Relocated Luiperds

Post Reply
Philip Crous
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sat Jun 01, 2013 12:25 pm

Relocated Luiperds

Post by Philip Crous »

Ek wil net graag weet of enige jagters of persone wat dalk weet van luiperds wat van probleem areas verskuif word na ander gebiede in ons land. Waar ons boer was luiperds nooit gehoor of gesien nie. hulle is nou amper vollop.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Relocated Luiperds

Post by tripodmvr »

Waar is jy tuis?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: Relocated Luiperds

Post by Jackalsniper »

Kan jou twee stories vertel L.W wat ek gehoor het. N luiperd het gif ingekry wat n boer erens uitgesit het en die luiperd het n tracker gehad. Die Kat het van Vanwyksdorp na Gouritsmond na Stilbaai en weer terug verby Riversdal weer tot in Vanwyksdorp beweeg. Dis rofweg n 200km radius en hy het die roete twee keer gedoen voor hy die gif ingekry het op n plaas buite Riversdal. Die kat het heelwat tyd snags tussen die dorps huise spandeer in Stilbaai, of agter honde aan of die baie klein bokkies wat daar tussen die huise wei. So die afstand wat n kat beweeg is baie ver.

Die ander storie is hier was n kat op n plaas gevang tussen Rdal en Ladysmith en die kat is ge"tag" en na Bonnyvale ge relocate. Binne n maand of twee toe sien hul dieselfde kat (met die tag ) weer terug op dieselfde plaas in Riversdal.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Relocated Luiperds

Post by JK »

Bleikbaar relocate jy nie sommer die ding nie. Die meeste van die tyd is daar reeds n ander een waar jy hom gaan aflaai en dan geepad hy, meestal terug waar hy vandaan kom , want hy weet daar was nie n ander een nie.

So as jy hom wil weg vat, ek meen nou vang en vervoer, maak seker daar waar hy gaan is nie ander luiperds nie, dan het jy nie kans dat hy daar gaan bly nie, en dit moet baie ver wees.

Hier by ons is dit goed nou ook al die land vol, waar voorheen nooit was nie, wat beteken hulle raak al meer en moet uitwyk. Elkeen het sy eie gebied waar hy loop, maar is nie altyd baie goed gedefineer nie veral as kos volop is. As kos skaars is sal dit meer gedefineerd wees.

Vroeer was die ding niks werd nie, nou is dit kroon wild, en hy het meer reg op jou plaas as jy self , en dit maak dat hulle vinnig aanteel, op jou onkoste. Hulle word vet op honde ook. :)
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: Relocated Luiperds

Post by Jackalsniper »

Ja ek wonder waneer gaan die groenes redeneer dat "die luiperds teel nou so kwaai omdat die boere hul so skiet" Wat n klomp snert haha, dooie jakkalse en rooikatte en luiperds kannie teel nie. As hulle maar net kan sien dat die voedselbron die oorsaak is vir aanteel en voedsel skaarste bv droogte die rede is vir uitsterf dan sal hulle die prentjie verstaan. Skies ek hi- jack seker nou...
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Relocated Luiperds

Post by Cobus(Cobb) »

Jy moet mos botter aan sy pote smeer in sy nuwe area.....dan loop hy nie terug nie.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Relocated Luiperds

Post by Capt. Yoda »

Cobus(Cobb) wrote:Jy moet mos botter aan sy pote smeer in sy nuwe area.....dan loop hy nie terug nie.

Neem vir ons so kort how to video as jy dit doen Cobb.Vra Oom 3Poot moet botter smeer dan man jy die foon met die camera
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Relocated Luiperds

Post by Cobus(Cobb) »

Daais 'n ou trick wat Oom Pine my geleer het....ook hou om Ysters op 500gr trapgewig te stel vir die kolkatte....

Nee wag, ons hijack nou die ou se post...Sorry Philip
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Relocated Luiperds

Post by Capt. Yoda »

Cobus(Cobb) wrote:Daais 'n ou trick wat Oom Pine my geleer het....ook hou om Ysters op 500gr trapgewig te stel vir die kolkatte....

Nee wag, ons hijack nou die ou se post...Sorry Philip

Oom Pine het hulle geklap as hy hul in die yster kry dan het hy hul somer so in die hand botter gegee dat hul weer rustig raak.
Dink Wouter het een keer gesien hoe hy dit doen
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Philip Crous
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sat Jun 01, 2013 12:25 pm

Re: Relocated Luiperds

Post by Philip Crous »

Ek woon in namakwaland naby kamieskroon. Daar is baie gerigte van mense wat se dat luiperds in die area vanaf ander plekke in die land hierheen gebring woon.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Relocated Luiperds

Post by JK »

Die Kaapse luiperd is baie kleiner as die wat jy verder noord kry. Kan dalk hulle wees wat in die Namakwaland 'herverstig' word?

Die groter luiperd sal verwoesting saai tussen die kleinvee boere.
Stoffel van Dyk
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Mon Aug 25, 2014 10:50 am

Re: Relocated Luiperds

Post by Stoffel van Dyk »

Ek weet nie van die relocated luiperds nie, maar ek weet van die klomp locals in die Klein Karoo. Verbasend baie van hulle! Van hulle is gecollar en loop wyd. Hulle los nogals die vee oor die algemeen, maar mol onder die wild op die wildsplase. Ek sal wil sie wat gebeur as hulle getalle vermeerder.
Post Reply