Papegaai duif
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Papegaai duif
Sien die duif in Pretoria op die kragdrade onmiskenbaar met sy groen lyf en geel pote nie geweet hulle kom hier voor weet verder noord en in natal iemand hulle al gesien hier? African green pigeon
Groete
Groete
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Papegaai duif
Ons bosveldvoëls skuif al verder suid omdat die stede hul eie oerwoude geskep het. Al selfs hier vêr suid naby Vereeniging 'n neushoringvoël gesien. Kwêvoëls kom ook voor in die somermaande.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Papegaai duif
Ek het 3 van hulle wat ek gereeld by my in Roodepoort in die tuin kry.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Papegaai duif
Daar is baie papegaai duiwe in my tuin in pretoria, ook geelbekduiwe en selfs n paar vleiloeries.van tyd tot tyd kom daarn reuse visvanger ndraai maak, en die paradys vlieevangers maak elke jaar nes by my.
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Papegaai duif
FC dankie dis nou intresant nog meer suid van Pretoria lyk my die bosveld voels trek meer suid?
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Papegaai duif
Kopskoot
Dankie ek bly al jare in prt nog nooit gesien ek is die kant van die berg jy is seker die ander kant prt noord as jy so baie sien?
Groete
Dankie ek bly al jare in prt nog nooit gesien ek is die kant van die berg jy is seker die ander kant prt noord as jy so baie sien?
Groete
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Papegaai duif
Jy sien hulle nie maklik maar ek het hulle al in die moerbei boom gesien en hoe dennebol boom hier in oos londen.
-
kopskoot
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm
Re: Papegaai duif
Ek bly in Waterkloofmariusr wrote: Kopskoot
Dankie ek bly al jare in prt nog nooit gesien ek is die kant van die berg jy is seker die ander kant prt noord as jy so baie sien?
Groete
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: Papegaai duif
Altyd interissant om voels buite hul natuurlikke habitat te sien.
n rooibek kakelaar paar het hier by Bloemfontein in my Palm bome ingetrek. My skoon ouers in Riebeeckstad se tuin is vrot van Maynas.
n rooibek kakelaar paar het hier by Bloemfontein in my Palm bome ingetrek. My skoon ouers in Riebeeckstad se tuin is vrot van Maynas.
Johnnie
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: Papegaai duif
Johnny
Dis baie waar wat tripod se ons skep regte habitate in die dorpe en stede vir die voels! Jy moet bieitjie roer onder daai indiese spreeu hou niks van die pes hy verjaag ons eie voels is baie aggresiewe voel roer hulle met die windbuks!

- Antonie
- Jr. Member

- Posts: 96
- Joined: Tue Aug 23, 2011 9:40 am
Re: Papegaai duif
Ek het al geelbekbosduiwe in Alberton gesien (spesifiek in Alberante woonbuurt) - was baie vebaas!
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Papegaai duif
Ek dink dit het baie te doen met die feit dan mense meer inheemse bome plant ook.
Ek het nog nooit pappegaaiduiwe in Pretoria gesien nie, maar het wel Bosveld Visvangers, grys neushoringvoëls, nagape en paradysvlieëvangers in my tuin.
Groete
Dawie
Ek het nog nooit pappegaaiduiwe in Pretoria gesien nie, maar het wel Bosveld Visvangers, grys neushoringvoëls, nagape en paradysvlieëvangers in my tuin.
Groete
Dawie
-
WILLEBEES
- Sr. Member

