Lisensie afgekeur - wat nou?

Post Reply
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Lisensie afgekeur - wat nou?

Post by MJK »

Middag almal.

Lisensie is afgekeur agv "toegewyde sportskut sertifikaat" en Toegewyde jagter sertifikaat wat "verval" het. Dit was nie die geval 2 maande gelede gewees met die indien van dieselfde bewyse nie... >:D >:D

Bel DFO - wat is prosedure - haar aanbeveling is om nuut weer aansoek te doen ipv die appel prosedure.. :confused: Kan mens dit doen?

Jul aanbevelings asb
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Lisensie afgekeur - wat nou?

Post by DWB »

Of sorg dat jou sertifikate op datum is en dien dit in.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Lisensie afgekeur - wat nou?

Post by Sarel »

Ondervinding van die manne op die forum is, dien nuwe aansoek in. Dit is vinniger
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Lisensie afgekeur - wat nou?

Post by jamalley »

Ek stem saam, dien jou aansoek van voor af in.
Delrico
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri May 18, 2012 8:46 am

Re: Lisensie afgekeur - wat nou?

Post by Delrico »

Die SAP soek nou wat hulle noem 'n artikel 16 brief vanaf SA jagters wat bevestig dat jou detail nog reg is as die sertifikate lank gelede uitgereik was. Kontak die SAJWV. Hulle reik dit binne minute uit. Jou DFO moes jou in kennis gestel het by die indiening van die aansoek. Myne het en ek het my lisensie binne 6 weke gehad.
User avatar
MJK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 466
Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm

Re: Lisensie afgekeur - wat nou?

Post by MJK »

Dankie Manne

Delrico, het alreeds die nodige briewe van Kaapjag gekry. Die stelsel het verander - ek het 2,5 maande gelede aansoek gedoen, die ou sertifikaat en bewyse dat elke jaar status behou het en het liksens binne 4 weke in my hand gehad.... Ek het 2 boedel wapens gekoop - die haelgeweer is voor ander een ingedien weens probleme op ou kaartjie...

Nou nie hierdie keer nie. DFO het nie geweet van die verandering nie... >:( . Sherbet, nou weer foto's neem, pakkie saamstel, vingerafdrukke, ens ens en R280!
Delrico
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Fri May 18, 2012 8:46 am

Re: Lisensie afgekeur - wat nou?

Post by Delrico »

Dis sulke dinge wat maak dat ek my splinternuwe Woolworths onderbroek afskryf. Sterkte ou maat.
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Lisensie afgekeur - wat nou?

Post by Kallie Fernhout »

Saam met nuwe aansoek doen sommer n tydelike een ook
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Lisensie afgekeur - wat nou?

Post by jamalley »

Artikel 16 (2) Die Registrateur kan 'n lisensie ingevolge hierdie artikel uitreik aan enige natuurlike persoon wat 'n toegewyde jagter of toegewyde sportpersoon is indien die aansoek vergesel gaan van 'n beëdigde verklaring of plegtige verklaring van die voorsitter van 'n geakkrediteerde jagvereniging of sportskietorganisasie, of iemand skriftelik deur hom of haar gedelegeer, wat verklaar dat die applikant 'n geregistreerde lid van daardie vereniging is.

Ek gee sommer vir die manne van Vrystaat Jagters, wat dit versoek 'n beëdigde verklaring, maar Chasa het 'n hele aantal gedelegeerdes, by elke lidvereniging wat endossemente uitreik en wat presies dieselfde aspekte dek, dws wat bevestig dat persoon nog steeds geregistreerde lid van die vereniging is, 'n Toegewyde Jagters is. In die Vrystaat wil hulle, volgens my, al vir 'n paar jaar nie aansoeke van Toegewyde Jagters of Toegewyde Sportspersone aanvaar sonder dieselfde nie.
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Lisensie afgekeur - wat nou?

Post by JAGTERSREG-JRM »

MJK wrote:Middag almal.

Lisensie is afgekeur agv "toegewyde sportskut sertifikaat" en Toegewyde jagter sertifikaat wat "verval" het. Dit was nie die geval 2 maande gelede gewees met die indien van dieselfde bewyse nie... >:D >:D

Bel DFO - wat is prosedure - haar aanbeveling is om nuut weer aansoek te doen ipv die appel prosedure.. :confused: Kan mens dit doen?

Jul aanbevelings asb

Nuwe aansoek is die vinnigste en beste roete wat belangrik is is die lidmaatskap sertifikaat, toegewyde sertifikate en "Letter in good standing" verskoon die engels. Weet van paar manne wat al in daardie gat getrap het plaas die klomp skakel jou net. Hulle het my n lui gegee en aansoek vir dag teruggehou en ek het die doks gestuur en lisensie is goedgekeur.
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
Post Reply