BMW GS 800 of 1200 ??

DinoF
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Wed Jun 11, 2014 12:29 pm

BMW GS 800 of 1200 ??

Post by DinoF »

Dagse Mense

Ek wil graag julle ouens met ervaring n paar vrae vra.

Ek bly seker nie 2 km van my plek van werk af nie maar soms neem dit n halfuur om dit te ry a.g.v. padwerke in ons omgewing. Ek wil n motorfiets aanskaf aangesien dit my baie frustrasie en n moontlike besoek aan my naaste polisie koshuis sal spaar. Ek het n ernstige probleem met taxis wat oor geel strepe ry en indruk.

1. As n ou 90% van die tyd teerpad gaan ry en miskien een of twee naweke n jaar erens gaan ry met die ou is die 800 voldoende of moet n ou maar eerder vasbyt en kyk na n 1200 ?

2.Indien n ou na n tweedehandse fiets kyk (eerste prys sal nuut wees) wat kan ek ag as hoe kilos ?

3.Die is dalk n studid vraag maar is daar dalk n manier wat ek vroulief kan oortuig dat n GS n veiliger opsie is as n ander fiets. Ek weet voor my heilige siel as ek met n GSX of R1 een middag sou opdaag pak se net daar haar en dogtertjie se koffers.

Enige addisionele wenke sal opreg waardeer word.

Dankie

Dino Fourie
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Jacko »

Dino, ek het al baie kms met altwee hierdie bikes afgele (het selfs 'n 1200GS besit).

1. Die 800GS is beter in verkeer - en vir die grondpad. Die 1200GS se groot pluspunt is as jy teen 150km/h en hoer wil cruise. En die feit dat hy 'n dryfas ipv 'n ketting het, wat minder onderhoud verg. Sy tubeless bande is ook maklik om te plug as jy 'n pap wiel kry. Maar die 800GS kan maklik heeldag teen 160-170km/h cruise. Daai 800 twin loop dat hy kaark. En hy's lig op die sous.

2. Vir die soort bikes is enigiets onder 30 000km lae kilos. Ek het my laaste 1200 BMW ('n HP2 Enduro) verkoop met 58 000km op die klok en toe loop hy steeds dat dit klap. Kyk maar na diensgeskiedenis en merke/skade van val. Hoe meer skade, hoe meer is hy deur die gat getrek.

3. Se vir haar dual-purpose bikes is nie so vinnig nie en dis 'n beter klas mens wat hulle ry. Vra vir Tau. Ons ry mos stadig en drink mos nie eintlik nie... :laugh:
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Piet Pille »

+1 vir Jacko se post.

Ek sal beslis die 800GS kan aanbeveel vir jou doel. Lieflike fiets en baaaaie ligter as die 1200GS.
Enigste waar ek eerder sou sê jy moet dalk die 1200 oorweeg is as jy 6'5" of langer is. Vir my persoonlik is die raam van die 800 net te klein vir sulke lang manne. Jou kniee sit so effens langs jou ore dan :laugh:

P.S. Ons kan natuurlik praat ook oor die KTM 1190R as 'n opsie... maar dis 'n lang gesprek vir anderdag om die vuur.... :angel: :): ;)
Tat
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Sun Jul 21, 2013 6:49 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Tat »

Het ook al baie myle op alby afgele:

Die 800 is nie soveel ligter as die 1200 nie, die 1200 voel lingter omdat sy "Centre of gravity" baie laer is, die nuwe R1200Gs is myle beter as wat my F800GS was, maar dit is net my opinie.

Die F800GS se saal is gemaak vir mense wat van pyn hou, veral as jy ver gaan ry, die 800 is ook baie wyd agter as jy "panniers" op het omdat sy petrol tenk onder die saal sit.
Groete, Tat
Cz550 7x57
Beretta Silver Pigeon 1 12 Gauge
Boito 410
Sabati 20Gauge
CBC .22
Star .22
En n paar glocks
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by cassie_calvinia »

ek het ook altwee gery.
moet se, die 1200 is swaarder, maar is ongelooflik goed gebalanseerd. jy voel dit nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Jacko »

cassie_calvinia wrote:ek het ook altwee gery.
moet se, die 1200 is swaarder, maar is ongelooflik goed gebalanseerd. jy voel dit nie.
Behalwe oor tegniese terrein. Soos in .... SAND! :laugh:
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by cassie_calvinia »

blaas jou tyres af!
en draai die oor! haha
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê Dino.

Ai man, ek en vroulief het gister vyf bergpasse hier in die Boland tussen die Paarl en Hermanus gery en ons is vandag lekker gatseer maar oop kop. ;D

Hoeveel weeg jy en vroulief saam? Dit is nie sarkasties bedoel nie. 'n Motorfiets is net soos 'n perd. Jy kan sy rug breek as jy hom te swaar laai. Ek en my beterhelfde trek die ko-öp se skaal saam op 130kg, nat en droog. ;D

My Yamaha 600 Fazer is meer as genoeg fiets vir ons albei saam. Vroulief verseg om grondpad te ry, so my keuse was maklik.

