Nuwe wapen lisensie

User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Nuwe wapen lisensie

Post by Gerhard »

Wie het onlangs aansoek gedoen vir nuwe lisensies?

Wat verwag julle is die wagtydperk vir 'n nuwe lisensie?

Ek het my vir my 500 Jeff in Maart 2006 aansoek gedoen. Ek het toe reeds my proficiency sertifikaat (kaartjie) gehaad.

Motiveering as PH ens ens

Ek het die lisensie in begin Sept 2007 gekry net voor ek Dubai toe is.

As ek nou 243 Win raak loop wat goeie prys het.

Gaan ek weer 18 maande + wag voor ek my lisensie gaan kry?

O ja, ek is ook bona fide jagter en all daai goete....

Wat se julle manne?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Yalair »

Gerhard
Lyk my so 15 - 20 maande vir nuwe aansoek is die norm op die staduim
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Janjak »

Ek gee more n nuwe aansoek vir haelgeweer en 308 in. n Vriend van my het al 4 lisensies gekry van Desember af. 2 daarvan het n maand gevat so ek het goeie hoop. Ek sal maar op iemand se senuwees werk.
Jannie
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Gerhard »

Jannie,

hoe het jou vriend dit reg gekry????

WOW,

Ek sal maar moet gaan mooi praat my SAPS se wapen eenheid in Silverton.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Dawie »

Jannie

IT'S a MIRACLE!!!!!

Dis weereens 'n bewys dat daar w?l nog wonderwerke in hierdie tye gebeur......want dis presies wat dit is 'n wonderwerk!!!!!

I'd be so freakin Lucky >:(

Dawie
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Janjak »

Hy het dit self gaan ingee in Pretoria en hyt hulle mal gemaak tot amper by Jaco Bothma. Gaan hom maar vra om my te help karring. Miskien kan ek die 308 nog gebruik die jaar.
Weet julle iets van Artikel 21 se tydelike magtiging?
Jannie
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Christo »

Ek het meer as 2 maande ( dit kan 3 wees) gelede 'n nuwe lisensie aansoek ingegee en verlede week bel ek oor iets anders en vra toe of die aansoek al gestuur is, net om te hoor dat die aansoek nou nog op hulle ( DFO ) se tafel in 'n pile le. Hulle moet eers die hernuwings afhandel voor daar nuwe aansoeke geprosseseer kan word. $%#@& nou is ek kwaad maar jy mag mos net smile want jou toekoms is in hulle hande, of later in 'n prokureur s'n met baie geld later.( dit help wel ). Die ergste ongeloof is natuurlik wanneer jy hoor dat sommige van die persone wat jou moet asseseer as geskik om 'n wapen te besit se lewens is self nie altyd bo verdenking nie.(EK KEN NIE SO IEMAND NIE.)

Wat maak ek ? ? ? ? ? ? ? ??? ? ? ? ? ? ??? ? ? ? ? ???


Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Robert »

Daai gebeur nog wonder werke.

Ek het Desember 2008 aansoek gedoen vir my .375 en dit was nie 5 maande toe het ek die lisensie.

My .375 H&H MAG het nou wel 'n .375 WEATHERBY geword maar die nomers is reg. Sal seker maar 'n regstelling laat maak eendag.

Mens moet net 'n goeie verhouding he met jou DFO, (nie finansieel of buite huweliks nie).

Jou aansoek moet so volledig voltooi wees en sit maar 'n dikkerige boek as motiveering aan en sit nog 'n klomp Foto's by. Name en kontak besonderhede van waar jy jag.

Ek se altyd vir my kliente dat hulle foto's moet neem as hulle gaan jag en neem foto's saam met elke bok wat geskiet word al is dit die ander ou se bok.

As jy nie gehelp word binne redelike tyd (een maand) kontak die dfo weer en daarna sy bevelvoerder en daarna die area kommissaris en so gaan jy na die provinsiale en dan nasionale kantore en maak vuur onder hulle. Bel Dir. Jaco Botma en verdudelik jou probleem aan hom. Hy help nog al.

BE SAFE


Robert
Oorwining deur opleiding
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by 222 »

Manne

Het vanmiddag gesellig met ons plaaslike DFO om die vleisbraai gesels. Die man s? dat daar in Februarie 2010 weer 'n amnestie tyd gaan wees. Volgens hom is dit nou weer:"jy weet mos hoe gaan die ou mense tekere, daar gaan nou weer 100de wapens ingegee word."

Laat ons tog die ouer garde net die regte inligting deurgee asb, anders gaan daar nou weer wapens na wie weet waar.

Gerrie
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
koos
Newbie
Newbie
Posts: 49
Joined: Fri Jun 05, 2009 9:20 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by koos »

Hier is 'n nuusberig oor die amnestie tydperk ter sprake en dit lyk darem of dit meer gemik is teen onwettige wapens.

