Nuwe reel by Durbanville skietbaan

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
Post Reply
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Nuwe reel by Durbanville skietbaan

Post by joe rocket »

Lede wat epos gekry het weet van die nuwe reel. Wanneer jy jou geweer uit jou tas uithaal en op die skietbank plaas moet die geweer se slot verwyder word. Geen patrone mag in magasynkas wees nie en magasyne moet verwyder word. Slegs wanneer die baan gesluit is vir skiet mag jou slot in jou geweer wees. Wanneer die baan veilig is en teikens opgesit word moet jou slot verwyder word. Wanneer jy oppak en jou geweer in jou geweer tas bere mag jy jou slot weer terug plaas. Ek dink persoonlik dit is n baie goeie reel.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Nuwe reel by Durbanville skietbaan

Post by alecjohnson »

Ek doen dit in elkgeval altyd. Daarom het ek geen probleem met daai reel nie.
Boomstomp
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm

Re: Nuwe reel by Durbanville skietbaan

Post by Boomstomp »

Het iets gebeur dat die nuwe reel ingestel is?
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nuwe reel by Durbanville skietbaan

Post by joe rocket »

Ek dink nie daar het iets gebeur nie, die probleem le by besoekers wat nie die reels ken nie. Dit het al telke male gebeur wanneer die baan veilig is en jy jou teikens kan gaan omruil of toe plak dan kry jy n man wat karring aan sy teleskoop of vat aan sy geweer. Ek was al by toe die baan offisier n man 3 keer gewaarsku het op terug te staan en sy geweer uit te los. Sy verweer was dat sy slot oop is. Ek dink dit gaan die baan offisier se werk makliker maak om na al die gewere te kyk sonder slotte as met slotte wat oop is.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Nuwe reel by Durbanville skietbaan

Post by Pappabeer »

Dink julle regtig dit in makliker om te sien? Ek dink n grendel wat oopgetrek is, is meer sigbaar veilig as n geweer sonder grendel in, veral waar die aksie toe is onder n groot scope. Tensy hulle natuurlik vlaggies inkry.

Dit los ook n paar vrae vir bv lever actions, valblok aksies, semi outomaties, muzzle loaders, grendelaksies wat moeilik uithaal oor bv verstelbare wangstuk ens ens.

Ieder geval. Ek was tot 2009 lid by Durbanville vir seker 10/11 jaar lank, en ek sal nie graag weer daar wil skiet nie. Daar is heeltemal te veel mense vir die baan gewees daai jare. Ek kan net dink hoe gaan dit nou op n Saterdag of woensdag daar.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Nuwe reel by Durbanville skietbaan

Post by Boesman10 »

Die probleem met die nuwe reel is die verstelbare wangstuk. Mens werk hard om jou wapen presies op te stel vir jou en nou moet jy elke keer die wangstuk op en af stel om die slot te verwyder. Ek dink hierdie is 'n besluit wat nie ordentlik deurgedink was nie.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Nuwe reel by Durbanville skietbaan

Post by ruaanb »

'n Kamer vlaggie is n beter oplossing. Hierdie reel gaan tot baie onaangenaamheid lei. Ek verstaan heeltemal dat dit vir veiligheid is maar dit is nie die beste oplossing nie.

Die persoon wat by sy geweer peuter as die baan oop is moet eerder summier weggejaag word vir die betrokke dag.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Nuwe reel by Durbanville skietbaan

Post by FCLoretz »

Hoe maak die manne met Lever Actions en dubbels in terme van hierdie reels dan?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nuwe reel by Durbanville skietbaan

Post by joe rocket »

Dit is nou interressant hulle het seker nie daaraan gedink nie.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Nuwe reel by Durbanville skietbaan

Post by Louis Kriel »

Ek het n Winchester Cooey .22. Die slot kan nie verwyder word tensy die magasyn skroef losgedraai word nie. Boonop moet die geweertjie regop staan om die buis-magasyn te laai. Tot op hede het ek nog nie n probleem gehad met baan offisiere nie. Ek se sommer voor die tyd vir hulle.
Boomstomp
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm

Re: Nuwe reel by Durbanville skietbaan

Post by Boomstomp »

Sal maar moet sien, wil graag môre 'n draai gaan maak by die 500m baan.

Dit is wel bitter besig deesdae, maar ongelukkig is daar nie ander skietbane verder as 100m naby nie. Blykbaar kom daar ene in Wellington/Paarl, maar lanklaas iets daaroor gehoor.
Post Reply