Mammie vs Gewere
- JuanPaul
- Sr. Member

- Posts: 445
- Joined: Mon Jan 23, 2012 8:57 am
Re: Mammie vs Gewere
As ek `n geweer wil koop, se ek vir my vrou ek wil nog `n motorfiets koop dan se sy vir my "gaan koop eerder vir jou nog `n geweer en hou jouself besig" so dan volg ek maar haar raad. Volgens vrouens weet hulle mos altyd wat is reg.
-
Finfan
- Hero Member

- Posts: 893
- Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am
Re: Mammie vs Gewere
Dit klink my soos daai tegniek wat jy gebruik as jou vrou jou uit die huis sluit as jy saam die kerels gaan vassit het by die bar. As jy by die huis kom en sy wil jou nie inlaat nie, dan vertel jy haar jyt net eitnlik gou huistoe gekom om nog geld te kom haal om verder te gaan kuier. Dis die gouste wat sy jou inlaat om te kom slaap.JuanPaul wrote:As ek `n geweer wil koop, se ek vir my vrou ek wil nog `n motorfiets koop dan se sy vir my "gaan koop eerder vir jou nog `n geweer en hou jouself besig" so dan volg ek maar haar raad. Volgens vrouens weet hulle mos altyd wat is reg.
Neil Scholtz
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH

morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: Mammie vs Gewere
Ek ken 'n ou wie werk by 'n baie bekende winkel in Bloemfontein se visgereiafdeling. Wanneer hy vir hom 'n nuwe visstok koop dan kom haal sy vriend dit by die winkel en neem dit huistoe. Daardie naweek dan gaan kuier hy en sy vrou by die vriend se huis en hy neem gewoonlik 'n ou stok in sy sak saam sodat sy vriend dit vir hom kan "inspekteer" Later daardie aand neem hy twee stokke saam huistoe in dieselfde sak. Ek voel ook dat respek teenoor jou vrou dra meer water en vertel die waarheid van die begin af, want as jy dit nie doen nie gaan iemand anders later die waarheid namens jou vertel.
-
Kanaalaap
- Newbie

- Posts: 0
- Joined: Fri Jul 24, 2015 2:49 pm
Re: Mammie vs Gewere
Ek sal net koop! Dink nie sy sal agterkom dat daar 'n verskil tussen die gewere is nie!
Dit laat my dink aan die ou wat elke jaar vir hom 'n nuwe motorfiets gekoop het. Maar, net een problem. Hy moes elke jaar 'n rooi bike koop - anders gaan Mammie snuf in die neus kry. Groot was sy dankbaarheid toe sy eendag uit die bloute vra hoekom hy nie maar 'n slag vir hom 'n nuwe bike koop nie. Hy werk dan so hard! Toe kon hy 'n bloue koop! En die paar jaar daarna elke keer weer net 'n blou bike!
Dink dit gaan dieselfde met gewere wees! Ek weet my vrou sal nie weet nie! Altans, ek hoop so!