Beretta met n KD?

Post Reply
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13529
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Beretta met n KD?

Post by Capt. Yoda »

Yes Manne

Het enige iemand ondervinding met n KD op n pistol?
Ek dink daar aan om vir een van my 92’s n silencertjie op te sit wat mens dan in die aand gebruik as jy bed toe gaan.
Met n flits onder aan en n 30 rondte extende mag vol ranges dink ek dit kan nogals n bul van n “home defense” wapen wees.

Enigste ding wat ek oor wonders is hoe verskil jou hantering/skiet met n KD op die wapen.Mens wil nou nie een gebruik wat nie n KD op het en dan in die aand langs jou een he met n KD wat heel anders werk nie.
Is seker maar soos om met range ammo te oefen en dan nou en dan met carry ammo te skiet wat bq meer bang het?


Groete
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Beretta met n KD?

Post by Carl »

Kaptein,
Ek dink daar aan om vir een van my 92’s n silencertjie op te sit wat mens dan in die aand gebruik as jy bed toe gaan.
wat jou vrou bedoel met jou knal wat jy moet stiller maak is iets anders ;)

Of moet jy geld by iemand gaan terug eis?

Ek sien die manne doen dit baie in die VSA. Wonder of daar werklik voordeel is as jy Ranger's skiet - seker tog. En dan kom die dinge soos balans en die beweeglikheid van die pistool ter sprake. Jy sal natuurlik ook moet oefen met die ding en seker maak daar is geen impak op die effektiewe funksionering van die wapen.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Fano
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 250
Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm

Re: Beretta met n KD?

Post by Fano »

Kaptein, ek het iewers gelees dat knaldempers nie eintlik op pistole werk nie. Soos ons almal weet word die geraas van 'n skoot veroorsaak deur beide die ontbranding van die kruit asook die koeel wat deur die klankgrens gaan. Vir baie handwapen kalibers is dit maklik om subsonies te bly wat die koeel snelheid betref, maar blykbaar veroorsaak die semi-automatiese aksie dat die geluid van die ontbranding nie effektief deur die knaldemper geabsorbeer word nie. Selfde situasie met 'n revolver waar die geluid tussen die silinder en die loop ontsnap. Ek glo dat as jy van die ouer pistole het wat na elke skoot oorgehaal moet word, of 'n enkelskoot handwapen, mens wel die knal effektief sal kan demp. Jy wil basies he dat die geluid van die ontbranding by die loop moet uitgaan sodat die knaldemper dit daar na demp.

Groete.
Fanie
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13529
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Beretta met n KD?

Post by Capt. Yoda »

Fano wrote:Kaptein, ek het iewers gelees dat knaldempers nie eintlik op pistole werk nie. Soos ons almal weet word die geraas van 'n skoot veroorsaak deur beide die ontbranding van die kruit asook die koeel wat deur die klankgrens gaan. Vir baie handwapen kalibers is dit maklik om subsonies te bly wat die koeel snelheid betref, maar blykbaar veroorsaak die semi-automatiese aksie dat die geluid van die ontbranding nie effektief deur die knaldemper geabsorbeer word nie. Selfde situasie met 'n revolver waar die geluid tussen die silinder en die loop ontsnap. Ek glo dat as jy van die ouer pistole het wat na elke skoot oorgehaal moet word, of 'n enkelskoot handwapen, mens wel die knal effektief sal kan demp. Jy wil basies he dat die geluid van die ontbranding by die loop moet uitgaan sodat die knaldemper dit daar na demp.Fanie

Ja Fano ek het dit ook raak gelees.Die plan met die KD was maar meer om bq die "skop" te rem om vinnig weer op tyken te kom/of op tyken te bly en om die flash van die skoot in die donker te beperk.Ek is besig om met Nightro supressors te praat oor die storie maar sal nog sien of ek die loop regtig wil laat thread vir iets wat ek nie seker is of dit gaan werk nie.n Stuk wat ek ook gelees het se die manne dat die flash wat suppressed word n groot of die grootste bonus is, die KD moet ook te groot en swaar wees om regtig effektief die klank te demp.Daai 127gr Ranger koel trek hier by die 1250fps uit my 92fs se loop uit so hy stap n bq.Om n SD koel te he wat stadiger as die spoed van klank trek werk seker in die movies en vir bosveld manne met 308's ;D maar is nie iets wat ek regtig wil dra nie.
Groete.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Beretta met n KD?

