My ou .308. Help asseblief

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

My ou .308. Help asseblief

Post by Speelmansjagter »

Halo mense.
Ek het al van te vore oor my .308 gepost.
Alec het my baie mooi gehelp en miskien kan jy weer my verder raad gee asseblief, maar ek post dit maar hier waar almal kan sien en saam praat.
Die twee node/spoed wat ek ontavang het om te probeer was volgens QL as volg:
Node 4 met 45gr S335 teen 2815fps WAT BITTER NABY AAN MAKS IS.
Node 5 met 41,3gr S335 teen 2815
Ek het goeie groepering met die laasgenoemde lading gekry, maar die spoed en alles wat daarmee gepaard gaan was nie na wense nie en ek het toe maar probeer om stadig na die 45gr toe te laai.
Ek het by hierdie node uitgekom sonder dat ek enige tekens van druk op my doppe of primers kon sien en my slot het met die selfde gemak oop gemaak, maar die spoed was ver oor die wat aangedui is. Ek verstaan hoe dit kan gebeur met die dat gewere fisiese verskille het.
Wat ek nou eintlik wil weet is of die lading veilig is?
Ek het gesien wat Wouter nou onlangs gepost het oor te veel druk, maar ek weet nie presies hoe om dit met my situasie te vergelyk nie.
Ek gee weer al die informasie deur met die nuutste ladings wat ek probeer het.

Geweer: CZ 550 varmint
Kaliber: .308 win
Loop lengte: 651mm of 25,6299 duim
Dop: Lapua
Dop H2O kapasiteit: 55,54grn
Tipe koeel: 155gr hornady a-max
Kruit: S335 Lot:706
TPL: MAX=73, maar beplande tpl=72 a.g.v magasyn
Primers: CCI large rifle no. 200
Ladings met spoed wat ek geskiet het:

41.3gr S335 teen 2635fps, 2630fps, 2630fps (goeie groepering)
43gr S335 teen 2781fps, 2788fps, 2779fps
44gr S335 teen 2878fps, 2862fps, 2850fps
45gr S335 teen 2938fps, 2953fps, 2927fps (nie 'n wonderlike groepering nie)

Sien uit om die reaksies te lees.
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: My ou .308. Help asseblief

Post by tripodmvr »

Ek wil die inligting weer herhaal. Wanneer QL 'n lading en spoed bereken is die spoed die een wat verkry moet word. Die lading is ondergeskik daaraan. In jou geval het jy reeds met die 44gr lading die spoed by verre oorskry. Die 45gr lading het druk van amper 70K psi gegenereer. Hier is nou 'n beter berekening omdat meer inligting nou beskikbaar is. Probeer die 43.3gr en kyk na spoed en groep. Jy kan nou self sien waar druk is met die getalle onder. Jy kan dan met 0,1gr aanpas om die spoed reg te kry.
Speelmansjagter 308 Amax 155 Node 4.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: My ou .308. Help asseblief

Post by Speelmansjagter »

Dankie Tripod.
So jy se ek moet mik vir 'n spoed van 2826fps en behoort dan veilig en akkuraat te wees?
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: My ou .308. Help asseblief

Post by tripodmvr »

Dit is wat die syfers vir my sê. Alec se 2815 was baie naby met die min inligting wat aanvanklik gegee is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: My ou .308. Help asseblief

Post by Nickvn »

Dit is net soos Tripod daar se.
Ek skiet my Tikka .308 met 24" loop en 155gr Lapua teen 2830 fps wat dan op n node is en ook net binne max druk.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: My ou .308. Help asseblief

Post by cassie_calvinia »

308 skiet beste as hy stadig skiet. skiet 2650f/s, dope hou, 10mm groepe op 200m.
het ook eers gegaan vir sie spoed, maar, my geweer, 308, is nie gelukkig daar nie.
toe bring ek hom 'n node af. jy sukkel om nie een gat op 100m te skiet nie.
en, my goepe op 800m was ook beter.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: My ou .308. Help asseblief

