Molly coated

User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Molly coated

Post by JACQUES BOTHA »

jagemeister:
AFGEHANDEL
Wat van n 308 storie?
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Molly coated

Post by JOHANNIC »

Jacques
Dis nie 308 nie dis 308 win, ASB praat reg man ;D ;D ;D anders kan jy dalk 6 van die bestes kry hier is n onderwyser aan diens :police:
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Jeagermeister
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Wed Jul 14, 2010 5:14 pm

Re: Molly coated

Post by Jeagermeister »

JACQUES BOTHA wrote: jagemeister:
AFGEHANDEL
Wat van n 308 storie?
Jacques
Dankie Jacques,

Die enigste .308 wat ek op my naam het en waarvan ek iets kan deel is 'n bruin geweer.. hy vat so 'n bilk magasyn wat 20 van daai .308 pyle huisves en skiet soos 'n droom... is my pride en joy, en die manne hier wat hom kenweet ek is heiliger op hom as my Sauer 200!!

Jagermeister
.22 Slazenger
.22 BRNO Deluxe
243 HOWA Varmint (Die "Hulk" herdoop nou na  "Shrek")
6.5x57 Sauer 200 LH
30-06 Sauer 200 LH
300WM Ruger M77 LH
R1
LM4
SKS
en dan nog die vuisgewere....
Gerard

Re: Molly coated

Post by Gerard »

Riempies, jou oog vir detail is swak, ek hoop jy gee meer aandag aan jou herlaaiwerk.  Dit is egter merkbaar dat die manne allerhande slimstories begin wanneer hulle nie logiese debat kan bring nie.  Dit is 'n kwaal wat dikwels kop uitsteek:  Speel die man en nie die bal nie.
User avatar
RIEMPIES
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Fri Dec 18, 2009 11:23 am

Re: Molly coated

Post by RIEMPIES »

Ag jong die oom herlaai sommer uit die heup uit op my ouderdom weet ons nie meer veel nie veral nie die fyn ou goedjies nie.


cheers vir die man
SILENCE I KILL YOU!!!!!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Molly coated

Post by Wouter Roets »

Gerhard
Het jy al gehoor van Pafloff en sy honne? As n mens vir hulle die bal gooi kan hulle maar nou net nie anders as om hom te jaag nie!

Sorry manne! Ek het vermoed ek gaan nou weer n ding begin en is nou bitter spyt daaroor!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Molly coated

Post by JACQUES BOTHA »

GERAD.
eK DINK VERSEKER ONS HTE JOU KUNDIGHEID RONDOM KOELE  HIER NODIG, DAARS BAIE WAT ONS BY JOU KAN LEER EN ONS AS HERLAAIERS PLYT SKULDIG.
VERGEET DIE GROEIENDE TAAL WAT EK WOU SE IS ONS GEBRUIK MEER AS EEN WOORD VERKEERD.
jy pasie met die rgte terminologioe is reg, hou dit so.
Verduidelik vir ons meer oor mly asb. IS moly  "corrosive al dan nie";
Dit blyk nie akkuraatheid verbeter nie, ook nie spoed nie,
Dit blyk of moly nie eweredig deur die loop versprei nie omdat dit op gebande en nie gebande koele op die koel vassit en dit net logies is dat die geweer groewe dieper sny as wat ons moly kan opsit en daardeur meer moly agter in die loop deponeer as voor by die punt van die loop.
Help my as onkundige reg wat nie daaarvan hou dat sy hande vuilword om moly koele te laai nie, maar wel duisende al deur my loop geskiet het( skuus nie my loop )nie, my roer se loop .
Beteken moly meer voordele as nadele?
Sal die h20 wat moly aantrek eers n effek he as jy meer as 20 000 skote geskiet  het en dus buite rekeing gelaat mag word, (die corrosive gedeelte kom van die PARSEC groep en nie my mening nie).
Laat waai pappegaai, ek luister graag
Jacques Botha
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Molly coated

Post by Boesman »

So wat gaan gebeur as Gerard sy terminologie verander en manne met die regte terminologie lees dit? CHAOS.

Ek wil asb. nie moly op my doppies he nie, en ook nie net op koeels wat ek skiet se punte nie.

Nie een van ons kan stry dat dit verwarring veroorsaak as ons nie die regte woorde gebruik nie, en dan wanneer gewere seerkry of bakkies stukkend agter kwesbokke aanhop, gee ons die arme Murphy skuld.

In ons wereld van gewere en ammunisie (en moly) behoort ons in elk geval pynlik akkuraat te wees.

