Ek het so jaar terug met die doel gegaan om n Glock 17 te koop en stap toe met n paar ander goed vir my jaggeweer by die winkel uit.
Nou is ek half bly ek het nie daai dag die stap geneem nie want ek is nogal oortuig dat ek nie die Glock 17 elke dag sou gedra het nie.
Ek het weer begin kyk na die opsies wat vir my sin maak en ek het gedink dat die Glock 19 of 43 vir my sal werk.
Nou wonder ek net oor die magasyn kapasiteit van die Glock 19 (vat 15) teen die Glock 43 (vat 6).
Ek het geen ondervinding met handwapens nie so weet nie of die 15 vs 6 rondte n probleem sal wees nie.
Die Glock 43 is n single stack magazine pistool dus bietjie dunner as die 19 ek sal graag die pistool so wil dra.
https://www.youtube.com/watch?v=F_OGZWoXyyo
Gee my bietjie raad asb.
Groete
Hein


