Sertifikaart

Post Reply
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Sertifikaart

Post by grumpy »

Ek wil weet, as ek my baanoffisier kurses deur CHASA gedoen en geskryf het. Kan my sertifikaart terug getrek word omdat ek nie baanfooie by n sekere baan wil betaal nie. Dit is nie ons tak se baan nie. Dis n baan wat ons van gebruik maak. Ek doen al my diensre waar my naam op is. Nou word ek gedreig my sertifikaart sal terug getrek word as ek nie fooie vir die baan betaal nie. Ek gaan skiwt op n baan nader aan my en ook op een van my vriende se plase wat op pad na daai skietbaan is . Ek weier glad nie om my dienste te doen soos op die rooster nie. Die man het net iets teen my en ek weet nie wat. Ek het van die bestaande baanoffisiere se gatte geskop toe ons die toets skryf en ek het 2de hoogste punte gekry. Wat moet ek of kan ek doen? Hy is n kommitee lid. Vra ek n vergadering met die kommitee wat miskien dinge kan vererger want die manne is drink patners of sluit ek aan by n ander tak? My moer is gekoer en verby die rooi met die man wat dink hy is die baas?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sertifikaart

Post by tripodmvr »

CHASA stel die norms en standaarde van hul kursus. Hulle het die sertifikaat aan jou oorhandig synde jy die nodige kennis en vaardigheid getoon het. Geen komiteelid kan dreig om dit te vat tensy hulle jou aankla van wangedrag nie.

Die kwessie gaan oor jou weiering om baanfooie te betaal - los daardie probleem op en dan gaan hulle jou nie dreig oor jou status ni.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Sertifikaart

Post by grumpy »

So jy stel voor ek maar net betaal en stil bly en dit los?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sertifikaart

Post by tripodmvr »

Hoekom wil jy nie betaal nie? As dit ander man se baan is kan hy mos 'n fooi vra om te kom skiet. Indien jy voel hy moet jou verniet laat skiet omdat jy as baanoffisier optree, kan julle so ooreenkom. Ek is gewoonlik 'n baanoffisier by ons SA Jagter skiete en betaal my dagfooi, wat die huur van die baan insluit.

Wat ek wou sê is dat Chasa jou status as baanoffisier waarborg. Jou en die baan eienaar se verskil kan dit nie verander nie. Hy kan seker weier dat jy diens as baanbeampte doen op sy grond. Jul geskil klink dus persoonlik van aard.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Sertifikaart

Post by Gawie(13mm) »

Grumpy, skiet jy op die betrokke baan wanneer jy diens doen as baan offisier? Indien wel moet jy maar die baanfooi betaal, want jy gebruik die fasaliteiete wat daar gestel is.

Indien jy slegs as baanoffisier optree tydens jul klub of vereniging se skietdae en nie aktief deelneem aan die skiet nie sien ek nie hoekom jy hul enige gelde skuld nie.

Wat is jou klub se reling met die skietbaan? Wie moet die baanoffisiere verskaf? Word jy deur jou klub daarvoor vergoed?

Soos Marius sê kan slegs CHASA jou sertifikaat terugtrek agv. wangedrag of oortreding van CHASA se reëls ten opsigte van hul gedragskodes.

Laat jou klub se voorsitter dit uitklaar met die skietbaan se bestuur.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Sertifikaart

Post by Silent Hunting »

Wet van Transvaal.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sertifikaart

Post by tripodmvr »

Silent Hunting wrote:Wet van Transvaal.
Sê 'n Vrystater nogal.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Sertifikaart

Post by grumpy »

Ons moet doens doen eerste 2 Saterdae van die maand. Dis die reeling. As ek moet diens doen vir ons vereeniging dan is ek daar. Ek staan soms in vir andet manne wat vra of wil ruil maar is altyd daar as ek daar moet wees.
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Sertifikaart

Post by Silent Hunting »

Klink of jy dan maar gaan moet betaal vir elke naweek wat jy daar is.

Die 'Diens" doen deel is tussen jou en jou klub. As jy so sterk voel dat jy gratis moet kan skiet as jy gewerk het, moet jy maar jou klub versoek om namens jou te betaal.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Sertifikaart

Post by grumpy »

Ek was nog nie weer op doe baan nie en gaan skiet op n vriend se plaas buite Springs.ek gee glad nie om om my dienste te doen opdie rooster nie. Ek gaan betaal maar kyk omby n ander tak aan te sluit. Ek het my sertifikaart deur CHASA gedoen en nie Blesbok skietbaan nie.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Sertifikaart

Post by Nickvn »

Ek verstaan nog nie hoekom jy nie baanfooie wil betaal nie. Verduidelik asb?
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Sertifikaart

Post by grumpy »

Want ek maak nie gebruik van die baan nie maar sal steeds my dienste doen as ons vereeniging daar skiet die eerste 2 Saterdae van die maand! Ek skiet op n ander plek.