Lekker laai en skiet. Of is dit nou 'herlaai'?

ns. Stel ook belang in Jacques se vrae?
Gerard

Re: Molly coated

Post by Gerard »

As n mens vir hulle die bal gooi kan hulle maar nou net nie anders as om hom te jaag nie!
Siende dat ek nou 'n onderwyser geword het gee ek 10 uit 10 vir Sin Vir Humor.

Image
Last edited by Gerard on Mon Jan 17, 2011 11:49 am, edited 1 time in total.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Molly coated

Post by JACQUES BOTHA »

Riempies my unsteling oom na OOM TaKOESA wat redelik stil geword het (dis seker na die reen dat hy besig is)
Onthou om die bril op die PUNT van die NEUS te sit asb anders is die FOKUS uit....of is dit dalk dan het jy n PARAlAKS fout.
Hoe lyk dit oom  Jys ien nie kans om die gesin weer bietjie uit te brei nie?
Groete
Jacques Botha
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
RIEMPIES
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Fri Dec 18, 2009 11:23 am

Re: Molly coated

Post by RIEMPIES »

Klein Boet Jaques wil jy nou he die oom moet nou weer trou op die ouderdom? Dit sal my agste vrou wees en die loop is nie meer so lekker nie.





Groete oom riempies
SILENCE I KILL YOU!!!!!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Molly coated

Post by Wouter Roets »

Riempies
Othou n goeie gehalte loop kan soms die tekorkominge van n moee koeel verbloem!!!!!!! :o
Kan self die punt van die koeel mooi reguit laat staan!!!!
Groete
Wout
PS Min dinge wat n persoon so opgewonde kan maak as n nuwe loop!
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Molly coated

Post by James Wilson »

ek wou nog n vraag gevra het oor molly coated maar hou nou eerder my bek :-X
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Molly coated

Post by Hein M. »

Jagbehep! wrote: ek wou nog n vraag gevra het oor molly coated maar hou nou eerder my bek :-X
Ja. Somaliese seerowers het hierdie post beetgehad.  Jammer vir die paar skote wat ek geskiet het :'(

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Molly coated

Post by fanie17 »

Ek het nou amper gese BLIKSIM
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Gerard

Re: Molly coated

Post by Gerard »

Ek het raad vir Hein M en Jagbehep:  Kweek dikker velle.  Leer om hartaanvalle en maagsere te gee, nie te kry nie.

Op die onderwerp van moly (MoS2):

Daar is baie ouvroustories en wilde aansprake wat gemaak word.  Baie daarvan is vals en sommige daarvan is waar.

Wanneer moly reg gedoen word, het dit geen negatiewe effekte nie, net voordele.

Swak gehalte (lae graad, minder beter gerafineerde) MoS2 bevat onsuiwerhede.  Die onsuiwerhede het nie die goeie eienskappe van moly nie en ontbrand teen baie laer temperature as moly.  Dit vorm dan oksiede wat water absorbeer (dit is higroskopies) en die resultaat is 'n lae konsentrasie swaelsuur.  Swaelsuur in selfs 'n vlekvrye staal loop is nie goed nie en in 'n chroom molibdeen staal loop is dit 'n treinsmash. Goeie gehalte moly kos tussen R900.00 en R1100.00 per kilogram.  Oordeel self, na gelang van wat jy betaal vir jou "moly kit", of dit 'n goeie graad moly bevat.

MoS2 is 'n metaal en dien as 'n smeermiddel.  Soos met alle smeermiddels moet daar net genoeg gebruik word.  Dit wat oortollig is, sal ?rens moeilikheid maak.  Dus moet die minimum, wat nodig is, aangewend word.

Die aanwendingmetode moet die MoS2 aggressief aan die basismetaal bind.  As dit nie gedoen word nie, kom dit maklik af en doen nie die smeerwerk effektief nie.

'n MoS2 deklaag wat reg gedoen is, is minder as 2 mikron dik.  Die hoogte van 'n rif, vanaf die bodem van 'n groef in 'n geweerloop, wissel van 65 mikron tot 130 mikron.  'n Mikron is een duisendste van 'n millimeter.

MoS2 kan nie akkuraatheid verbeter nie en dit kan nie BC verbeter nie.  Dit kan spoed beinvloed want dit is 'n smeermiddel.  MoS2 veroorsaak dat die koe?l se graveerdruk verlaag want dit glip makliker in die loop in.  Die druk verlaag dus en spoed neem af.

