.270 vs .303 Trajek en Koste vir die geleentheids jagter

Post Reply
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

.270 vs .303 Trajek en Koste vir die geleentheids jagter

Post by dehacked »

Ek stap gister in 'n geweer winkel in en sien 'n .303 No4 mk2 wat op die oog af in puik toestand is vir N$ 4000. Nou ja ek het reeds 'n .303 en 'n .270 maar ek wonder toe hoeveel mense sal eerder verby die .303 kyk aangesien hy 'n "boog" skiet. My uitgangs punt is daar is baie mense wat graag wil jag maar nie kans sien om 12-15k te betaal vir 'n geweer wat hy vir een of 2 bokke 'n jaar gaan gebruik nie en eerder verby die ou goed kyk gebaseer op wat 'n verkoops man hom vertel.
Ek gaan loer toe so 'n bietjie op die interweb en vergelyk die .270 en .303 met 150gr punte en die trajek verskil tot op 200 jaarts is slegs 0.85 duim. Kyk die feit is die ou gewere se ammunisie is skaars en is nie so akkuraat soos die nuwe goed nie maar as jy 'n 4 duim groep op 100m kan skiet glo ek jy sal meeste wild "eties" kan jag met blad skote. Hel ek is sommer lus en koop daardie .303 ook net vir oop visier jag. :)
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: .270 vs .303 Trajek en Koste vir die geleentheids jagter

Post by Viking »

KOOP hom - daar is geen snobisme in die jagveld nie!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: .270 vs .303 Trajek en Koste vir die geleentheids jagter

Post by Hein M. »

;D

Dit is die "wyshede," van dikwels oningeligtes, wat gewere verkoop... Die meeste van hulle staan agter 'n toonbank. Glo my - hulle word geglo!
User avatar
Philip J
Hero Member
Hero Member
Posts: 925
Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm

Re: .270 vs .303 Trajek en Koste vir die geleentheids jagter

Post by Philip J »

Met oordentlike koeëls en 'n bietjie moeite, is daar geen rede hoekom 'n 303 nie sub MOA kan skiet op 100m nie. Tensy die loop dalk geslyt is.
Groetnis
Philip
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: .270 vs .303 Trajek en Koste vir die geleentheids jagter

Post by Ratel »

My 303 en die bruin boksie 174gr PMP het vir baie jare die biltong huis toe gebring. Nou rus die ou gradeboog. Lees maar bl 12 van die Somchem handleiding oor die 303Br. Ek stem saam met Hein. Moet byse dat kennis van die veld, kennis van jou geweer se trajek, oefening en skootplasing nie vervang kan word deur die beste kalibers nie. Probleem is gewoonlik 6 duim agter die teleskoop. Maak miskien net eers seker die betrokke roer is nie 'n afgeleefde probleem nie. Kry maar eers 'n opinie oor die toestand van die loop ens.
Maak 'n verskil
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: .270 vs .303 Trajek en Koste vir die geleentheids jagter

Post by NEGE3 »

Probleem is ook dat daar is baie min 303's met splinternuwe lope soos 270's. As ek 'n nuwe Howa vir R8K teenoor 'n 100 jaar oue Enfield vir R4K aan 'n klient moet verkoop is die besluit nie so maklik nie. Ek staan ook soms agter die toonbank en die klient maak maar aan die einde van die dag sy eie besluit.

NS. Ek het niks teen 303's nie. Skiet self een maar mens moet maar appels met appels vergelyk.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: .270 vs .303 Trajek en Koste vir die geleentheids jagter

Post by Hein M. »

Ja. Die toestand en tipe geweer is 'n ander storie.

'n Militêre 303 kan 'n blik vol wurms wees as jy hom wil laat aanpas... Dieselfde as wat my vrou van perdekoop sê: Die koop van die perd is die goedkoop deel ;)

Met die kaliber is daar beslis nie veel fout nie.
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: .270 vs .303 Trajek en Koste vir die geleentheids jagter

Post by NEGE3 »

Stem saam Hein. Indien jy die ou 303 dan wil gebruik vir verder afstande moet jy 'n teleskoop laat pas. Die ou kolwe is glad nie ontwerp vir die applikasie nie. Nou begin jy spandeer. Nuwe kolf, loop afsny en kroon, boor en tap vir basis en dan heelwaarskynlik herblou. Sommer gou is die rekening R8k plus die aankoop prys van R4k. Met dieselfde bedrag kon jy 'n splinternuwe geweer en teleskoop aangekoop het.
Indien jy 'n 303 teen 'n goeie prys kry wat alreeds die verandering deurgaan het is dit verseker 'n ander storie.
Groete,
Koos de Beer
Post Reply