Ear Protection
- Rooster1089
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm
Ear Protection
Hallo,
Ek soek iets wat so tussen so R400 en R600 is.
Dit hoef nie elektronies te wees nie.
Ek skiet so elke 3de naweek 'n paar skote op die skietbaan en kort maar net iets ordentlik om die ore te beskerm.
Hoor graag wat stel julle voor.
Ek bly ook in Pretoria so as julle dalk kan se waar ek dit in die hande kan kry asb.
Dankie

.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Ear Protection
Kyk by S&O. Het myne daar gekry. Hulle het baie opsies gehaad. Alternatief vat sommer 'n bolletjie Watte - dit kos so R1.00
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Ear Protection
Dagsê.
Die meeste hardeware winkels verkoop oor-proppies van skuimrubber of sagte plastiek wat jy in jou oor kanaal plaas. Saam met klein kalibers werk hul baie mooi. Indien jy met 'n groter roer skiet of met 'n tromp rem, is die "skulp" tipe wat oor die oor pas 'n beter roep. Selfs as daar ander skuts is, sal ek die skulp tipe aanbeveel. Die skedel agter die oor, tel ook klankgolwe op ná 'n paar honderd skote rondom jou, sing jou ore, al het jy proppie in ge had.
Die oormowwe wat by die wapen handelaars beskikbaar is, se ontwerp is platter vir die gebruik saam met 'n geweer. Van die wat jy by die hardeware winkels koop, is te bonkig.
Watte is vir wonde skoonmaak
Onthou net: gehoorverlies kan nooit herstel word nie.
Groetnis.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Ear Protection
Ek gebruik die Rudolph elektroniese model vir die laaste 6 maande. Geen probleme nie. Dit werk met herlaaibare AAA batterye. As jy dit af sit hou die battery
Dis lekker om met die elektr. mowwe te skiet want een of ander tyd hoor jy nie die BO haal jy die goed af - net as dei man met tromprem 338LM skiet
Watte, geweer doppies (behalwe dat jy stupit lyk), kougom, klei ens se grootste tekortkoming is die feit dat dit nie die area om die oor beskerm nie. Die harde klank dring nog deur die sagte weefsel om die oor.
Soos my geleerde WP pel tereg noem, oor beserings is soos oog beserings. Bitter duur om te herstel indien daar nie permanente skade is nie. Gaan vra 'n audioloog wat kos so fountjie in die oor!
Ek het ook nou 'n goeie bril gekoop, veral vir pistool skiet.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Ear Protection
My S&O kry mens die 3M TEKK Earprotection vir R5.00 vir twee. Die beste en ver die goedkoopste wat ek nog gebruik het, vir skiet en motorfiets ry. Jy moet net seker maak dat dit in die oorkanaal ingaan. Rol dit maar eers baie dun.
Ek het hierdie saak al mooi belees en so 2 jaar terug was dit ook hewig op die forum bespreek. Ek het die navraag toe by Huntex gedoen by die mense van die oorinstituut. Doelmatige oorpluisies is volgens hulle voldoende. Daar was die ding oor die hoeveelheid klank wat deur die skedel herlei word na die gehoororgane, daarom die oormowwe. Die audioloë by Huntex sê dat dit is waar, maar die oormowwe beskerm nie regtig daarteen nie, die skedel is ook buite die kussings, jou wang is ook op die kolf waar dit veral skok opdoen, en herlei. Goeie oorpluisises soos die 3M verminder dit met 32dB, van die meeste wat gedoen kan word.
Verlede week was ek by 'n audioloog want my vrou sê ek hoor haar nie,
maar eintlik omdat my doelgemaakte oorbeskerming vir die motorfiets weggeraak het. Eerstens, die audioloog sê my gehoor is baie goed. (Niemand is dower as die wat nie wil hoor nie.)
Ek het toe weer navraag gedoen en die "Huntex" audioloë se antwoord was bevestig.
Ek gebruik soms my doelgemaakte Protecear oorpluisies, met oormowwe bo-oor "just for in case". Met my 270 werk die mowwe nie, as ek my wang op die kolf sit druk dit die mowwe weg.
Ek het hierdie saak al mooi belees en so 2 jaar terug was dit ook hewig op die forum bespreek. Ek het die navraag toe by Huntex gedoen by die mense van die oorinstituut. Doelmatige oorpluisies is volgens hulle voldoende. Daar was die ding oor die hoeveelheid klank wat deur die skedel herlei word na die gehoororgane, daarom die oormowwe. Die audioloë by Huntex sê dat dit is waar, maar die oormowwe beskerm nie regtig daarteen nie, die skedel is ook buite die kussings, jou wang is ook op die kolf waar dit veral skok opdoen, en herlei. Goeie oorpluisises soos die 3M verminder dit met 32dB, van die meeste wat gedoen kan word.
Verlede week was ek by 'n audioloog want my vrou sê ek hoor haar nie,
Ek gebruik soms my doelgemaakte Protecear oorpluisies, met oormowwe bo-oor "just for in case". Met my 270 werk die mowwe nie, as ek my wang op die kolf sit druk dit die mowwe weg.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Ear Protection
Ek gebruik al vir 5 jaar n stell caldwell elektroniese beskermers hulle kos hier by 500 en nog opndieselfde stel battery. Daai tyd 300 betaal. Great kopie gewees
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Ear Protection
Ek het al gesien in amerika het hulle elektroniese oorpluisies, lyk soos die gehoor aperate wat baie mense dra, maar sny bo sekere desibel lesing uit soos elektroniese oormowwe. Ek weet egter nie of dit al by ons beskikbaar is nie, en as dit is sal dit seker f... baie duur wees.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Ear Protection
Dit is al hier by ons beskikbaar. Vanjaar by Huntex by die Oorinstituut mense navraag gedoen, ongeveer R8 000 'n stel. Dit is 'n pasmaak vir jou oor, niemand anders kan dit gebruik nie.alecjohnson wrote:Ek het al gesien in amerika het hulle elektroniese oorpluisies, lyk soos die gehoor aperate wat baie mense dra, maar sny bo sekere desibel lesing uit soos elektroniese oormowwe. Ek weet egter nie of dit al by ons beskikbaar is nie, en as dit is sal dit seker f... baie duur wees.
Vriende van my het daarvan, dit werk soos die elektroniese oormowwe.
Iets soos hierdie
http://www.variphone.com/en/aep-1-0 en
http://www.variphone.com/en/cens-proflex
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1614
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: Ear Protection
Ek het vir my deur die Oorinstituut mense by Huntex binne-oor 'pluisies' laat maak, net sonder die electronics. Gaan dit môre fit. R900
Rooie vir regs en bloue vir links.
Rooie vir regs en bloue vir links.
Francois Vogel
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Ear Protection
Francoisv wrote:Ek het vir my deur die Oorinstituut mense by Huntex binne-oor 'pluisies' laat maak, net sonder die electronics. Gaan dit môre fit. R900
Rooie vir regs en bloue vir links.
Daai goed werk dit beskerm die belangrikste dele van jou oor aan die binne kant. Dit werk beter as oor mowwe en is nie in die pad wanneer jy skiet nie.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- henried
- Hero Member

