Help asb met 'n 30-06 en S365

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
W.K.
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Sun Jul 07, 2013 8:10 pm

Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by W.K. »

Middag almal

Ek probeer 'n pel help met sy 30-06 se ladings en het gehoop iemand kan help met QL.

30-06 Brno met 600mm loop.

Die PMP doppe het 'n gemiddelde water volume van 71gr.

TPL 86mm

CCI200 primers

Ons het twee ladings geskiet met S365 Lott #80 en Sierra Game King 165gr Boattail(#2145) punte:

54gr
2506fps, 2534fps, 2559fps

55gr
2656fps, 2564fps, 2599fps

Ek hoop dis al die info wat nodig is. Laat weet maar as iets kort.

Willem
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by Johan Reyneke »

WK

Net 'n vinnig vraag. Jou TPL van 86 is dit korrek want met dit, is daar maar 3.7 mm van die skag wat in die nek vas gedruk word. Dit kan dalk run out probleme veroorsaak.

Met jou data soos hierbo kan jy opwerk na 2730 fps met 57.7gr. Jy kan 3 laai met 57gr en 3 met 57.4 en dan 3 met 57.7.

Jou mikpunt is die spoed.

Daar is 'n hoer node op 2850fps (60.3gr Laai ook weer 2 stelle onder die lading vir spoed) wat nog redelike lae druk gee, en jou dopvulling is 99% is wat baie goed is.

As jy jou TPL korter stel om meer skag druk te kry, moet jy jou lading verlaag. Vir elke 1mm wat jy korter maak laai so 1gr af

Hoop dit is van hulp
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
W.K.
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Sun Jul 07, 2013 8:10 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by W.K. »

Johan

Dankie vir die terugvoer. Sal probeer werk na 2730 se kant toe vir 'n begin. Sal ook seker maak van die TPL.

Sal volgende naweek hopelik goeie terugvoer kan gee.

Willem
W.K.
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Sun Jul 07, 2013 8:10 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by W.K. »

Johan Reyneke wrote:WK

Net 'n vinnig vraag. Jou TPL van 86 is dit korrek want met dit, is daar maar 3.7 mm van die skag wat in die nek vas gedruk word. Dit kan dalk run out probleme veroorsaak.

Met jou data soos hierbo kan jy opwerk na 2730 fps met 57.7gr. Jy kan 3 laai met 57gr en 3 met 57.4 en dan 3 met 57.7.

Jou mikpunt is die spoed.

Daar is 'n hoer node op 2850fps (60.3gr Laai ook weer 2 stelle onder die lading vir spoed) wat nog redelike lae druk gee, en jou dopvulling is 99% is wat baie goed is.

As jy jou TPL korter stel om meer skag druk te kry, moet jy jou lading verlaag. Vir elke 1mm wat jy korter maak laai so 1gr af

Hoop dit is van hulp
Het vanoggend gou die ladings hierbo gaan skiet en dievolgende gevind:

57gr: 2704, 2721, 2704, 2715fps > ES: 17fps
57.4gr: 2721, 2760, 2732, 2749fps > ES: 39fps
57.7gr: 2754, 2754, 2760, 2749fps > ES: 11fps

Die beste groepering was amper 3" op 100m. Kan ek aanneem dat die laaste groep met die kleinste spread, potensieel die akuraatste(heel moontlik baie akuraat) sal wees? Indien so is daar heel moontlik 'n probleem met my vriend se geweer? Met my geweer het hy baie beter geskiet so ek glo nie dis net die skut se skuld dat die groep so groot is nie.

Sal bietjie komentaar wardeer.

Dankie,

Willem
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by Gawie(13mm) »

Naandsê.
Ek gaan nou seker soos 'n grammofoon klink wat vashaak, maar hoe lyk die totale platform van die geweer?
Pas die aksie reg in die kolf sonder verwringing van die aksie en kolf? 
Is die kolf "ge-bed"?
Is die aksie skroewe en teleskoop reg vas?
Raak die loop aan die kolf op enige plek behalwe onder die kamer, voor die aksie?

Ek het in die laaste maand twee manne se kolwe gebed en albei se groeperings het met meer as 70% gekrimp. 

Ek sou eerder eers na bogenoemde kyk voor ek verder met die ladings speel.

Die laaste een met die klein verspreiding lyk egter potensieel na 'n wenner.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
W.K.
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Sun Jul 07, 2013 8:10 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by W.K. »

Naand Almal,

Nou dat my vriend hierbo se S365 op is moet ons 'n nuwe plan maak met sy lading. Alles bly dieselfde behalwe die kruit. Ons wil graag N550 gebruik.

Kan ons net weer stadig opwerk na 2730fps soos hierbo genoem vir 'n potensieel akkurate lading of begin ons heel voor?