Ek sal dit maar betaal. Sal my nie armer maak nie. Ek is ook nie deel van die drink span nie. Seker die grootste rede!!!!
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Sertifikaart

Post by NEGE3 »

Indien jy die Eenheid Standaard 123516 kwalifikasie verwerf het en by Sasseta geregistreer is as 'n Baan Offisier kan enige persoon wat reken jy maak jou skuldig aan wangedrag jou verkla. Let wel wangedrag.
Groete,
Koos de Beer
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Sertifikaart

Post by ROBBIE1 »

Johan as ek jou nou reg verstaan, tree jy op as n baan beampte, en skiet nie self nie, maar die eienaar wil he jy moet ook betaal, al skiet jy nie, is dit nou reg?

Ek dink ook nie ek sou betaal het nie, dis nou taamlik logies, jy doen hom in werklikheid n guns, hy moet jou betaal! Waar is sy baan beamptes dan? Ontrek by jou klub van daai baan af, se die voorsitter jy sal by n ander baan diens doen man.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sertifikaart

Post by tripodmvr »

By ons skiete geld die reël dat slegs 'n deelnemer betaal. 'n Baanbeampte word verwelkom synde hy werk doen vir die dag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Sertifikaart

Post by Nickvn »

Iets hier maak nie sin vir my nie. Laat ek sien of ek dit reg verstaan.

Jy is lid van n klub waar julle skiet op n privaat ou se baan. Jy self skiet nie daar nie maar doen net diens as RO op die baan. Jy self skiet op iemand anders se plaas en nie op die klub se baan nie. Jy is nie gelukkig met hoe hulle jou hanteer nie en voel dat jy moet betaal vir iets wat jy hulle mee help. Daar is n kliek by die klub wat jy nie van hou nie. Jy het n argument aan met hulle oor betaling / baanfooie.

Hoekom is jy nog daar?

Dit is duidelik dat jy nie gelukkig daar is nie. Jou klub is soos jou tweede huis. Jy moet gelukkig daar wees en wedersydse respek is baie belangrik. As jy nie by jou klub skiet nie hoe kwalifiseer jy vir toegewyde status ens.?

Ek weet wat ek sal gedoen het as ek my in jou skoene bevind het. Ek sou al lankal na n ander klub gaan soek het wat my en my dienste aan hulle waardeer. Sterkte en groete
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Sertifikaart

Post by Marc »

But why ??? Hoekom sal jy weier om te betaal as jy van n ander man se geriewe wil gebruik maak. Oor jy RO is beteken seker nie dat jy die geriewe gratis mag gebruik nie. Ek weet van geen offisiele baan waar jy verniet gaan skiet nie, self al dra jy n RO kwalifikasie en help uit nou en dan, jy gaan steeds moet betaal as jy die baan wil gebruik...of verstaan ek jou nou verkeerd

Om RO te wees is n liefdadigheids ding, mens doen dit oor jou hart in skiet is en jy graag ander wil help om hulself te bevorder op die skiet leer. Dis nie n mags posisie waar jy skielik toegang het tot die tolle meet tafel nie en as jy so daaroor voel het jy die kursus vir die verkeerde redes gedoen (nou praat ek in die algemeen)

Hoop regtig jy kry dit uitgesorteer mater, hoe bome vang baie wind en nou dat jy RO gekwalifiseer is gaan baie mense jou foute uitwys en nie skroom om jou pak te gee daaroor nie, hulle weet mos nou dis maklik om jou te raporteer en die manne daar bo gaan jou vereker hier onder wiks. Wees maar die beter mens betaal vir jou gebruik reg op die baan, dis dog niks minder as reg nie.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Sertifikaart

Post by PWV »

Oplossing is eenvoudig. Soos Nick hier noem, bly net weg van die baan af. Moenie meer daar optree as BO nie.
Jy het mos 'n skietplek. As jou klub jou daar as BO wil he, moet jou klub die storie uitsorteer.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Sertifikaart

Post by Hein22 »

Naand Johan. Aangesien ek ook offisier op die baan isen deur dieselfde moes gaan kan ek dalk help verduidelik. Die jag vereniging en skiet baan is twee verskillende liggame en word appart bestuur. As jy lid is by die een is jy nie outomaties lid by die ander nie.

Die jag vereniging gebruik slegs die baan. Om as baan offisier op te tree het voordele bo normale lede onder andere om op enige tyd die baan te kan gebruik. Deel van die baan se reels is egter om as RO op te tree en dan ook die die voordele te geniet moet jy 'n opbetaalde lid wees. Dus kan hulle nie jou kwalifikasie by jou wegvat nie maar wel jou voordele as RO wegvat. Dit het ook iets met versekering van hulle lede wat as RO optreete doen. As iemand seerkry terwyl jy op diens is dan is jy gedek vir 'n seker bedrag geld om hofsake ens te cover.

Ek weet nie met wie jou uitval was nie en ek ken nou nie heeltemal die ins en outs nie maar miskien moet jy dit met Johan bespreek.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Sertifikaart

Post by grumpy »

Naand Hein, Dit is met hom wat ek die problem het. Ons moet lid wees van SAGA wat ek wel is. Dit is waar die dekking in kom. Ek is verlede jaar al op betaal vir die jaar. Ek was die eerste een wat betaal het vir 2015. Ek gaan skiet op n maat se plaas. As ek gebruik wil maak van die baan dan sal ek my dagfooi betaal maar ek sal nie. Ek sal ook my diens doen soos my naam op die rooster is. Ek vat net nie my wapens saam nie.
Post Reply