- Posts: 2344
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: Ear Protection
Ek het vir my en die seuns RAM elektroniese mowwe gekoop, hulle werk goed.Carl wrote:Ek gebruik die Rudolph elektroniese model vir die laaste 6 maande. Geen probleme nie. Dit werk met herlaaibare AAA batterye. As jy dit af sit hou die batteryDis lekker om met die elektr. mowwe te skiet want een of ander tyd hoor jy nie die BO haal jy die goed af - net as dei man met tromprem 338LM skiet
![]()
Ek dink dit is al bespreek, maar die skade kom deur die been agter jou oor, so oor beskerming wat jy net in jou oor druk werk nie 100% nie.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Ear Protection
Soos altyd, het julle manne my aan die dink gesit en ek het maar net weer besef dat logika net so vér strek. Sonder kennis is ons magteloos.
Ek het 'n bietjie gaan op lees en die konsensus onder die slim manne is as volg:
1. Gevormde elektroniese oor pluisies bied die beste beskerming. Dit demp nie net die klank nie, maar verhoed ook die oordrag van vibrasie van die skedel na die gehoor kanaal. Die elektronika kan ook die klankgolwe teenwerk.
2. Sagte, elastiese skuim oor pluisies wat korrek aangewend word is tweede in die ry.
3.Elektroniese oormowwe wat korrek pas en nie oor beskermings brille gedra word nie, kom derde. Die "lek" van klank tot so veel as 8 dB is hier ter sprake.
4. Oor pluisies of oormowwe wat nie korrek aangewend word nie, beteken niks.
So; dit is wat ek kon wys word.
http://www.hearforever.org/quiz/fact-or ... protectors
Hierdie skakel is die beste opsomming wat ek kon kry.
Groetnis, van oor tot oor.

