hulle is almal reg.

Ek luister

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
jmb

Re: Bullet puller

Post by jmb »

Blok kry vir jou 'n Hornady puller. Hy pas in jou pers. jy gebruik 'n "collet" wat geskik is vir jou kaliber. Ek het een en glo my daar is niks makliker om punte mee uit te trek nie.
Post Reply