Post by alecjohnson »

speelmansjagter wrote:Halo mense.
Ek het al van te vore oor my .308 gepost.
Alec het my baie mooi gehelp en miskien kan jy weer my verder raad gee asseblief, maar ek post dit maar hier waar almal kan sien en saam praat.
Die twee node/spoed wat ek ontavang het om te probeer was volgens QL as volg:
Node 4 met 45gr S335 teen 2815fps WAT BITTER NABY AAN MAKS IS.
Node 5 met 41,3gr S335 teen 2815
Ek het goeie groepering met die laasgenoemde lading gekry, maar die spoed en alles wat daarmee gepaard gaan was nie na wense nie en ek het toe maar probeer om stadig na die 45gr toe te laai.
Ek het by hierdie node uitgekom sonder dat ek enige tekens van druk op my doppe of primers kon sien en my slot het met die selfde gemak oop gemaak, maar die spoed was ver oor die wat aangedui is. Ek verstaan hoe dit kan gebeur met die dat gewere fisiese verskille het.
Wat ek nou eintlik wil weet is of die lading veilig is?
Ek het gesien wat Wouter nou onlangs gepost het oor te veel druk, maar ek weet nie presies hoe om dit met my situasie te vergelyk nie.
Ek gee weer al die informasie deur met die nuutste ladings wat ek probeer het.

Geweer: CZ 550 varmint
Kaliber: .308 win
Loop lengte: 651mm of 25,6299 duim
Dop: Lapua
Dop H2O kapasiteit: 55,54grn
Tipe koeel: 155gr hornady a-max
Kruit: S335 Lot:706
TPL: MAX=73, maar beplande tpl=72 a.g.v magasyn
Primers: CCI large rifle no. 200
Ladings met spoed wat ek geskiet het:

41.3gr S335 teen 2635fps, 2630fps, 2630fps (goeie groepering)
43gr S335 teen 2781fps, 2788fps, 2779fps
44gr S335 teen 2878fps, 2862fps, 2850fps
45gr S335 teen 2938fps, 2953fps, 2927fps (nie 'n wonderlike groepering nie)

Sien uit om die reaksies te lees.

hoe lyk die groepe nou met die nuwe berekening van oom driepoot?
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: My ou .308. Help asseblief

Post by Boesman10 »

tripodmvr wrote: Wanneer QL 'n lading en spoed bereken is die spoed die een wat verkry moet word. Die lading is ondergeskik daaraan.
@tripodmvr - Hierdie is nou iets nuuts vir my. Ek het altyd gereken dat na jy QL ge-kalibreer het met jou lading en spoed vanaf die Chrony en jy die berekeninge gedoen het om by die regte node uit te kom dan is die lading die een waarna jy toe moet werk.

Jou stelling dat die lading ondergeskik aan die spoed is maak baie sin.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: My ou .308. Help asseblief

Post by Speelmansjagter »

Alec. Ek moet nog probeer. Ek het heeldag mense gehad vandag, so ek sal ongelukkig eers saterdag weer skietbaan toe gaan, maar ek sal jou laat weet.
Baie dankie.
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: My ou .308. Help asseblief

Post by tripodmvr »

Boesman10 wrote:
tripodmvr wrote: Wanneer QL 'n lading en spoed bereken is die spoed die een wat verkry moet word. Die lading is ondergeskik daaraan.
@tripodmvr - Hierdie is nou iets nuuts vir my. Ek het altyd gereken dat na jy QL ge-kalibreer het met jou lading en spoed vanaf die Chrony en jy die berekeninge gedoen het om by die regte node uit te kom dan is die lading die een waarna jy toe moet werk.

Jou stelling dat die lading ondergeskik aan die spoed is maak baie sin.
Ons kalibreer vanaf 'n lae druk en soos die druk toeneem neem die brandtempo nie altyd reglynig toe nie. In Jagter se geval is dit ook so en het die 45gr lading se BRF so verander dat die 44gr lading se spoed weer nie ooreengestem het nie. Selfs tussen die 43 en 44r ladings is daar nie 'n egalige toename in spoed nie en daarom dat die 43,3gr wat aanbeveel word moontlik of te hoog of te laag kan wees en verdere aanpassing moontlik gemaak moet word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: My ou .308. Help asseblief

Post by Speelmansjagter »

Ek like nou die. Weereens dankie. leer baie.
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
Post Reply