FDV
- Full Member

- Posts: 210
- Joined: Tue Jan 15, 2013 8:31 am
Re: Ear Protection
Ek het nou bietjie gaan kyk na hierdie elektroniese ear plugs. Maar ek is nou EERS deurmekaar. Daar is soveel opsies
- Die Cens digital produkte - http://censdigital.co.za/[url]http://censdigital.co.za/[/url]
- Die soundgear produkte - http://www.soundgearhearing.com/
- Die Hass produkte - http://hass.co.za/index.php?option=com_ ... Itemid=214
Hoe besluit mens watter werk en watter nie? Silicon of acrylic?
Enige advise of verwysings sal welkom wees. Elke oudioloog het lyk my maar hulle eie voorkeur.

edwill
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed Aug 07, 2013 11:36 am
Re: Ear Protection
Ek het die cens silicon. Baie lekker product!
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Ear Protection
Het ook cens laat maak by Huntex, vir my seun ook.
Het die Saterdag die heel dag met skiet kompetiesie met hulle geloop. Hulle pla nie en hulle werk. Ek gaan nou maar di elektronics gedeelte bykoop. Het dit nie aan anklik bygesit nie. Wou eers kyk dat dit werk en ek dit gemaklik kan dra so kos toe R999 per stel. My redansie was ek gooi eerder R999 in die water as wat ek R4500 in Die water gooi as ek nie met die goed kon oor die weg kom nie. Die electronics op die Ce s een wat ek het is net add on plug wat die huidige plug vervang.

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Ear Protection
Ek het by die oorinstituut in Pta vir my ook van die rooi en blou "pluisies" laat maak, teen ongeveer R900, en sal dit vir enige iemand aanbeveel. Die pluisies laat genoeg klank deur dat jy selfs met dit agter op n bakkie kan ry, en met jou mede jagters kan komunikeer wanneer dit in is, maar is baie gemaklik en stil op die skietbaan, langs n man met n .375.
Ek stem met Giepie hier, die oudioloog, wat die aparaat gemaak en verskaf het, het ook gese dat die stel, of dan die duurder elektroniese stelle, verseker die beste beskerm bied, bo ander toestelle.
Ek stem met Giepie hier, die oudioloog, wat die aparaat gemaak en verskaf het, het ook gese dat die stel, of dan die duurder elektroniese stelle, verseker die beste beskerm bied, bo ander toestelle.
Veiligheid eerste manne!
-
Citfield
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Mon May 18, 2015 3:25 pm
Re: Ear Protection
Hallo julle
Ek het met mense by Noise Clipper www.noiseclipper.co.za.
Hulle verkoop die volgende produkte vir skiet doen eindes:
AEP1
2G met Stop Gun filter
en hulle is besig om 'n "universal" produk te vry te stel met 'n stop gun filter.
Ek gebruik tans die 2G met stop gun filter vir skiet doeleindes.

Regards / Groete
Allen
.303 Lee Enfield
.22lr Armscor
38 S&W Revolver
Allen
.303 Lee Enfield
.22lr Armscor
38 S&W Revolver