Sweerklou/vrotpooitjie

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Sweerklou/vrotpooitjie

Post by Yalair »

Formalien
Hoewe kan verhard word deur formalien te gebuik. Dit moet egter baie versigtig gedoen word. Gebruik slegs ?n 1.5 to 2 % oplossing en maak seker dat slegs die hoewe in die oplossing is. Diere moet nooit langer as ?n paar minute in die formalien staan nie en nooit meer as een keer per week nie. Indien die formalien tot by die vel gedeelte gaan, sal dit die vel brand wat tot groot skade kan lei. Jy moet ook seker maak dat geen van die diere wat deur die formalien gaan, enige letsels het nie omrede hulle ook sal brand, wat kan lei tot ?n hoef wat afval. Mens moet ook baie versigtig wees as die diere deur die formalien loop. Formalien kan skade veroorsaak aan o? of ander sagte dele. Dit is ook skadelik vir die mense wat daarmee werk. Jy kry ook matte wat met formalien behandel is waaroor diere kan loop. Dit word baie in melkerye gebruik en los baie van die probleme op. Diere moet egter vir ?n rukkie op ?n dro? oppervlakte staan voordat hulle oor die matte gaan.
Sinksulfaat
Sinksulfaat 10% met ?n biejie waspoeier (koppie per 100 l water) is steeds die beste behandeling vir aangetasde diere. Diere moet vir ten minste 30-60 minute in die oplossing staan om effektief te wees. So 5-10 minute twee keer per week is nodig vir voorkoming. Ekstra sink in die kos sal seker help, maar goeie gebalanseerde voeding is meer belangrik.
Multimin
Multimininspuitings wat sink en ander spoorelemente bevat, sal definitief ook voordelig wees vir hoefversterking. Bespreek die behandeling met u veearts want bokke moet nie in die nekarea ingespuit word nie.
Ander
Ander dinge wat kan help is die bokke se natuurlike liefde vir klim. Indien moontlik kry voorwerpe waarop die bokke kan slaap sodat hulle hoewe tyd kry om droog te word. Dinge soos ou kratte, palette en bande kan gebruik word        

Die volgende kan oorweeg word:

1.Voer 'n lek met ekstra sink (250 kg Voermol Maxiwolkonsentraat + 200 kg mieliemeel + 50 kg sout + 0.5 kg sinksulfaat) teen 300 tot 500 g/bok/dag.

2.Jaag die bokke weekliks deur 'n voetbad. Gebruik 'n 10 % sinksulfaatvoetbad (is genesend) en wissel dit weekliks met 'n formalienvoetbad (maak die kloue hard) af.
Last edited by Yalair on Fri Jan 28, 2011 11:55 am, edited 1 time in total.
User avatar
blikkies
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Tue Jul 27, 2010 11:57 am

Re: Sweerklou/vrotpooitjie

Post by blikkies »

dag se

disulfox werk net so goed dit is 'n inspuitbare produk van intervet.

groete blikkies
Biltongjagter

Re: Sweerklou/vrotpooitjie

Post by Biltongjagter »

Yalair, dit mag na 'n dom vraag klink, maar wat veroorsaak sweerklou/vrotpootjie?
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Sweerklou/vrotpooitjie

Post by Louis102 »

Biltongjagter wrote: ... wat veroorsaak sweerklou/vrotpootjie? ...
Billas, as ek 'n "boere raaiskoot" mag waag is dit 'n bakterie of kiem (weet nie wat die wetenskaplike benaming sou wees nie) wat die vel waar dit by die kloutjie aanheg, binnedring, aanval en laat sweer.  Veral as daardie gedeelte van die vel, broos of beseer is.  As daar mikroskopiese klein seertjies of gaatjies (miskien van bosluis of ander parasiet) aan die vel by die kloutjies aanwesig is en die pootjies/kloutjies bly gedurig nat, is dit bevorderlik vir sweerklou, omdat die kwaaddoeners dan makliker die vel kan binne dring.
Goeie dade oortref goeie woorde.
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Sweerklou/vrotpooitjie

Post by 222 »

Ons het hier in 1997/98 (toe ek nog gemelk het) met die baie re?n baie probleme met vrotpoot gehad tussen die melkkoeie. Die veearts het ges? dat dit veroorsaak word deur dieselfde kiem/bakterie wat mastites veroorsaak. Ons het elke tweede of derde dag die wag-kraal liggies met kopersulfaat gestrooi (modder). Mens moet nie te veel gebruik nie want dit kan die grond vergiftig.