Post by Alwin »

Ek glo dat hierdie tipe idee meestal deur die vermaaklikheids-industrie (TV en flieks) uitgedink is. Die goed is nooit so stil as wat Hollywood jou probeer wysmaak nie. Daar is ook heelwat probleme met KD's op pistole:
1. Die ekstra gewig aan die loop rem die terugslag. Pistole se herlaai-aksie is afhanklik van voldoende terugslag. Jy kry dus meestal 'n enkelskoot-pistool. Die probleem kan oorkom word deur die KD van plastiek te maak of die terugslagveer "ligter" (papper) te maak. Plastiek KD's gaan nie lank hou nie en ligter vere belemmer funksionering en betroubaarheid.
2. Die ekstra gewig van die KD veroorsaak ekstra wrywing tussen bewegende dele (loop, glystuk en raam) wat funksionering belemmer. Dit versteur ook die pistool se balans en hantering.
3. As die skoot afgaan, werp die aksie (as hy wel werk) die doppie uit voordat die druk in die KD alles ontsnap het. Dus ontsnap van die druk agtertoe, deur die loop, wat warm gas, kruitreste en ander drek in jou gesig en in die wapen se aksie in blaas.
4. Die meeste effektiewe SV patrone (in 9mmP) werk teen supersoniese spoed. Die KD kan die gasse stiller maak, maar nie die koeël nie. Jy kan patrone 147gn koeëls laai, dit sal stiller wees.
5. As jy nou al hierdie hindernisse oorkom het, en jy gebruik jou pistool teen 'n span indringers in jou huis, wat is die voordeel van die KD? Ek sou raai dis beter as hulle hoor daar is moeilikheid en laat spaander, as wat jy met elkeen (almal gelyk?) tot die dood moet veg. 'n Gewone 9mmP pistool is alreeds redelik lig in die broek teen 'n span opgeleide, gerookte/gemotiveerde aanvallers. 12 boor of geweer sou baie beter wees. Die voordeel van die pistool is dat dit kompak en wegsteekbaar is. Die KD kanseleer die voordele ook.

Ek sou aanbeveel dat jy eerder die geld op behoorlike gevegs-opleiding spandeer, as op 'n twyfelagtige aanhangsel. Maar dis net my opinie.
User avatar
Craig44
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Wed Jul 18, 2012 10:01 pm

Re: Beretta met n KD?

Post by Craig44 »

Hi Gents,
I have done some research on this as I have a HK USP 45 Tac and am looking for a suppressor.
The reason a standard suppressor will not work on a pistol is that the extra weight cancels out the drop down of the barrel as the pressure bleeds off allowing the cycle action to commence.
The only pistols that a standard suppressor will/should work on are pistols that do not use the John Moses Browning or similar system.
Pistols like the CZ 70, Walther PPK series and HK P7 series, all have barrels fixed to the frame all work.
If you want a suppressor for a pistol, it needs to have a Nielson device - this is a booster (Almost a reverse muzzle break) that allows the barrel to drop and the cycling of the slide to take place.
Craig from Umkhonto suppressors is the only gunsmith I have heard of that makes them.
Or get one from the States, if you can get it, it will cost you vital parts of your anatomy.
Osprey, Ti Rant suppressors are some of the awesome ones I have drooled over
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Beretta met n KD?

Post by Gawie(13mm) »

downloadfile.gif
Kaptein, miskien is dit meer in jou lyn.
Indien dit die laaste ding is wat "Ta" sien voor hy hel toe gaan, is dit 'n goeie voorbode van wat hy daar te wagte kan wees >:D
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Parafien
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Mon Oct 29, 2012 3:07 pm

Re: Beretta met n KD?

Post by Parafien »

Ek het m71 beretta .22 met silencer. Dit maak die klank net bietjie stiller, maar die grootste nadeel is dat daar baie gemors terug kom in jou gesig en na 'n paar skote is is die pistool so vol carbon, dit vat 'n week om skoon te maak. Gaan selfs langs die mag af. Dan is die sights ook weggesteek. Maar ten spyte daarvan speel dit nog steeds lekker.
Post Reply