Hoop iemand kan my help...eks moeg!
Ek het in Junie 2014 my aansoek ingedien by SAPS Lyttleton, die aansoek is toe nerens te vinde nie, hy registeer nerens op CFR se sisteem nie. My DFO vra toe dat ek weer indien want sy glo die aansoek het weg geraak, in November 2014 het ek toe weer ingedien.
Na n' paar weke se wag se CFR hulle sien die aansoek is by "Provincial" volgens die sisteem. Ek het toe met n' gesukkel n' Kolonel Similane in die hande gekry wat een of ander hoof is by provincial, hy verseker my toe dat aansoeke nie eers meer as 2-3 dae by hulle le voor die CFR toe gaan nie en dat my aansoek verseker nie daar by hulle is nie. Hy vra my toe om weer in te handig en die dokument aan hom adreseer, hy sal sorg dat dit by CFR uitkom, dis nou Maart/April 2015. Het toe die aansoek duplikaat vir die 3de keer ingedien en met verdere opvolg kon ek met provisnie bevestig dat die aansoek by CFR uitgekom het, n' Mpo Kola, het die aansoek ontvang daar. (Sy is glo die een wat met die tiepe permitte werk).
Ek het haar nommer opgespoor gekry deur die CFR call center, kon haar een keer in die hande kry, sy se toe daar is n' probleem op die sisteem, hulle kan die "approved list of cartridges" nie alles op die sisteem inlees nie, daars nie genoeg plek nie en hulle wil dit nou weer manually probeer doen. Sy kon ook nie bevestig waar die fiesiese aansoek van my is nie.
Na dit kon ek haar nooit weer in die hande kry nie, ek het die hoof van daai department, Ken Ramasodi, se nommer opgespoor maar daar is net geen antwoord nie, Ek het n' nommer van iemand in die kantoor langs hulle, maar ook geen antwoord.
By die CFR callcenter kry jy wel antwoord, indien een van hulle weet waar op die sisteem om vir die aansoek te kyk sien hulle die aansoek le by "provicial", dis die tweede aansoek indiening van November 2014 wat ook weg geraak het! Die sisteem werk glo op n' "capturing" nommer, en die call center kan nie daai vals informasie delete of opdateer nie!
Die DFO/Provinsie kan of wil nie help nie, dis basies uit hulle hande. CFR is so deur die @#$@%@, hulle weet nie wat aan gaan nie.
Het iemand dalk raad of n' betroubare kontak by CFR wat so n' probleem kan oplos, ek is RAAD-OP en g@tvol!
NS. Jammer ek blaas stoom af op julle!

