Hond se pie brand gras
- EtienneAllers
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Mon Feb 09, 2015 5:46 pm
Hond se pie brand gras
Het iemand raad? Die gras vrek kol-kol waar die hond pie.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Hond se pie brand gras
Ja hy moet defnetief nie naby n kar tyer kom nie
die tyers en rims gaan brand
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Hond se pie brand gras
My boerboel het al die ''clearcoat'' van my mags af ge''pie''
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- pietbak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm
Re: Hond se pie brand gras
Selfde probleem met die gras. Nooit gebeur nie, nou ewe skielik maak die gras kolle en sy eet Veearts pulle. Labrador.
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Hond se pie brand gras
daar moet te veel amoniak in die uriene wees.
Ek bedoel die uriene moet baie gekonsetreed wees, laat hulle meer water drink,en vir hiushonde meer gereeld pie of na hul nierfunksie kyk
Smirre
Ek bedoel die uriene moet baie gekonsetreed wees, laat hulle meer water drink,en vir hiushonde meer gereeld pie of na hul nierfunksie kyk
Smirre
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Hond se pie brand gras
Sal ook plaasvind omdat dit baie droog is en waar gras nie bv outomatiese besproeiing het nie. Die urine is lank genoeg daar om die gras chemies te brand. Grondvog help ook om die urine te verdun.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- EtienneAllers
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Mon Feb 09, 2015 5:46 pm
Re: Hond se pie brand gras
Die hond eet Royal Canin wat ek reken 'n goeie samestelling het en my gras word 2 keer per week besproei. Sal haar maar moet veearts toe neem vir toetse.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Hond se pie brand gras
Dan moet jy maar vir die hond n doek aansit.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Hond se pie brand gras
My foxterier het dieselde probleem, het al gedink ek moet minder asyn in die droewors gooi wat ek haar voer
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Hond se pie brand gras
Man my niere is fine en ek pee ook my gras dood
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Hond se pie brand gras
Dries101 wrote:Man my niere is fine en ek pee ook my gras dood
Die geheim is om nie elke slag op die selfde plek te staan nie
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Hond se pie brand gras
Een van die lewe se min plesiere (-,
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- EtienneAllers
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Mon Feb 09, 2015 5:46 pm
Re: Hond se pie brand gras
Ek gaan beslis die blikkieskos probeer.Ludwig wrote:Smirre is heeltemal reg. Veearts het vir my ook gesê dit gebeur gewoonlik as die hond se urine se pH te hoog is, wat gebeur as die hond te veel koolhidrate in sy dieet kry, veral deur droeë hondepille wat ammoniak afskeiding verhoog. Omdat honde karnivore is, moet hulle urine gewoonlik aan die suurkant van die pH skaal wees as hulle dieet reg is, maar met die baie stysel wat honde met droee hondepille inkry word hule urine te alkalies met 'n hoë ammoniak persentasie. Dis nie net sleg vir jou gras nie, maar vir die gesondheid van jou hond ook. Duur, groot naam hondepille is nie gevrywaar van hierdie probleem nie. Gaan kyk maar na die groot hoeveelheid stysels wat daarin bevat word. Die antwoord wat die veearts vir my gegee het, was om nat blikkies kos met lae stysel inhoud, met sy droee kos te meng en hom dus minder droee pille te gee en ja dit help baie.Smirre wrote:daar moet te veel amoniak in die uriene wees.
Terloops. Hondepille wat deur 'n verpil masjien gaan, moet met 'n olie gemeng word sodat die voer kan bind en 'n pil vorm. Raai waar kry 99% van alle hondekos vervaardigers hulle olie wat hulle hiervoor gebruik vandaan? Take Away plekke soos KFC en resturante wat die olie wat gebruik is vir deep frying, uitgooi. Hierdie het ek direk gehoor by 'n persoon wat in die voer industrie werk. As ek dit kon bekostig, sou ek glad nie my honde enige droee pille meer gevoer het nie.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Hond se pie brand gras
dit is reg, maar pasop vir niks pille, help om hul tande skoon te hou. daai blikkies kos sit tussen hul tande, en dan vrot ditEtienneAllers wrote:Ek gaan beslis die blikkieskos probeer.Ludwig wrote:Smirre is heeltemal reg. Veearts het vir my ook gesê dit gebeur gewoonlik as die hond se urine se pH te hoog is, wat gebeur as die hond te veel koolhidrate in sy dieet kry, veral deur droeë hondepille wat ammoniak afskeiding verhoog. Omdat honde karnivore is, moet hulle urine gewoonlik aan die suurkant van die pH skaal wees as hulle dieet reg is, maar met die baie stysel wat honde met droee hondepille inkry word hule urine te alkalies met 'n hoë ammoniak persentasie. Dis nie net sleg vir jou gras nie, maar vir die gesondheid van jou hond ook. Duur, groot naam hondepille is nie gevrywaar van hierdie probleem nie. Gaan kyk maar na die groot hoeveelheid stysels wat daarin bevat word. Die antwoord wat die veearts vir my gegee het, was om nat blikkies kos met lae stysel inhoud, met sy droee kos te meng en hom dus minder droee pille te gee en ja dit help baie.Smirre wrote:daar moet te veel amoniak in die uriene wees.