(Tersyde, doen 'n proef:  Laai twee verskillende soorte koe?ls van dieselfde gewig met dieselfde lading.  Maak seker dat die dopvolume, met die koe?l in die dop geset, identies is tussen die twee.  Skiet hulle en meet die spoed.  Die koe?l wat die vinnigste loop het die hoogste graveerdruk.)

As hande uitermate vuil word met die hantering van moly koe?ls, is daar te veel moly aangewend of die hegting van moly aan die koe?l is swak.  Dit behoort taamlik moeilik te wees om die moly af te vryf maar dit sal afkom as mens genoeg probeer.  Moly word maklik van staal af verwyder met duco thinner, M98 en verskeie ander skoonmaakmiddels.

Moet asseblief nie die MoS2 deklaag probeer se?l met waks nie.  Wanneer waks oksideer, vorm dit produkte wat in die loop neerslaan wat amper onmoontlik is om te verwyder.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Molly coated

Post by James Wilson »

Gerard wrote: Ek het raad vir Hein M en Jagbehep:  Kweek dikker velle.  Leer om hartaanvalle en maagsere te gee, nie te kry nie.
aag ou gerhard, bly in jou baan, alles gaan nie oor jou nie. ;) ek het sommer die inligting wat ek wou he op wiki gekry. ek sien so elke nou en dan dan wil die site net soos gunsite sa word.  :(
Last edited by James Wilson on Tue Jan 18, 2011 11:00 am, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Gerard

Re: Molly coated

Post by Gerard »

ek wou nog n vraag gevra het oor molly coated maar hou nou eerder my bek
Shame, ek dag ek help jou met jou vloermoer en daar gooi jy al jou speelgoed uit jou bababedjie uit.  Jammer man, maar ek het goed bedoel toe ek ges? het dit sal help as jy 'n dikker vel kweek.
Last edited by Gerard on Tue Jan 18, 2011 12:15 pm, edited 1 time in total.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Molly coated

Post by Stefan764 »

Gerard wrote: ... en daar gooi jy al jou speelgoed uit jou bababedjie uit...
Sjoe...

Oom Gerard, net so terloops. Ek sien Safari and Outdoor praat ook van PUNTE op hulle website, dalk moet oom maar so vermaningkie diekantoe ook stuur. Netnou raak al die gereelde kliente deurmekaar na al die reghelp op die forum van oom se kant af en dink hulle dalk net S&O verkoop glad nie KOEELS nie...

Net n gedagte....ons help mekaar mos maar so hier?  :-\

Goed gaan en dankie vir oom se reghelp, ek gan nou probeer reg praat/skryf hie oppi forum.
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Molly coated

Post by Skolla »

RIEMPIES wrote: Dit sal my agste vrou wees en die loop is nie meer so lekker nie.
Wat van molly coat? ???
User avatar
RIEMPIES
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 74
Joined: Fri Dec 18, 2009 11:23 am

Re: Molly coated

Post by RIEMPIES »

Skolla die oom het al als getry erger as n moertoe landy, unrepearable niemand wil meer in vandag se lewe bietjie organe skenk nie jong jy moet mos als koop betaal,betaal!!!



Lekke dag
SILENCE I KILL YOU!!!!!!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Molly coated

Post by James Wilson »

Gerard wrote:
ek wou nog n vraag gevra het oor molly coated maar hou nou eerder my bek
Shame, ek dag ek help jou met jou vloermoer en daar gooi jy al jou speelgoed uit jou bababedjie uit.  Jammer man, maar ek het goed bedoel toe ek ges? het dit sal help as jy 'n dikker vel kweek.
ai ou Gerhard, ek sien korporaal is bly korporaal is n korporaal, korporaal! nee wat! verder reageer ek nie op die topic nie. ek is baie jaloers en trots op die waardes en norme wat die jaracal forums het. ek gaan nie bydra dat die forum nog n gunsite SA word nie. alle seen en voorspoed ou gerhard!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Molly coated

Post by Spanner »

Oom Gerard, dankie vir die verduideliking.  Oom se kennis, en deelname aan ons forum word waardeer.

Groete
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Molly coated

Post by Hein M. »

Skolla wrote:
RIEMPIES wrote: Dit sal my agste vrou wees en die loop is nie meer so lekker nie.
Wat van molly coat? ???
Die oom moet dalk daai bobbejaanboud-beklaaier met lopers laai - en so 'n kwartkoppie meer kruit ingooi. 

En as die ou gun moertoe is haal daardie KNUPPEL uit ;)

Sterkte!

Heun M
Last edited by Hein M. on Thu Jan 20, 2011 9:56 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Post Reply