Willem
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by tripodmvr »

Laai 51gr en TPL van 83mm. Hou presies by die twee syfers asb.

Skiet 3 skote oor 'n meetapparaat wat jou spoed sal gee. Brind die syfers en ons kyk wat uitkom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
W.K.
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Sun Jul 07, 2013 8:10 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by W.K. »

Ek het toe die uiteindelik by skiet uitgekom:

51gr >> 2569, 2530, 2604, 2564, 2584 fps met chrony 4m voor die geweer.

TPL >> 83mm

Laat weet maar as ek iets anders moet probeer?

Willem
Dale SH
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Mon Dec 02, 2013 9:02 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by Dale SH »

W.K. wrote: Tue Jul 14, 2020 6:48 pm Ek het toe die uiteindelik by skiet uitgekom:

51gr >> 2569, 2530, 2604, 2564, 2584 fps met chrony 4m voor die geweer.

TPL >> 83mm

Laat weet maar as ek iets anders moet probeer?

Willem
As it stands with your data above you are running in the mid 30K psi pressure.
Your ES is high as a result of the poor gas seal (bullet obturation) at this low pressure.
I also guess that you have nice black ring on the case to below the neck ?
You will need to load +- 55.0 grains to take you somewhere near node node 5 at 2765 fps and 49000 psi.
C775 Pre B
Brno No 2 .22LR
Tikka LSA55 .243 Win
Voere 6.5x55
Brno ZKK600 Deluxe 7x57
Ruger 77MK2 30-06
Rossler Titan(6) 8X57JS
W.K.
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Sun Jul 07, 2013 8:10 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by W.K. »

Dale

Thanks for the feedback. I will work up to the speed you mention and see if I can get an accurate load.

Willem
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by 308Win »

W.K. wrote: Tue Jul 14, 2020 6:48 pm Ek het toe die uiteindelik by skiet uitgekom:

51gr >> 2569, 2530, 2604, 2564, 2584 fps met chrony 4m voor die geweer.

TPL >> 83mm

Laat weet maar as ek iets anders moet probeer?

Willem
Probeer 'n pakkie winkelpatrone en kyk hoe dit groepeer.
Koop of kry 'n handvol gewone 180gr plat basis koeels.
Laai hulle en kyk wat hulle maak.
Soos reeds genoem is die greep wat die nek van die dop op die skag van die koeel het waarskynlik te min. Dikwels die geval met relatiewe kortskag boootstert koeels, Jy kan kyk of dit help om hulle dieper te 'seat'.
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by 308Win »

My 3006 se sprong is te lank om 165gr Game kings 1mm van die lande af te laai.
User avatar
mr rey
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Thu Jan 24, 2013 11:16 am

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by mr rey »

Hi W.K.

Ek het n Brno 30-06. Het baie gesukkel om goeie groepering te kry. Ek het begin met 150gr en toe 180gr bruin boks ammo maar kon glad nie lekker groepering kry nie. Darem is daar opsies en dan ook n vriend wat my kom help.

Ek skiet met S365, Lot 81 met 52.7gr. Ek gebruik pmp doppe, ook CCi primers en dan 165 Hornady Interbonds. Ek weet dit is nie baie vinnig nie en my dop vulling is nie great nie maar dit werk vir my. Skiet nou gemaklik 1 duim groepering op 100m.

Ek moet by se dat ek die kolf se voorkant waar die loop in le met skuur papier by gekom het om seker te maak die loop raak nie erens waar hy nie moet nie.

En oefening en skiet tegniek is ook n faktor...

Sterkte, hoop jy kom reg
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by tripodmvr »

Laai dit dan op 'n lengte wat so 7mm greep op die skag van die koeël het. Onthou as dit bootstert het om daarvoor te kompenseer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
W.K.
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Sun Jul 07, 2013 8:10 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by W.K. »

Dankie aan almal!

Ons gaan vanmiddag weer probeer.

In die week het dit bietjie gesukkel... die groepe is maar groot. Sal later terugvoer gee.

Willem
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Help asb met 'n 30-06 en S365

Post by 308Win »

Ek dink die fout is iewers anders.
Ek het lanklaas 165gr game kings in die 30-06 gelaai.
Ek het gisteraand 3 ladings gelaai met my laaste S365. 53gr, 54gr en 55gr. Patroonlengte 79.3mm. CCI200 en Lapua doppe. Die 165gr Game kings wat ek het is die holpunt weegawe. Vandaar die korter patroonlengte.
Die groepe was onderskeidelik 22, 21 en 18mm op 100m. Ek begin wonder of dit moontlik is om met die spesifieke Sierras swak groepe te skiet tensy daar ander foute is. ;D ;D ;D .
Beide my 308's skiet ook dit punt onder 15mm op 100m sonder moeite.
Geen idee van die spoed vandag nie, maar dit was 'voldoende'.
Post Reply