Die ou tannie.

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Die ou tannie.

Post by C.J. »

Hierdie grappie is deur 'n domenee vertel en word met die grootste respek deur my oorvertel, dit handel oor die feit dat die mens ook maar sy kant moet bring.

Die ou tannie is die Saterdag by die bazaar met krukke en 'n nekstut. Die mede susters vra toe wat het gebeur waarop die tannie antwoord dat sy die vorige dag bietjie laat in die dorp gedraai het en besef dat sy die soapies gaan mis by die huis. Sy het toe die karretjie bietjie vinnig op die grondpad gery. Een suster vra toe, "en toe?" "Nee", se sy, "ek is toe bietjie vinnig in die draai in en voel toe die karretjie begin glyerig raak op die los grond". "En toe", vra 'n ander suster. "Nee" se sy, "toe begin die kar meer gly en ek begin toe maar bid". "En wat gebeur toe?", vra nog 'n suster. "Nee", se sy, "toe gee ek die kar maar oor in die hande van die Vader". "Wat gebeur toe?" vra nog 'n nuuskierige suster. "Nee, toe rol Hy hom drie keer", antwoord toe tannie toe.

Groete
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Post Reply