In die verkeer is 'n 800 baie "nippy". Jy noem self dat daai wetters met die "subs" en "oemf-oemf" oral ry waar hul wil en dit geld vir bo-oor motorfietse.

Dames wat oogomlyner aanwend gebruik slegs die spieëls daarvoor en nie voor hul bane verwissel nie. ;D

Indien jy gaan toer, is die 1200 meer gemaklik as die meeste banke voor die TV. Onthou net, as vroulief nie lekker sit nie, gaan jy nie lank daai fiets ry nie.

Die enigste raad wat ek jou kan gee is die volgende. Moet nooit, maar nooit "coms" vir jul valhelms kry nie. Dit is die een plek waar ek in beheer is en vir twee ure lank is ek die baas. >:D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by cassie_calvinia »

ko-öp se skaal saam op 130kg,
julle sal moet eet!!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Gawie(13mm) »

cassie_calvinia wrote:
ko-öp se skaal saam op 130kg,
julle sal moet eet!!
Ek gaan saam met Heinz daar 'n draai by jou kom gooi eendag. Dan gee jy my 'n paar tips. Ek vreet skaapvleis dat dit by my ore uitkom, maar lyk soos 'n brandsiek jakkals. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
DinoF
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Wed Jun 11, 2014 12:29 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by DinoF »

Ekt n hele lange ding getik maar dis nou missing so hier is die kort weergawe

Ons is ook omtrent 130 kilos saam. dalk nou so 140 kilos na n gebreekte enkel en ek allergies geraak het vir oefen.

Is die 800 ongemaklik met die dat die panniers hom wyer maak. Is dit opmerklik of nie so erg nie ?

Dankie vir al die insette tot dusver.
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Francoisv »

Dino, ek is nou vir 5 jaar op 'n 1200GSA. ONGELOOFLIKE masjien, selfs in verkeer. Vir pendel en 1 of twee trips sal ek verseker die 800 oorweeg.
Die nuwe 1200's is baie hanteerbaar en smooth. Wat die 1200 betref is die engins ontwerp en gemaak om 200,000 myl te doen. 'n Mooi opgepaste fiets met kilos onder 40000 is net mooi ingeloop!
Francois Vogel
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Willie »

As jy alleen ry is selfs die 650 goed genoeg. maar soos die ander manne hier bo se as die gewig en afstand op gaan moet jy maar groter gaan.

As jy jou vrou oortuig het dat jy daai fiets mag koop laat weet my tog ook hoe - ek sukkel maar self om die motiveering by die huisdier verby te kry.
zipp
Full Member
Full Member
Posts: 117
Joined: Tue May 14, 2013 9:03 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by zipp »

Koop n 125 of 200 vir die trip werk toe. Hulle is goedkoop en lig op sous, as jy hom op ry is dit nie baie geld nie en dit pla nie so dat die ding in die son en weer staan elke dag nie. Na so 6 maande kan jy mos vir ma ooreed dat die 125 te klein is om mee te toer.
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Jacko »

zipp wrote:Koop n 125 of 200 vir die trip werk toe. Hulle is goedkoop en lig op sous, as jy hom op ry is dit nie baie geld nie en dit pla nie so dat die ding in die son en weer staan elke dag nie. Na so 6 maande kan jy mos vir ma ooreed dat die 125 te klein is om mee te toer.
Daar is nie 'n manier wat ek commute op enigiets kleiner as 'n 650 nie. Die hoofrede is omdat dit moerse gevaarlik is om op 'n piskriek op groter paaie te ry en 'n mobile chicane te wees as die meubeltrokke jou weerskante van jou verbysteek.
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Fluffa »

Hallo Dino,

Ek sal seker nou baie "flack" moet vat, maar hoekom wil jy so 'n monster koop as jy net 2km per trip soggens en weer 2km in die middag ry?

Ek ry 'n Yamaha YZF600R vir die laaste 15 jaar op die ooppad, renbaan en daaglikse ritte werk toe, kliënte toe en alles maklik in die verkeer, net nie grondpaaie nie. 85,000km later en hy lyk en ry soos nuut.

Het jy al voorheen 'n motorfiets besit? As eerste fiets moet jy iets kleiner oorweeg as jy korter as sesvoet is.

Tweedehands kan jy baie fiets kry vir jou Rand, meeste fietse se enjins en ratkaste hou langer as meeste mense.....