Mens kry ook 'n Kopersulfaat inspuiting, ek kan nie onthou wat die ding se naam is nie maar weet net dat dit vrek duur was. Dit was 'n wonderlike spuitstof want mens kon binne 2 tot 3 dae sien dat daar 'n verbetering is. Ek sal bietjie my pa vra of hy die naam van die spuitstof kan onthou.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
Biltongjagter

Re: Sweerklou/vrotpooitjie

Post by Biltongjagter »

JAARVERSLAG
1983-1984
VEEARTSENYDIENS -



INLEIDING
Die droogtetoestande waarvan in die vorige verslagjaar melding gemaak is, het onverpoosd voortgeduur.
Virussiektes wat deur insekte oorgedra word, was weer eens tot die minimum beperk.

Vrotpootjie en sweerklou
By die bultoetssentrum op Irene moes 150 bulle behandeling teen vrotpootjie ontvang. ?n Verdere 144 gevalle van vrotpootjie by beeste en 91 gevalle van sweerklou by skape is in die Transvaalstreek aangemeld.
In die Oos-Kaap- en Karoostreek het bosluisbyte sweerklou by 14 Angorabokke in die Beaufort-Wes-distrik veroorsaak.
As gevolg van die nat toestande veroorsaak deur die sikloon Demoina, het heelwat gevalle van vrotpootjie en sweerklou in die Neispruit-distrik en in Natal voorgekom.
Die volgende gevalle is ook aangemeld:
Ho?veldstreek 5 gevalle van vrotpootjie. Vrystaatstreek 4 gevalle van sweerklou en 3 gevalle van vrotpootjie.
In die Wes-Kaapstreek het 30% van melkkuddes las gehad van vrotpootjie.
Hiervolgens was 1983 - 1984 'n jaar van droogte toestande in Suid-Afrika.
Kon nie 'n latere verslag opspoor op Internet nie - lyk my is nie meer beskikbaar nie.

Nogtans, die hoof oorsaak van vrotpootjie/sweerklou blyk oormatige nat toestande te wees wat dan natuurlik insekte en virusse laat floreer.
Nat kraal toestande soos by groot melkerye en bultoetssentrums waar 'n konsentrasie van diere voorkom, is uiters bevorderlik vir die siekte - selfs in 'n dro? jaar.
Nog 'n nadelige effek, naas oorstromings en vloede, van groot volumes re?n oor 'n kort tydperk - soos juis vanjaar.

My belangstelling oor die voorkoms van die siekte spruit daaruit dat my familie se Bosveld boere, maw dro?r klimaatstoestande waar met ekstensiewe bees  en -boerbok boerderye, minimale kraal van diere plaasvind, hierdie 'n heel onbekende tipe siekte is.

Groete,
Koos.
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Sweerklou/vrotpooitjie

Post by Yalair »

Biltong
Daar antwoord almal hierbo jou vraag hie gaan ons lekke boer ;D
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Sweerklou/vrotpooitjie

Post by Yalair »

Ek moet bys? dat om miltimin te spuit werk baie goed vir voorkomend, spuit jou skape volgens program en sie resultate is baie goed, het met al die nattigheid baie min gevalle gekry

Groete
Ben
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Sweerklou/vrotpooitjie

Post by CHRIS »

Ben

gee bietjie raad, smaak jy maak uit.

my varke wat heeltyd op semet staan se pote word seer .
Ek laat hulle nou bedags bietjie in grond speel , maar is daar iets wat ek kan aansit ??? en hoe ???

Groete Chris
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Sweerklou/vrotpooitjie

Post by Yalair »

Chris
Weet nie veel van varke nie, kyk na jou vloer is dit baie grof, enige hoefdier hou nie van te lank op growwe of klipperige grond, miskien moet jy hooi op die blad gooi om buffer te vorm. laat staan hulle vir so 30 min week in sinksulfaat bad dit sal hoewe versterk. Weet nie of jy sink in varke se voer kan sit nie iemand anders sal moet help, jy kry ook voetsproei met sink in maak hoef mooi skoon en spuit op twee keer week todat hoef hard is kyk net dat dit droog is voordat jy opspuit. Vitamine aanvulling en vitamiene entstof help ook baie

Groete
Ben
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Sweerklou/vrotpooitjie

Post by CHRIS »

ek gebruik skaafsels as bedding maar het nog nooit iest op kloutjies gespuit behalwe as die hoewe bloei spuit ek wond airosol op.


groete Chris
Thelma
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Sep 09, 2014 3:41 pm

Re: Sweerklou/vrotpooitjie

Post by Thelma »

Hallo,
Ek hoop iemand kan vir my se of dit nou vrotpootjie is of nie. Ewe skielik het van my jong varke seer pootjies. Die tone is dik opgeswel en lyk sommer net baie seer. Van al my varke is dit nou die eerste keer in 4 jaar wat ek dit sien. Daar is so 5 uit 20 wat n seer poot het.

Asseblief as iemand weet wat ek kan spuit of doen sal ek baie bly wees.

Baie dankie
Thelma
Post Reply