Stoor katte

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Skaaphond
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Mon Jun 23, 2014 4:31 pm

Stoor katte

Post by Skaaphond »

Die van julle wat stoor katte het, gee julle ooit ekstra kos? Indien wel, wat gee julle? Ons het tot dusver maar sommer Epol of ander goedkoop kat korrels gegee, maar die katte begin jou lekker aanteel in ipv 'nsak 'n maand trek ons nou al by twee sakke met geen einde in sig. My Ma se in die ou dae het die plAas mense Epol meel gevoer, maar dit blyk nie meer te bestaan.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Stoor katte

Post by johans »

ek gooi elke dag maar bietjie katpille,maar nie teveel nie anders vang hulle nie meer muise nie.as die katte teveel raak maak ek hulle maar minder
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Stoor katte

Post by Supacow »

Voer hul ssg. Werk uitstekend as die getalle te veel word.
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Stoor katte

Post by Finfan »

Supacow wrote:Voer hul ssg. Werk uitstekend as die getalle te veel word.
:): :laugh:
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Stoor katte

Post by douw »

Ek het 3 stoorkatte. Vir dit wat hul vir my werd is, koop ek met graagte vir hul katkos, die goedkoopste wat ek op 'n gegewe plek en tyd kan kry. Ek gooi net elke oggend so bietjie vir hulle. Al 3 katte is "reggemaak" as een iets sou oorkom, sal ek maar weer iewers 'n gratis katjie kry en weer laat "regmaak"
User avatar
tgg
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm

Re: Stoor katte

Post by tgg »

Ja , ons het vandag n klient se trokkie gewerk wat of sy stoorkatte te veel voer of nie het nie. die muisnes daar diep in die trokkie was nogal redelik groot, die drade was ook meestal kaal en baie sommer morsaf.

dalk het hy die ssg voer .

So n kat of 3 het seker n doel
Post Reply