- Posts: 370
- Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am
Re: Papegaai duif
Hierdie duiwe sien ek nou gereeld in my tuin.
Hulle oorvreet hulle aan vrugte van 'n laeveldse boom wat ek in my tuin het.
Voorwaar baie mooi voels.
Hulle oorvreet hulle aan vrugte van 'n laeveldse boom wat ek in my tuin het.
Voorwaar baie mooi voels.
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Papegaai duif
My vye boom het 'n slegte ongeluk gehad en begon nou weer mooi reg kom, so hopelik sal ek hulle binnekort weer terug he.willebees wrote:Hierdie duiwe sien ek nou gereeld in my tuin.
Hulle oorvreet hulle aan vrugte van 'n laeveldse boom wat ek in my tuin het.
Voorwaar baie mooi voels.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Papegaai duif
Ek het al 'n paar keer Pappegaaiduiwe in Centurion(Eldoriagne) opgemerk. Die geelbekbosduiwe is baie algemeen. Ons het ook al 'n paar keer grysbekneushoringvoëls hier by ons gekry.
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Papegaai duif
Het iemand nie 'n foto vir my van so duif nie
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Papegaai duif
Op tuks se kampus en by die manskoshuise het ons hulle ook gereeld gesien, veral as die wildevye vrugte gehad het.
-
Jonie
- Full Member

- Posts: 229
- Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm
Re: Papegaai duif
Ek kan ook se dat ons nou so 10 jaar lank weer n kolonie aasvoels in die oos-kaap het baie naby aan Port Elizabeth , alhoewel ek hulle nog net 2 keer in 10 jaar gesien het.
groete
Jonie
groete
Jonie
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Papegaai duif
http://www.birdforum.net/opus/images/thumb/4/48/AfrGreenPigeon_juninho_UluKenya.jpg/550px-AfrGreenPigeon_juninho_UluKenya.jpgVdWalt wrote:Het iemand nie 'n foto vir my van so duif nie
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Papegaai duif
Ek sal nou nie omgee as hulle by ons wil kom nes maak nie!!
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Papegaai duif
Frederik waar kry jy daai fototjie?
Die een lyk dan anders
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/pigeon-vert1_zpsbhbfkruj.jpg
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/Img-1837-Green-pigeon-950x633_zpsfou40pmu.jpg
http://af.wikipedia.org/wiki/Papegaaiduif
Papegaaiduif
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Papegaaiduif
Bewaringstatus
Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Columbiformes
Familie: Columbidae
Genus: Treron
Spesie: T. calvus
Binomiale naam
Treron calvus
(Temminck, 1808)
'n Papegaaiduif (Treron calvus) is 'n voël wat 25-28 cm lank word. Die volksnaam is besonder gepas om dié papegaai-agtige voël te beskryf wat dikwels onderstebo aan takke hang op soek na kos. Hulle is besonders lief vir vye.
Beskrywing: Wanneer mens hom in die boom sien klouter, is die onmiddellike indruk dié van 'n groen, papegaai-agtige voël. Van naderby is hierdie spesie onmiskenbaar met sy groen en geel verekleed en die kastaiingkleurige onderstertvere. Wanneer hy kos soek, klouter hy rond in bome wat vrugte dra en hang soms onderstebo aan takke. Jong voëls het olyfkleurige skouervlekke.
Habitat: Woude, bosveld, savanne; altyd in die omgewing van bome wat vrugte dra, veral vye.
Status: Algemene standvoël, onderhewig aan plaaslike beweging.
Soortgelyke soorte: Meer as 'n dosyn rasse is beskryf in die wye voorkomsgebied wat strek van Suid-Afrika tot Senegal. Die genus Treron het 'n oorwegend Asiatiese verspreiding, waarvan 5-6 spesies in Afrika, Madagaskar en aanliggende eilande tuis is.
Roep: Verskil van ander duiwe in die streek; 'n reeks vloeiende fluite, ‘thweeeloo, thweeeoo’.
Dieet: Hoofsaaklik vrugte, veral wildevye, maar vreet ook aas.

"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Papegaai duif
Julle moet daardie eerste een vang. Hy het potensiaal as 'n smartie duif.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5133
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Papegaai duif
Hier is letterlik 100de in die winter in die Noorde van Pta. Ek en die kinders het hulle altyd getel as ek hulle skooltoe gevat het
In die winter sit hulle oop en bloot op die kragdrade. Meeste was 33 in 3km van my huis tot by die skool
In die winter sit hulle oop en bloot op die kragdrade. Meeste was 33 in 3km van my huis tot by die skool