South Africa: Firearms amnesty period extended
Date Posted: Tuesday 10-Nov-2009

South Africans will have four months to hand in illegal firearms under an amnesty in 2010, the Police Ministry said on Tuesday.

Spokesperson Zweli Mnisi said the amnesty would extend from January 11 until April 11 next year.

The proposal for the amnesty by Police Minister Nathi Mthethwa was passed by Parliament on Tuesday.

"The amnesty provides for a procedure whereby a firearm, be it legal or illegal, may be surrendered at any local police station without fear of being prosecuted," said Mnisi.

Mnisi said there was a large pool of illegal firearms in circulation around the country and these weapons were a major contributor to the high rate of serious and violent crime in the country.

"Most robberies are committed with firearms, whilst a large portion of the reported murder cases are committed by people using illegal firearms," said Mnisi.

"The reduction of the number of firearms in circulation is an important part of the South African Police Service's strategy to combat violent crime."

Mnisi said the weapons would be collected and destroyed, following a process prescribed by the firearms control regulations.

Mnisi said illegal firearms may be handed to any member of the SAPS on duty at any police station. The member must then issue a receipt for the weapon and ammunition received.

This process would not include persons who wish to voluntarily surrender licensed firearms as this process followed different procedures.

Mnisi said the last amnesty - during the year 2004/2005 - was an unqualified success. - Sapa

Source Url: http://www.iol.co.za/index.php?art_id=iol1257884785910F665
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Beyers »

Ek het vandag gaan navrae doen oor 'n .223 wat ek in begin Junie voor aansoek gedoen het.
Saterdag begin ek sy nuwe custom kolfie en Maandag gaan die ape ........ ;D
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by britsman »

Koos & almal,
koos wrote:
Mnisi said the last amnesty - during the year 2004/2005 - was an unqualified success. - Sapa
    Die enigste  "unqualified success" is dat die SAPS manne kan "pick and choose" tussen die wapens en verkoop of gee vir hulle pelle.
QUOTE:
The fact there has been 2,944 SAPS firearms lost in the last year by the South African police it has been stated by the DA today. The DA also said that "There should be serious consequences for lost or stolen SAPS firearms as these could easily fall into the wrong hands, further exacerbating crime."

"The committee heard that 2,944 SAPS firearms had been lost or stolen by the end of September this year ? equal to approximately three firearms lost or stolen from each station in the country."

And then if that is not enough, earlier this year one of South Africa's police stations was turned into a gun shop where they sold guns to criminals. The admin clark from Alexandra close to Johannesburg was arrested for selling R-5 rifles and 16 handguns to criminals.

So, is the police really in control of their own guns?


The DA also said in the same statement that:
"Earlier this year the DA also obtained information that revealed that the number of officers leaving the Police Service who have failed to hand in service weapons has increased significantly over the past two years. In 2006, just seven officers failed to hand in their service weapons; in 2007 that number had increased to 40; last year it rose again to 65."

"The SAPS also admitted that while they recovered 106% of lost civilian firearms (being all those lost in the past year, plus 6% of those lost in previous years) while only recovering 15% of lost SAPS firearms. This makes a lie of President Zuma?s claim that the country is awash with both civilian and police firearms.  It is the lost Police weapons that are in the hands of South Africa?s criminals."

"All this points to a decided lack of control over firearms. This is a matter that must urgently be placed on the agenda so that rectifying measures can be made. I will be writing to the Minister of Police in this regard." Dianne Kohler Barnard, Shadow Minister of Police

Nou ja ,WAT NOU??
                          groete,
                                    brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Freek »

Sir Britsman sir, dit is skokkend en skrikwekkend om te sien wat regtig aan die gang is. Die instansie wat ons(die publiek) moet beskerm is onder soveel disorganisasie en gaos dat ek twyfel of dit gou gaan reg kom. Hierdie hele "ilegal trade" is alreeds so 'n groot bedryf dat dit nie sommer gestop sal word nie tensy daar "serious" drastiese stappe geneem word (wat ek baie sterk betwyfel).

Wat my verder dwars in die krop steek is die feit dat soveel druk op wettige vuurwapen eienaars geplaas word - ons is nie die probleem nie want ons is besorg oor ons wapens dus pas ons hulle op en gebruik hulle verantwoordelik. SAP en Seuns is baie vinnig op hulle karretjie as daar vinger gewys moet word, wat hulle nie besef nie is dat 3 vingers terug na hulle toe wys... >:(
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Raven »

AI julle SA manne lyk my het dit swaar met die lisensie storie.

EK het 12de October my aansoek vir nuwe lisensie ingehanding, en 16 November het hulle my gebel om dit te kom afhaal.

Groete Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by JACQUES BOTHA »

RAVEN
EK GAAN AANOSEK DOEN OM NAM BURGERSKAP.....

