Wildswors met bees mince
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Wildswors met bees mince
Ek wil so paar resepte toets voor die seisoen begin met Eland mince wat ek oor het.
Ek meng soms vark by en soms bees,so kan ek net bees mince koop en by meng met my vet of gaan dit vleis dan te "pap" raak as ek dit inmeng?
Het iemand dit al so probeer?
Ek meng soms vark by en soms bees,so kan ek net bees mince koop en by meng met my vet of gaan dit vleis dan te "pap" raak as ek dit inmeng?
Het iemand dit al so probeer?
- mr rey
- Jr. Member

- Posts: 90
- Joined: Thu Jan 24, 2013 11:16 am
Re: Wildswors met bees mince
Ek het vroeer die jaar vir die eerste keur wors gemaak. Het n batch van so 30kg gemaak wat bestaan het uit blesbok mince, kudu mince (5kg) en bees mince (topside - 5kg) en dan met brisket en Crown se "ouma" spices en water.
Dit het baie lekker gekom.
Al wat een of twee van my "tasters" pla is dat die wors te styf gestop is...
Ek dink jy sal glad nie spyt wees om bees by te sit nie en kan nie sien hoe dit die wors sal "pap" maak nie...
Sterkte

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Wildswors met bees mince
Ek het so 'n maand terug gemsbok en bees so gemeng en dit was heerlik gewees. Was glad nie pap gewees nie.
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Wildswors met bees mince
Eland maalvleis proe net soos bees maalvleis.
Dis maar my opinie
As die eland maalvleis te min vet in het, kan jy gewone bees maalvleis ook saam meng.
Behoort nie te slap te wees nie
Groete Sarel
Dis maar my opinie
As die eland maalvleis te min vet in het, kan jy gewone bees maalvleis ook saam meng.
Behoort nie te slap te wees nie
Groete Sarel
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Wildswors met bees mince
Ek is net bang die vleis word dalk te fyn(sag) as dit te veel hanteer word as albei alreeds gemince is voor daar spices ingemeng is.mr rey wrote:Ek het vroeer die jaar vir die eerste keur wors gemaak. Het n batch van so 30kg gemaak wat bestaan het uit blesbok mince, kudu mince (5kg) en bees mince (topside - 5kg) en dan met brisket en Crown se "ouma" spices en water.
Dit het baie lekker gekom.
Al wat een of twee van my "tasters" pla is dat die wors te styf gestop is...
Ek dink jy sal glad nie spyt wees om bees by te sit nie en kan nie sien hoe dit die wors sal "pap" maak nie...
Sterkte
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Wildswors met bees mince
Sako, as jy reeds maalvleis gemaak het sonder die speserye, en jy wil net die speserye deurmeng, gebruik ek sommer die 10mm plaat, en nadat ek dit daardeur "gemaal" het, laat ek die maalvleis so 4-6 ure in 'n yskas rus. Dan trek die geure lekker in die vleis in. Maak net seker die maalvleis is lekker koud voor jy dit doen. Die maalproses maak die vleis effe warm, en dan kan jou wors suur raak as jy nie pasop nie, veral op warm dae.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Wildswors met bees mince
Dankie vir die goeie advies.Jean Marais wrote:Sako, as jy reeds maalvleis gemaak het sonder die speserye, en jy wil net die speserye deurmeng, gebruik ek sommer die 10mm plaat, en nadat ek dit daardeur "gemaal" het, laat ek die maalvleis so 4-6 ure in 'n yskas rus. Dan trek die geure lekker in die vleis in. Maak net seker die maalvleis is lekker koud voor jy dit doen. Die maalproses maak die vleis effe warm, en dan kan jou wors suur raak as jy nie pasop nie, veral op warm dae.
Sal dit verseker probeer.
- 375fanatic
- Hero Member

- Posts: 1213
- Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am
Re: Wildswors met bees mince
hoeveel eland het jy ?
ek meng altyd 30% brisket in of 20% brisket vet hang aff wat beskikbaar is
ek gebruik ook yswater met crown se goudveld spice dis lekker as ek groot volumes werk meng ek n pak droewors spice en goudveld op 60kg vleis ek gebruik dit dan vir my droee wors en braai wors met verskillende derms

CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Wildswors met bees mince
Ek vind dat indien jy klaar maalvleis het raak dit moeilik om 'n ander maalvleis effektief in te werk. Ek verkies om my vleis deur die meule te sit en dan die vet tussen in ook te maal. Ek persoonlik hou nie van bees vet nie maar gebruik eerder skaap vet vir my wors.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Wildswors met bees mince
Ek wil net hoor wat julle wors makers te sê het.
As jy 100kg (voorbeeld) wors maak, sit jy 30% vet by, of het jy 70kg vleis plus 30% vet.
As jy 100kg (voorbeeld) wors maak, sit jy 30% vet by, of het jy 70kg vleis plus 30% vet.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Wildswors met bees mince
Ek het gevind dat vir my werk dit die beste as jy die speserye strooi oor die gesnyde blokkies vleis voor jy dit deur die meul sit. Dan verspry die speserye beter deur die mengsel, nog nooit probleem gehad nie.sako 30-06 wrote:Ek is net bang die vleis word dalk te fyn(sag) as dit te veel hanteer word as albei alreeds gemince is voor daar spices ingemeng is.mr rey wrote:Ek het vroeer die jaar vir die eerste keur wors gemaak. Het n batch van so 30kg gemaak wat bestaan het uit blesbok mince, kudu mince (5kg) en bees mince (topside - 5kg) en dan met brisket en Crown se "ouma" spices en water.
Dit het baie lekker gekom.
Al wat een of twee van my "tasters" pla is dat die wors te styf gestop is...
Ek dink jy sal glad nie spyt wees om bees by te sit nie en kan nie sien hoe dit die wors sal "pap" maak nie...
Sterkte
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: Wildswors met bees mince
HEINZ
Jou vet moet uitgewerk word op die aanvanklike vleisgewig. As jy dus 20% vet wil bysit is dit dus 10kg vleis plus 2 kg vet (ter illustrasie).
MOSSIE
Jou vet moet uitgewerk word op die aanvanklike vleisgewig. As jy dus 20% vet wil bysit is dit dus 10kg vleis plus 2 kg vet (ter illustrasie).
MOSSIE
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Wildswors met bees mince
Boesman,dis hoekom ek nou so bietjie wil speel.Boesman10 wrote:Ek vind dat indien jy klaar maalvleis het raak dit moeilik om 'n ander maalvleis effektief in te werk. Ek verkies om my vleis deur die meule te sit en dan die vet tussen in ook te maal. Ek persoonlik hou nie van bees vet nie maar gebruik eerder skaap vet vir my wors.
Wil 1kg wors van elk maak,wil ook speel met die persentasie vet en speserye.
Eland + Brisket
Eland + Pork trimmings met spek.
Eland + bees + Skaapvet
Eland + spek + Skaapvet
Het julle dalk ander idees?
Ek sit gewoonlik so 30% vet by.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Wildswors met bees mince
Heinz, gebruik 70kg vleis en 30kg vet.Dus 70/30.Heinz Petersen wrote:Ek wil net hoor wat julle wors makers te sê het.
As jy 100kg (voorbeeld) wors maak, sit jy 30% vet by, of het jy 70kg vleis plus 30% vet.
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Wildswors met bees mince
Ek verkies dit ook so,maar ongelukkig het ek net Mince oor so moet maar die speserye in die mince inmeng.henning wrote:Ek het gevind dat vir my werk dit die beste as jy die speserye strooi oor die gesnyde blokkies vleis voor jy dit deur die meul sit. Dan verspry die speserye beter deur die mengsel, nog nooit probleem gehad nie.sako 30-06 wrote:Ek is net bang die vleis word dalk te fyn(sag) as dit te veel hanteer word as albei alreeds gemince is voor daar spices ingemeng is.mr rey wrote:Ek het vroeer die jaar vir die eerste keur wors gemaak. Het n batch van so 30kg gemaak wat bestaan het uit blesbok mince, kudu mince (5kg) en bees mince (topside - 5kg) en dan met brisket en Crown se "ouma" spices en water.