wat is die skuldige?
-
.skaapboer308
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Tue Sep 30, 2014 9:11 am
Re: wat is die skuldige?
Daar was een hy kry ook niks reg nie!
-
Bielie
- Jr. Member

- Posts: 82
- Joined: Mon Oct 20, 2014 2:49 pm
Re: wat is die skuldige?
Skaapboer ek volg die draad en elke keer as ek nuwe post lees hoop ek jy het hom gekry! Al wat ek kan se is dat jy nie nog skaap kan of mag verloor nie,so stel hokke,kameras ens! Ek is nou al lus en klim in my bakkie om jou te kom help want die "ding" wat jou so skade maak moet nou sy gat sien!
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: wat is die skuldige?
Skaapboer kan jy nie die skape in die spesifieke kamp vir n week kraal en dan ysters stel nie.Groete Pieter
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: wat is die skuldige?
Pieter ek het ook so gedink. Maak ñ tydelike kraal en jaag die skaap saans in. Hy sal in die kraal ook vang as hy eers so bederf is.Stel dan by die hoekpaal wat van hout moet wees. Hy sal daar oorklim. Mens kan dan makliker voorsit ook.
Of hoe dink jy waar sal die beste plek wees?
Of hoe dink jy waar sal die beste plek wees?
-
.skaapboer308
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Tue Sep 30, 2014 9:11 am
Re: wat is die skuldige?
Die probleem is dat daar 3 troppe loop wat almal lam. Al kom ek vinnig genoeg krale maak sou dit nogsteeds n nagmerrie wees om die ooie en lammers bymekaar te hou. Dis jong ooie wat die eerste keer lam en hulle los maklik hul lammers as hul geskuif word, maar ek luister na enige raad!!! Ek begin nou al jakkals ook vermoed omdat die lammers tot op die been gevreet word
-
Bielie
- Jr. Member

- Posts: 82
- Joined: Mon Oct 20, 2014 2:49 pm
Re: wat is die skuldige?
Dink ook dis baie goeie idee om skaap te skyf want hy is nou al so lekker bederf dan kan ou hom inwag? Hy sal verseker hulle volg na die kraal want alles is mos net te lekker! Jy sal net tot die oggend ure moet sit klink vir my na laat slaper die?
Last edited by Bielie on Sun Nov 23, 2014 7:41 pm, edited 1 time in total.
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: wat is die skuldige?
Skaapboer ek verstaan jou probleem met die 3 troppe en Jong ooie.Jy kan nie dalk n 30 of so afkeer en in die spesifieke kamp kraal nie.Die res na n ander kamp skuif nie.
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: wat is die skuldige?
222Sako ysters op hoeke en selfs sye kan werk.
-
.skaapboer308
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Tue Sep 30, 2014 9:11 am
Re: wat is die skuldige?
Dit lyk maar of kraal my voorland is. Die ding loop vroeg in die oggend, want soos ek se het die stoom nog uit een van die lammers getrek toe ek vanoggend vroeg daar kom. JUlle manne dink nie dis dalk jakkals nie?
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: wat is die skuldige?
By my het hy al n Klein lam gevreet en 50m verder n groter lam net dood gebyt.
-
.skaapboer308
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Tue Sep 30, 2014 9:11 am
Re: wat is die skuldige?
hy byt by my n hele paar so net dood en los hulle dan, maar die wat gevreet is, is tot op die been gevreet
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: wat is die skuldige?
Tot binne in ribbekas ?
-
.skaapboer308
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Tue Sep 30, 2014 9:11 am
Re: wat is die skuldige?
net so. derms en al. dis hoekom ek dink jakkals?
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: wat is die skuldige?
Klink vir my ook so.
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: wat is die skuldige?
Bytmerke behoort jou ook goeie idee te gee.Groete
-
222 Sako
- Full Member

- Posts: 224
- Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am
Re: wat is die skuldige?
Kat vreet nie derms nie. Stem ook vir jakkals dan, hy kan na die kat gevang het kom aas ook het ek al gekry.
As jy hom nie geroep kry is die helikopter ook duur opsie wat ook nie altyd werk nie. Jy kan dalk vir Turfjakkals hier op die forum pm om te hoor van spoorhonde in jou omgewing.
Groete.
As jy hom nie geroep kry is die helikopter ook duur opsie wat ook nie altyd werk nie. Jy kan dalk vir Turfjakkals hier op die forum pm om te hoor van spoorhonde in jou omgewing.
Groete.
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: wat is die skuldige?
Skaapboer,
As die stoom nog in die oggend uittrek, staan 2h00 op en gaan sit hom voor
Smirre
As die stoom nog in die oggend uittrek, staan 2h00 op en gaan sit hom voor
Smirre
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: wat is die skuldige?
Aai, ek hou hierdie draad dop, hoop as ek weer hier kom lees is die ding geskiet of gevang. Sterkte.
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 836
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: wat is die skuldige?
Hallo Skaapboer,
Die enigste is om deurnag vir hom te wag. 24h00 oppak is heeltemal te vroeg.
Ek het so paar weke gelede die situasie gehad waar ek so 'n skelm jakkals gaan voorsit het by die skape en ek het heelnag gewag en hom eers 04h45 met dagbreek geskiet.........terwyl hy besig was om die lam dood te byt.
Hoop jy kry hom gou.
Groete
Johan
Die enigste is om deurnag vir hom te wag. 24h00 oppak is heeltemal te vroeg.
Ek het so paar weke gelede die situasie gehad waar ek so 'n skelm jakkals gaan voorsit het by die skape en ek het heelnag gewag en hom eers 04h45 met dagbreek geskiet.........terwyl hy besig was om die lam dood te byt.
Hoop jy kry hom gou.
Groete
Johan

