Manne het jul vir my kontak besonderhede van jag plase in KZN waar ek rooibokke en vlakvarke kan gaan skiet? Ek wil voorlopig bepreek vir Junie.
Wiehan
KZN Jag plase
- Wiehan111
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Sun Sep 12, 2010 6:26 pm
KZN Jag plase
25-06 Savage Tactical
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: KZN Jag plase
Wiehan
Kyk onder Jaggeleenthede KZN.
Mooi loop
Francois
Kyk onder Jaggeleenthede KZN.
Mooi loop
Francois
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: KZN Jag plase
Wiehan
Ek het al twee keer by Johan Landman net buite Pongola aangrensend aan die Josini dam gaan skiet en daar is n oorvloed van rooibokke en varke. Sy pryse was baie billik en sy operasie hardloop soos seep. Dit is n groot stuk aarde met baie berge maar die jag is redelik maklik. Hy verwerk jou vleis ook vir jou sou jy dit so verkies met n opsie om klaargemaakte biltong en droewors vir jou te gee in ruil vir jou nat vleis. Ek dink nie ek het al so n profesionele opsel in my hele lewe gesien nie. Hy bied ook n "Surf en Turf" aan waar jy tiervis op die dam vang vir die eerste helfte op n boathouse en dan jag in die tweede helfte. Ook iets besonders.
Die plek is regtig iets besonders en daar is n paar keuses in verband met verblyf. Kan ongelukkig nie die plek se naam onthou nie maar is seker as Josini dam Google sal jy by hom uitkom.
Groete
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.