Terloops. Hondepille wat deur 'n verpil masjien gaan, moet met 'n olie gemeng word sodat die voer kan bind en 'n pil vorm. Raai waar kry 99% van alle hondekos vervaardigers hulle olie wat hulle hiervoor gebruik vandaan? Take Away plekke soos KFC en resturante wat die olie wat gebruik is vir deep frying, uitgooi. Hierdie het ek direk gehoor by 'n persoon wat in die voer industrie werk. As ek dit kon bekostig, sou ek glad nie my honde enige droee pille meer gevoer het nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
- EtienneAllers
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Mon Feb 09, 2015 5:46 pm
Re: Hond se pie brand gras
Sal dit 50-50 meng.
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Hond se pie brand gras
Ek dink die antwoord is goeie kwaliteit pille.....en nie mieliepap daarby nie.
Ek gebruik Montego en het geen probleem
Vets Choice is ook goed net bietjie duurder
Die babas eet eukanuba tot hulle ses maande oud is
SMirre
Ek gebruik Montego en het geen probleem
Vets Choice is ook goed net bietjie duurder
Die babas eet eukanuba tot hulle ses maande oud is
SMirre
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hond se pie brand gras
Manne ek lees nou eers hierdie vir die eerste keer. Die opskrif het ek gelees as Engelse "pie" soos in "cafe pie" synde dit so gespel is. Groot verskil tussen 'n honde kittel en sy urine.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- EtienneAllers
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Mon Feb 09, 2015 5:46 pm
Re: Hond se pie brand gras
Dankie Smirre. Ek gaan Montego probeer aangesien Royal Canin nie die ding doen nie. GroetnisSmirre wrote:Ek dink die antwoord is goeie kwaliteit pille.....en nie mieliepap daarby nie.
Ek gebruik Montego en het geen probleem
Vets Choice is ook goed net bietjie duurder
Die babas eet eukanuba tot hulle ses maande oud is
SMirre
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Hond se pie brand gras
Net nie gewone Montego nie probeer die Karoo version dit is baie beter
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Hond se pie brand gras
N ander alternatief is Omegavet Premium maar jy sal hulle moet kontak vir afsetpunte
- EtienneAllers
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Mon Feb 09, 2015 5:46 pm
Re: Hond se pie brand gras
Dankie Ruaan. Ek sien die Karoo het die hoogste proteien inhoud. Ander alternatief is om meer te jag en die hond net biltong te voer!
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Hond se pie brand gras
Smirre,
OK ek weet die onderwerp hier gaan oor honde piepie op die gras maar help n bietjie asb.
My veearts sê ook vir my bly weg van mieliepap en melk. Sy wetenskaplike verduideliking het ek egter langs die pad verloor, en nou sien ek jy verwys ook na mieleipap as n nee! Help n bietjie met die een asb want ek voer my honde nog altyd mieliepap en melk saam met die pille.
Groete
Ferdi Bam
OK ek weet die onderwerp hier gaan oor honde piepie op die gras maar help n bietjie asb.
My veearts sê ook vir my bly weg van mieliepap en melk. Sy wetenskaplike verduideliking het ek egter langs die pad verloor, en nou sien ek jy verwys ook na mieleipap as n nee! Help n bietjie met die een asb want ek voer my honde nog altyd mieliepap en melk saam met die pille.
Groete
Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Hond se pie brand gras
Ludwig,
Dankie vir die verduideliking, dit maak nou vir my baie meer sin.
Groete
Ferdi Bam
Dankie vir die verduideliking, dit maak nou vir my baie meer sin.
Groete
Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Hond se pie brand gras
Net soos Ludwig se
Kyk as jy hondekos koop, en jy sien die gebreekte geelmielie in die kos......BLY WEG
Ja die beter kosse is duurder , maar woef lewe lekkerder en langer, eet minder en BOL ook minder
Smirre
Kyk as jy hondekos koop, en jy sien die gebreekte geelmielie in die kos......BLY WEG
Ja die beter kosse is duurder , maar woef lewe lekkerder en langer, eet minder en BOL ook minder
Smirre

