Kakkerlakke
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1986
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Kakkerlakke
Weet enige iemand wat is die beste manier om van kakkerlakke ontslae te raak.
Gif spuit of kry n mens n tipe lokaas?
Wat se gif werk die beste?
Gif spuit of kry n mens n tipe lokaas?
Wat se gif werk die beste?
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Kakkerlakke
Spuit maar waar jy nie wil hê dit moet kom nie. Jy sal hulle nooit heeltemal uitroei nie. 
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Kakkerlakke
Hang 5 motbolle in 'n stukkie uiesak aan 'n draadjie aan die binnekant van die dreindeksels op. Hulle vrek almal. Die spul wat in die pype is ook. Molpille werk nog beter, natuurlik 
- StadBobejaan
- Jr. Member

- Posts: 84
- Joined: Fri Mar 06, 2015 9:44 am
Re: Kakkerlakke
As ek die woord Kakkerlak hoor kan nie help om te giggle nie as gevolg van n storie wat ek lank terug iewers gelees het.
Gaan so iets:"Maak kakerlake dood 100% gewaarborg. Stuur geldjie dan ontvang jy twee blokkies houd, een gemerk blokkie A, ander een gemerk blokkie B. Neem blokkie A in linker hand, vang kakkerlak en plaas hom in die middel bo op die blokkie, as jy sukkel om die kakkerlak op een plek te hou, maak gebruik van die prestik wat saam jou blokkies gekom het. Neem dan blokkie B in regterhand en slaan met die op blokkie A, herhaal tot porbleem opgelos is."

If at first you don’t succeed, call it version 1.0 and move on.
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Kakkerlakke
Kyk by plaaslike ko-op of winkel wat gif verkoop - Fendona 6 SC werk baie goed vir miere, vismotte en kakkerlakke
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1986
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Kakkerlakke
Ek sien op die internet praat hulle ook van Borax sal dit in die kaste sit en dan die gif ook spuit.
Dankie.
Dankie.
-
WILLEBEES
- Sr. Member

- Posts: 370
- Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am
Re: Kakkerlakke
Ek praat onder korreksie, maar ek dink mens kry DYROACH bait stations te koop wat jy in die kaste sit.
Aanvanklik sal al die grotes verdwyn, maar wees voorbereid vir die tweede linie naamlik wanneer die eiers van die vorige geslag uitbroei...
Dit help ook om alles (kombuis) ten alle tye baie skoon te hou sodat daar nie kos vir die peste is nie.
Dit dwing hulle dan na die bait stations toe.
Ons het dit gedoen met ons laaste trek in 1997 na huidige woning - dit het gelyk of die vorige eienaar met die goed geboer het...
Sedert die bait stations daai tyd nog nie 'n enkele een gewaar nie.
Ek hoor in Durban is die goed so groot soos skaatsplanke - as jy op hom spring dan ry jy so twee tree saam...

Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A
Sola Gratia ~ Deur genade alleen
-
Polla1983
- Sr. Member

- Posts: 273
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm
Re: Kakkerlakke
Ek het self oorlog verklaar teen kakkerlake bietjie meer as n maand terug. Het Fumitabs aangesteek en als toegemaak. Volgende dag le daar hordes dood.. Daarna het ek ook Fendona gespuit langs alle hoeke in die perseel. Daai resep was baie effektief! Hulle is baie minder..
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: Kakkerlakke
Ek doen baie plaagbeheer as deel van my werk.
Boraks baie effektief
Bait stations het die voordeel dat dit nie gif bevat nie, maar hulle lok en dan kleef hulle vas aan die gom-basis. (Nogal interessant om te sien hoe die wyfies hulle eierpakkies sommer in die bait station afgooi voor hulle vrek.
As jy gif gebruik onthou maar om dit gereeld af te wissel - sou n wyfie vrek van gifsoort A is die kleintjies wat uitkom as sy die eierpakkie afgooi, alreeds tot n mate weerstandig teen die gif waarvan die wyfie gevrek het.
Bel maar op 0 agt 3 98 vier 1 ses 96 as jy advies soek.
Hoop dit help.
MOSSIE

as jy mis, probeer net weer!!!!!!
-
Jonie
- Full Member

- Posts: 229
- Joined: Wed Jan 08, 2014 6:43 pm
Re: Kakkerlakke
Boraks werk baie goed , meng met botter en bietjie watte , maak n bolletjie en sit in kaste , 2 weke geen probleem, ek gebruik ook super crackdown , maak hom net sterk aan , dit werk goed , kry by plaaslike co op
groete
Jonie
groete
Jonie
.22 Bruno,22/410 El Gamo, 223 CZ,25-06 Zastava, 6.5x47 Lapua,7x57 Manlichter Schoenaer,303 MK1 , 308 RSA Pacnor loop, 30-06 Bruno aksie Broughton loop,12 BR pomp, 9mm P Norinco, BSA no1 en BSA no 2 Windbuks
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Kakkerlakke
Ek het by die apteek 'n gif gekry wat in 'n buisie is, jy spuit 'n klein bietjie onder tafels etc. Dit is 'n tipe lokmiddel wat hulle vrekmaak, na 2 weke moet jy weer uitsit vir enige eiers wat uitgebroei het dat hulle almal vrek. Daai goed werk bitter goed, ek het nog nie in meer as 'n jaar weer 'n kakkerlak gesien in die huis nie.sako 30-06 wrote:Weet enige iemand wat is die beste manier om van kakkerlakke ontslae te raak.
Gif spuit of kry n mens n tipe lokaas?
Wat se gif werk die beste?
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Kakkerlakke
Ek het met komplimente van n 2dehandse yskas wat ek vir n biltongdroeer gebruik het ek n werpsel persent gekry, als probeer toe kom ons bediende die 1 dag hier aan met n groen pakkie doepa wat sy by n straatsmous koop, binne n paar dae was die probleem ogelos, dit na ek Mortien by die gros gekoop het!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com