TOE MY BROER DAAR RUBGY SPEEL SIT SY MEISIE OP DIE PAVILJOEN EN EEN VAN DIE NAM KEURDERS VRA SOMMER AL DAAR IN SY EERSTE GAME VIR HAAR.. IS HY N BURGER....NEE ANTWOORD SY HY IS N BOTHA.....(GRAPPIE)
MOOI LOOP DAAR IN SWA.
GROETNIS
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Robert »

HAPPY DAY ARE HERE AGAIN ;D :D :) 8) ::)

Die DFO het my nou net laat weer my 6 nuwe lisenies het vanoggend by haar kantoor op gedaag.

Ek het in april 2006 aansoek gedoen vir die wapens?????????

Eers het die outjie wat hier werk die aansieke vir 14mnde verle, toe was daar fout met een van sy dokumente. Toe word alles na Keimoes oor geplaas nadat ek taamlik 'n vloermoer gegooi het.

Die dametjie op Keimoes verdien 'n medalje in goud vir haar werk. Ongelukkig moes ek eers my besigheid se  naam by SASSETA en Polisie verander en nou is die lisensies uitgereik en ontvang.

Ek sal dit seker namiddag gaan haal en die naweek sal daar seker bietjie kruit gebrand word.

Hou moed manne, Die dinge kom stadig maar seker

Robert
Oorwining deur opleiding
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Freek »

Robert, moed opgee is nie ter sprake hier nie. Ons sal wel in die proses 'n paar moere strip maar moed opgee, NOOIT!
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Robert »

Freek.

Dit help as jy 'n duidelike vloermoer gooi en glo my as ek 'n vloermoer gooi is dit nie mooi nie.
Ek is hoeka besig met die agente van MAHINDRA oor 'n verkoeller vir die Bolero. Stuur vir my eers 'n beskadigde een en nou een wat nie pas nie.
Ek is besig om rooier te word en praat nou al ingels.
Robert 
Oorwining deur opleiding
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Freek »

Ek kry Mahindra jammer as daai sweer oopbars Robert, moet ek hulle solank waarsku?
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
BennieO

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by BennieO »

Goeie dag

Ek is nuut op hierdie forum so ek hoop julle sal my bietjie leiding kan gee. Ek het 2007/09/28 aansoek gedoen vir 2 nuwe lisensies. Ek het nie voorheen enige lisensies gehad nie. 2009/06/10 word ek bevoeg verklaar en het reeds my kaartjie gaan afhaal. Vandag skakel ek die "National fire arm call centre" en hulle s? my aansoek is 2009/11/05 na die "committee". Wat beteken dit? Hoe lank kan dit nou nog vat? Ek het my aansoeke by Silverton / Pretoria ingedien. Wie kan ek skakel om om meer uit tevind of om die proses te probeer afhandel? Of is dit nie moontlik nie en moet ek maar nog geduldig wag terwyl die jakkalse my lammers op vreet.

Groete
Bennie
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Beyers »

Welkom Bennie
Time is few, Gaan hoor maar so elke week of dit al goedgekeur is. My is goedgekeur en my kaartjie is oppad. Ek het reeds die roer by die huis en werk nou aan die kolf. Ek hoop om teen Vrydag my ladings te toets endan somme die ape te begin kap.

Beyers
BennieO

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by BennieO »

Beyers

Dankie maar by wie moet ek hoor. Die nommer wat ek het help nie. AL wat ek uit hulle kry is "It's in the process" of so iets.

Bennie
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Beyers »

Bennie
Ek pla gedurig my DFO en staan by as hy op die rekenaar krap.
Beyers
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Mac »

Bennie0,

Contak vir SAGA en vertel hulle jou storie, hulle is hoeka besig on juis sulke gevalle bymekaar te maak vir n' vertoe aan die hof. hulle behoort ook vir jou te kan help om met die regte persoon te kan praat.

Mac
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Nuwe wapen lisensie

Post by Robert »

Bennie0

Welkom.
Bel Dir, Jaco Botma by. 012 3536269. As jy nie regkom nie Die ou help nogal as jy jou saak aan hom stel. Wees net geduldig en pla Jou DFO maar gereeld. Anders gooi jy een M%&@rse vloermoer.

Freek.

My bakkie loop nadat ek toe maar self gery en mooi verduidelik het wat gaan verder gebeur :'( :-\ >:(
Ek het toe die verkoeller se tanke laat oorbou en die rekening vir Mahindra gestuur en my bakkie se tank by hulle volgemaak en ook die rekening vir hulle gegee. Net jammer my Nissan se tank is so klein. Wou 200lt ingooi maar toe vat sy net 35lt.

Nou kan die brakkies weer sk>>>t.

Robert
Oorwining deur opleiding
Post Reply