As voor beeld,
My pa se 1980 Suzuki GS1000G het 186,000km op en ry nog daagliks.
DinoF
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Wed Jun 11, 2014 12:29 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by DinoF »

Fluffa man nee nog nie padfiets gehad nie. Daar is maar net iets aan die BM's wat my trek ek sal dit nie logies vir jou kan verklaar nie. Het al n paar Yamaha off roads gehad en is glad nie kwaad vir hulle nie. Ek het op die oomblik n Rhino Side by side op die plaas wat puik diens gee.
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Fluffa »

Hi Dino,

Die BMW FS800 met padbande is ongelooflik op die renbaan, hanteer soos 'n droom. My enigste kritiek was die notchy ratwisseling. Die beste ratwisseling is nog steeds die Japannese motorfietse.

Wat die GS1200 BMW die beste ten toon stel is wanneer Clinton Pienaar met padbande op syne, passasier agterop, rondom Kyalami jaag. Alleen sukkel ek om by te hou met die Yamaha of die FS. Niks fout met die 1200 se hantering nie. Met daai einste fiets was hy van Kaïro na Kaapstad met 'n fotograaf agterop binne 33 dae, ander bande natuurlik!

As jy gaan toer en jou vrou gaan saamry, kyk of BMW jou kan akkommodeer vir 'n toetsrit. Motorfiets ry is 'n baie persoonlike ding. Die 1200 se dryfas tel baie in sy guns.
Fluffa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Mon Dec 03, 2012 5:44 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Fluffa »

Hi Dino,

Die BMW F800ST met padbande is ongelooflik op die renbaan, hanteer soos 'n droom. Die drive belt is skoon en vergelyk goed met 'n dryfas se sindelikheid.My enigste kritiek was die notchy ratwisseling. Die beste ratwisseling is nog steeds die Japannese motorfietse.

Wat die GS1200 BMW die beste ten toon stel is wanneer Clinton Pienaar met padbande op syne, passasier agterop, rondom Kyalami jaag. Alleen sukkel ek om by te hou met die Yamaha of die FS. Niks fout met die 1200 se hantering nie. Met daai einste fiets was hy van Kaïro na Kaapstad met 'n fotograaf agterop binne 33 dae, ander bande natuurlik!

As jy gaan toer en jou vrou gaan saamry, kyk of BMW jou kan akkommodeer vir 'n toetsrit. Motorfiets ry is 'n baie persoonlike ding. Die 1200 se dryfas tel baie in sy guns.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Apie »

As jy net wil werk toe en terug kan jy ook kyk na n Kawasaki Klr 650 vir eers en dalk later groot gaan
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by kopskoot »

Jacko wrote:
cassie_calvinia wrote:ek het ook altwee gery.
moet se, die 1200 is swaarder, maar is ongelooflik goed gebalanseerd. jy voel dit nie.
Behalwe oor tegniese terrein. Soos in .... SAND! :laugh:
Agnee Jaco, moenie vir my sê, jy's ook een van daai outjies wat glo, n 1200 kan nie in sand ry nie?


1200 Adventure. Dis net die ding vir Sannie, en as jy bereid is om met n ligte ereksie by die kantoor op te daag, soek vir jou 'n HP2

Groete
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Jacko »

kopskoot wrote:
Jacko wrote:
cassie_calvinia wrote:ek het ook altwee gery.
moet se, die 1200 is swaarder, maar is ongelooflik goed gebalanseerd. jy voel dit nie.
Behalwe oor tegniese terrein. Soos in .... SAND! :laugh:
Agnee Jaco, moenie vir my sê, jy's ook een van daai outjies wat glo, n 1200 kan nie in sand ry nie?


1200 Adventure. Dis net die ding vir Sannie, en as jy bereid is om met n ligte ereksie by die kantoor op te daag, soek vir jou 'n HP2

Groete
Hoor hier jou lieplapper, jy moet ons altwee se ex-HP2's se 21-inch voorwiele in berekening bring.

Nee kwit, 'n 1200 Adv KAN in sand gery word - maar dis soos in te sê 'n 243 is 'n gemsbokgeweer!
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by kopskoot »

Jaco
My HP is nie n ex nie. Ry hom nogsteeds( met n ongemaklikke knop in my rally suit).

En btw, oor daai vergelyking, in my hande is altwee waar ( hoe's daai vir n nederige opinie)
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
Jacko
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by Jacko »

Jy moet sien hoe netjies my bobbejaanspanner die boute losdraai.

Kwaa-kwaa-kwaa!
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)

"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: BMW GS 800 of 1200 ??

Post by tau »

Ek het albei al besit en dan 'n HP2 soos die twee oumanne Jacko en Ronald.

Tans ry ek 'n GS1200 adv met 'n 21duim voorwiel modifikasie. So Sand is nie meer so groot probleem nie.Daar is niks beter volgens my nie. Ek het laasjaar vir 6 maande 'n KTM 990 S gehad, maar dit is maar nie vir my nie. EK moet bieg ek ry so 2 trips 'n jaar en dan gaan ek groot. Commute nie rerig nie. EK het my 800 net 3500km besit en die bike nie geniet nie te plastiek vir my gewees. Ek is versot op die 1200 se balans en betroubaarheid.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply