Teleskope vir gevaarlike wild
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7550
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Teleskope vir gevaarlike wild
Hallo Manne
Ek begin hierdie draad om so bietjie meer die spesifieke aplikasie teleskoop te bespreek. Natuurlik is daar persoonlike voorkeure verbonde aan vervaardigers maar ek sal graag hierdie gesprek ook wil gebruik om te hoor wat julle vereistes is aan so n teleskoop. Wil julle bv n verligte kruishaar he? Wat se kruis hou julle van? Wat moet die minimum FOV wees? Wat se buis dikte moet die teleskoop he? Minimum eye relief ens ens.
Hoor graag julle gedagtes in die verband.
Groetnis
Wouter

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6970
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Jis Wouter, My Tasco se boks het nie al daai goed op nie man? Waar kan ek dit kry?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7550
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Deon
Ek dag jy drink nie?
Kom maan praat bietjie saam!
Groetnis
Wout
Ek dag jy drink nie?
Groetnis
Wout
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6970
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Net uit my beperkte persoonlike ondervinding geniet ek my Leupold VX-R 2-7x33 met die Firedot 4 (German no4) kruishaar.
Op 2 vergroting skiet ek gemaklik na bewegende teikens en ek voel daai Firedot gee my 'n voorsprong as dit by kompetisies kom. Jou oog hoef nie vir 'n swart kruis op 'n vinnig bewegende donker teiken te soek nie. Jy gooi hom daar waar die kol is!
Ek hou van die 30mm buis, dit lyk vir my mooi en met my vorige Lynx ook in 30mm Tube met die 24mm voorste lens het daar genoeg lig deurgekom sodat ek mooi kon sien.
Ek beplan nie om tans 'n teleskoop op die 404 te sit nie, maar as ek moet sal ek graag na een van die Aimpoint Mini of Trijicon RMR tipe goed wil kyk.
Op 2 vergroting skiet ek gemaklik na bewegende teikens en ek voel daai Firedot gee my 'n voorsprong as dit by kompetisies kom. Jou oog hoef nie vir 'n swart kruis op 'n vinnig bewegende donker teiken te soek nie. Jy gooi hom daar waar die kol is!
Ek hou van die 30mm buis, dit lyk vir my mooi en met my vorige Lynx ook in 30mm Tube met die 24mm voorste lens het daar genoeg lig deurgekom sodat ek mooi kon sien.
Ek beplan nie om tans 'n teleskoop op die 404 te sit nie, maar as ek moet sal ek graag na een van die Aimpoint Mini of Trijicon RMR tipe goed wil kyk.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7550
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Deon
Dink jy dit is nodig vir n 30mm buis? Dink jy die voordele daarvan is nodig op n DG geweer?
Groetnis
Wout
Dink jy dit is nodig vir n 30mm buis? Dink jy die voordele daarvan is nodig op n DG geweer?
Groetnis
Wout
- toelie
- Hero Member

- Posts: 926
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Ek het n Aimpoint op my 375R en moet se ek is meer as gelukkig met hom, gooi 3 skote op die buffel tabel in 7 sekondes en sukkel glad nie om op volg skote te doen nie. Wat regtig vir my lekker werk daar is dat die teleskopie geensins n vergroting in het nie so kan met beide oe oop skiet en sukkel ook nie met eye relieve nie weensens geen vergtoring nie. Dit is n dodelike kombinasie vir my as ons varke jag tel net op laat die rooi kolletjie vas suig op die vark en gooi lood.
Groete
Groete
Last edited by toelie on Mon Nov 17, 2014 12:57 pm, edited 1 time in total.
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Wouter ek het twee voorstelle om te maak.
Die March 1-10x24 Hunting is vir my n goeie opsie vir dangerous game.Man kan hom ook later vir verder skote gebruik vir plains game jag ook.
Die duurder opsie is die ook die 1-10x24 Tactical wat bietjie meer offer.Hier is die twee links.
http://marchscopes.com/hunting-1-10-x-24-scopes.html
http://marchscopes.com/tactical-1-10-x-24.html
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/MARCH%201-10X24%20Hunting/Edited_zpsf1e526ae.jpg~original[/image]
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/MARCH%201-10X24%20Hunting/IMG_1242_zpsfcd4f00c.jpg~original[/image]

Last edited by G-force on Mon Nov 17, 2014 2:02 pm, edited 1 time in total.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- Ralph Badenhorst
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Dagse oom WouterWouter Roets wrote:Hallo Manne
Ek begin hierdie draad om so bietjie meer die spesifieke aplikasie teleskoop te bespreek. Natuurlik is daar persoonlike voorkeure verbonde aan vervaardigers maar ek sal graag hierdie gesprek ook wil gebruik om te hoor wat julle vereistes is aan so n teleskoop. Wil julle bv n verligte kruishaar he? Wat se kruis hou julle van? Wat moet die minimum FOV wees? Wat se buis dikte moet die teleskoop he? Minimum eye relief ens ens.
Hoor graag julle gedagtes in die verband.
Groetnis
Wouter
Ek moet se dat beide Leupold(VX-6 1-6x24mm) en Swarovski se "DG tiepe" teleskope mooi werk maar deesdae beveel ons vir klient die Kahles Helia C 1.1-4x24 met n Ill C-dot ook aan. My pa gaan nou een op sy 450-400 NE dubbel sit.
Magnification : 1.1-4x
Objective lens diameter (mm) :24
Field of view (m @ 100 m) :37-10.6
Exit pupil (mm) :10.5-6
Eye relief (mm) :90
Diopter compensation (dpt) :+2/-3.5
Twilight factor:3.5-9.8
Impact point correction per click (mm @ 100m) :15
Elevation / Windage adjustment range (m @ 100m) :3.7
Tube dia. (mm) :30
Length (mm) :276
Weight (g) :415
Persoonlik dink ek die Khales se glas is vir my baie helderder as die Leupold en is aansienlik goedkooper as die Z6i en Leupold.
Groete
Ralph
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6970
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Wat prys hulle Ralph?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Ralph Badenhorst
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Ek sukkel om die invoerders in die hande te kry - ek dink hulle is op ete. Leupold(VX-6 1-6x24mm) verkoop so rond R15-16k Z6's is R20K++ en ek sien optics international verkoop Khales vir R10-11KDWB wrote:Wat prys hulle Ralph?
Sal jou laatweet
Groete
Ralph
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
G-force wrote:Wouter ek het twee voorstelle om te maak.
Die March 1-10x24 Hunting is vir my n goeie opsie vir dangerous game.Man kan hom ook later vir verder skote gebruik vir plains game jag ook.
Die duurder opsie is die ook die 1-10x24 Tactical wat bietjie meer offer.Hier is die twee links.
http://marchscopes.com/hunting-1-10-x-24-scopes.html
http://marchscopes.com/tactical-1-10-x-24.html
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/MARCH%201-10X24%20Hunting/Edited_zpsf1e526ae.jpg~original[/image]
[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/MARCH%201-10X24%20Hunting/IMG_1242_zpsfcd4f00c.jpg~original[/image]
Net so!
- 200MOA windage en elevasie verstelling.
- 30mm Tube vir ekstra rigiditeit (sp.?)
- 98mm Eye relief.
- True 1x vir die ruigtes.
- 10x vir die langer skote.
- Benchmark glas kwaliteit. Nee, ek sê nie so nie, 6mmBR.com sê so.
http://www.6mmbr.com/optics.html
Nou wel oor die 40x52BR, maar al March se teleskope se kwaliteit is die selfde.
Hulle het nie 'n budget reeks, en 'n duurder reeks nie.
March 40x52 BR
Pros: Benchmark level resolution, lack of distortion and brightness out to the edges. Noticeably superior and brighter at the edges of image to the Leupold Comp BR scopes. Tracking reliability may be the best ever offered to the public in a scope with active internal adjustments. Many of the top benchresters have switched to the March because, so far, it holds zero like nothing else. For long-range use the March 40x can often resolve 6mm bullet holes at 600 yards when viewing conditions are very good. No scope out of the box does a better job at that (until the Schmidt & Bender 12-50x56 arrives in 2008).
Cons: Extremely expensive. Kelbly's is currently the one and only supplier in USA. Long-term reliablity is a question mark. No USA service facility.
OVERALL: BEST FIXED-POWER SCOPE, bar none. Very bright, very sharp, reasonable weight, excellent image quality.
Goed, beter, 6millimeter!
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6970
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Menere, waar trek mens die lyn deesdae tussen 'n AR/Combat Scope en 'n DG Scope?
Hulle lyk so eenders maar is hulle vir dieselfde doel ontwerp?
Hulle lyk so eenders maar is hulle vir dieselfde doel ontwerp?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Ek het nie ondervinding met scopes en gevaarlike wild nie. Die enigste buffel wat ek geskiet het, is met 'n oopvisier (ghost-ring) geskiet. Ek het egter vir jare lank 'n Leupold 1.5-5x20 op my geweer gebruik en dit het uitstekend gewerk in die ruie bos. Wat vir my belangrik is, is 'n lang oogafstand, ten minste rondom 95mm en 'n kruishaar wat nie te dun is nie. Die ietwat swaarder kruis wat Leupold later op hul 1.5-5x gesit het het vir my betr gewerk as die fyner kruishaar.
Deesdae hou ek van 'n lekker groterige kolletjie, die sogenaamde floating dot. Ek het 'n Swarovski 2.5-15x met 'n baie lekker verligte kolletjie, die grootte is vir my oog ideaal (hulle maak nie meer daardie betrokke grootte kolletjie nie). Ek het eens op 'n tyd 'n Trijicon gehad en daardie scope se permanente verligte kolletjie het baie goed gewerk. Die scope se oogafstand was net te kort na my sin vir die .375.
Ek gaan een van die dae een van Geno-hulle se March scopes toets, sien baie daarna uit. Terloops, ek dink nie 'n 30mm het veel voordele bo die 25 nie, behalwe miskien die groter verstellingspektrum. Ek dink as ek vandag koop, sal dit dalk weer 'n Leupold wees, maar ek kyk nogal met begerige oë na 'n March. Sal eers kan sê as ek een werklik onder oë gehad het.
Mooi loop
Deesdae hou ek van 'n lekker groterige kolletjie, die sogenaamde floating dot. Ek het 'n Swarovski 2.5-15x met 'n baie lekker verligte kolletjie, die grootte is vir my oog ideaal (hulle maak nie meer daardie betrokke grootte kolletjie nie). Ek het eens op 'n tyd 'n Trijicon gehad en daardie scope se permanente verligte kolletjie het baie goed gewerk. Die scope se oogafstand was net te kort na my sin vir die .375.
Ek gaan een van die dae een van Geno-hulle se March scopes toets, sien baie daarna uit. Terloops, ek dink nie 'n 30mm het veel voordele bo die 25 nie, behalwe miskien die groter verstellingspektrum. Ek dink as ek vandag koop, sal dit dalk weer 'n Leupold wees, maar ek kyk nogal met begerige oë na 'n March. Sal eers kan sê as ek een werklik onder oë gehad het.
Mooi loop
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7550
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Manne
Wat ek eintlik by julle wil weet is wat se eienskappe soek jy in DG teleskoop? Indien jy van n fabrikaar of model hou wat is jou rede daarvoor? Meskien kan ons ook dan kyk na die beperkinge van daai model of wat jy graag anders sou wou he op hom behalwe die prys natuurlik.
Kom ek maak dit makliker deur die volgende idiale lys hier op te sit.
1. Vergrotings spektrum indien enige
2. Buisdikte
3. Grote van die ocular bell en eyepiece
4. Lengte en gewig van die teleskoop
5. Kruishaar tipe
6. Interne verstellings
5. Field of view op 100m
6. Verligte kruishaar of nie
7. Eye relief
8. Parralaks afstand
9. Prysklas
Julle kan maar byvoeg soos julle goed dink. Julle kan dan ook julle keuse motiveer met bogenoemde kreteria. Hoor graag julle gedagtes.

Ek het vergeet om te noem dat elke persoon natuurlik n ander behoefte het met n teleskoop. n Beroepsjagter wat spesialiseer in opvolg werk in olifante se behoefte gaan heeltemal anders lyk as bv n geleentheidsjagter wat een of twee keer in sy lewe gevaarlike wild skiet. Ek glo n mens gaan sukkel om iets te kry wat aan beide se behoeftes voldoen maar kom ons kyk maar. Nog n ding waaroor ek wonder is of baie van die telescope wat ons vir gevaarlike wild jag gebruik spesifiek gemaak is daarvoor. Ek dink maar net aan veral Europese vervaardigers wat telescope ontwerp vir hulle hog hunting wat ons dalk nou aanwend op ons groot roere. Meskien is dit die rede hoekom sommige van hulle teleskope kort eye relief het?
Groetnis en laat dit gons

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Wouter, ek het 'n Dokter 1.5 x 6 x 42 met German post. Ek skiet baie lekker met hom veral op Basa en S&O se skietdae ek draai ook die vergroting dan op na 2 tot 2.5 en het nie probleme my bewegende teikens nie. Sy field of view is baie groot en ek kan met altwee oe oop skiet. Die buis is 30mm is is 'n groot verbetering op van die Lynx 1.5 tot 4 as ek reg onthou met 25mm objektief ook German post.
Ek sal sonder moeite enige grootwild jag met die Dokter scope aanpak. Onthou jy as klient het die eerste kans/skoot so dit help vreeslik baie om presies te sien waarna jy mik veral as meneer dagga onder boom staan in die koelte selfde geld vir olifant om presies die regte vou en lyn te sien. Met oop visier gaan jy sukkel om daardie kolletjie of vou presies raak te sien. Jy kan altyd die scope met QD mounts monteer en die scope afhaal as jy moet.
Maar vir my moet die scope goeie lig gee maklike kruishaar of kol wat vinnig kan opgetel word en natuurlik moet hy nie naby jou gesig kom as jy skiet nie. En dan natuurlik hoe groter die field of view hoe beter.
Ek sal sonder moeite enige grootwild jag met die Dokter scope aanpak. Onthou jy as klient het die eerste kans/skoot so dit help vreeslik baie om presies te sien waarna jy mik veral as meneer dagga onder boom staan in die koelte selfde geld vir olifant om presies die regte vou en lyn te sien. Met oop visier gaan jy sukkel om daardie kolletjie of vou presies raak te sien. Jy kan altyd die scope met QD mounts monteer en die scope afhaal as jy moet.
Maar vir my moet die scope goeie lig gee maklike kruishaar of kol wat vinnig kan opgetel word en natuurlik moet hy nie naby jou gesig kom as jy skiet nie. En dan natuurlik hoe groter die field of view hoe beter.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7550
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Freek
Sukkel jy nie met die 1.5 vergroting as jy met altwee oe oop skiet nie? Ek persoonlik sukkel met dit en selfs my 1.25 vergroting op my Leupold VX3 1.25-5x20 gee vir my effense probleme hiermee. Ek hou van die ware 1x vergroting en moet se dat dit baie naby is aan die beeld teeoor geen teleskoop. As ek kan kies dan sal my laagste vergroting altyd 1x wees op hierdie teleskope. Onthou ons bespreek die idiaal in die geval.
Groetnis
Wout
PS Ek het nog nooit n Dokter teskoop vasgehou nie en sal graag deur een wil loer.

- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Goeie vraag. Ek sien dat die ouens oor die water klae veral oor die naby paralaks van sekere teleskope.DWB wrote:Menere, waar trek mens die lyn deesdae tussen 'n AR/Combat Scope en 'n DG Scope?
Hulle lyk so eenders maar is hulle vir dieselfde doel ontwerp?
Volgens hulle beweeg die kol te veel op of af of links of regs as jy kop beweeg agter die teleskoop.
Ek het ook geen ondervinding van die goed nie en is ook in die mark vir 'n teleskoop vir die 404 Jeffery.
Ek het wel al deur die Vortex Crossfire II 1-4x24 geloer en dit het goed gelyk vir my. Soos Deon tereg se is die teleskoop geskik vir my applikasie. Die teleskope het wel lewenslange, onvoorwaardelike waarborge maar dit gaan jou min baat as hy oppak die oomblik as jou lewe op die spel is.
Dankie vir die onderwerp dit sal baie help om 'n ingeligte besluit te neem.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
- rudib
- Hero Member

- Posts: 754
- Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Ek gebruik n Leupold VX3 1.5-5 X 20 vir my kliente 375H&H op DG. Hy het die gewone Plex haar. Hulle skiet op 4 tot 5 x en draai af na 1.5 of 2 vir opvolg.
Hy is lekker kompak en goeie FOV.
Baie baie interne verstelling.
Ek het nog nie n dag se issues met hom gehad nie.
As n klient hom nie kan breek nie, sal jy nie self kan nie :-)
Ek (self) hou nie van fancy as dit by DG kom nie.

Last edited by rudib on Mon Nov 17, 2014 6:41 pm, edited 1 time in total.
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
My behoeftes was as volg, moet n ware 1x wees, moet n 25mm buis he( hy laai makliker as om jou vingers om n 30mm te kry) goeie eye relief hier by 10 cm rond, lig en n german post nr 4. N rubber ocular beskermer met goeie naverkoopdiens in Suid Afrika.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7550
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Manne
My idiale teleskoop sal seker naby aan so iets lyk.
1. Vergrotings spektrum indien enige
1-6. Ek soek n werklike 1x vergroting aan die onderkant wat geen beeld distorsie gee met alby ou oop nie. Prakties vind ek n maksimum van 6 absoluut voldoende vir die aplikasie. Ek het nou al n paar eengat groeperings geskiet met my gewere met die VX6 1-6 en dik German No.4 kruishare. Ek kan regtig nie vir meer vra nie en vanwee die dik kruishare wat gewoonlik teenwoordig is op die telescope weet ek nie of jy die groter vergroting tot sy reg gaan bring nie. Nou nog n ding wat ek nou al n paar keer beleef het en baie van gehoor het is dat ons geneig is om te vergeet op waste vergroting n mens gedraai is as jy daai naby skoot in n breukdeel van n sekond moet vat. Hoe groter die vergroting hoe groter die probleem. Hierdie gebeur regtig baie veral op hierdie tipe jagtogte. So meskien sal n 4x vergrotin dalk nog beter wees. Ek wonder altyd hoe bederf ons in die laaste tyd geraak het of is dit dat evolusie ons sig so erg aangetas het dat ons nou kwalik met n 4x vergroting teleskoop kan skiet waar ons destyds toe ons niks meer as 4x40 Tasco teleskope gehad het tot ons beskikking en springbokke op 200m en meer met reelmaat daarmee omgedop het.
2. Buisdikte
Ek kan ook nie insien hoekom almal die 30mm roete gaan nie. Waarvoor wil ek 150MOA verstellings he op die geweer. Die trajekte is bietjie meer geboee maar magtig ons skiet mos nie op 500m nie. As jy soveel verstellings nodig het net om op teiken te kon is jou mounts nie reg nie en plaas jou teleskoop onder baie druk en met n swaar recoiling geweer is dit bitter ver van idiaal. n Mens maak nie n fout met n fout reg nie. Ek weet ook nie van oordentlike vervaardige eenstuk 25mm buis teleskope wat kalf nie so waaroor die ekstra sterkte? Ek het my VX3 vir jare as n handvatsel gebruik op swaar gewere en nog nooit drama gehad nie. So hoe sterk moet n teleskoop nou wees? Ek wil ook my loading en ejection port so veel as moontlik spasie gee en n 30mm buis vermoeilik hierdie verseker.
3. Grootte van die ocular bell en eyepiece
Ek verkies n reguit buis vir die eenvoudige rede dat hy jou dan nie beperk hoe jy hom wil mount nie. Die aksie lengte maak dan ook nie saak nie. Hierdie is n beduidende tekortkoming van n teleskoop wat n ocular bell het. Nou die eyepiece grootte is ook vir my baie belangrik en ek dink die VX3 se vorm is vir my bitter naby aan perfek. Daar moet oor as genoeg plek wees vir jou hand om die bolt te kan werk en n hele paar fabricate bemoeilik hierdie aansienlik. Weereens hier dink ek dat teleskope eerder vir iets anders vervaardig word en dan maar gebruik word vir gevaarlike wild. Die Europese teleskope is veral skuldig hieraan. Deursnee op die oogstuk sal ek nie veel meer as 40mm wil he nie en lengte nie veel meer as 75mm nie. Ek hou ook nie van skerp hoeke wat kan krap of haak nie.
4. Lengte en gewig van die teleskoop
Die idiale scope moet genoeg lengte he om jou opsies te gee met montering op enige aksie maar moet verseker nie die loop begin na-aap nie. Hier rondom 140mm vir die buis is meer as genoeg. Gewig sal ek ook nie veel meer as 350g wil he nie, maar hier rondom 300g verkieslik. Turrets moet natuurlik ook aan die klein kant wees met n doppie.
5. Kruishaar tipe
Hierdie aspek glo ek is absoluut persoonlike keuse met soveel opsies as wat daar skuts is. Persoonlik gebruik ek die German No4 en hou van my posts aan die heel dik kant. Hulle moet amper bymekaar kom met die opening waar die fein draad begin wat my so 10 duim sig op n 100m moet gee. Hierdie maak dan dat ek nog steeds relatief fyn kan skiet op die afstand en vir naby en bewegende teikens trek die dik kruishare jou oog mooi na die middle.
6. Interne verstellings
Reeds bespreek
5. Field of view op 100m
Minimum van 35m op 100m, maar 40 sal baie nice wees.
6. Verligte kruishaar of nie
Weereens is hierdie n persoonlike saak, maar ek verkies nie een nie vir die simple rede hoe meer goed verkeerd kan gaan op so jag hoe meer sal wel. Batterye hou ongelukkig net so lank. Op my Prismatic teleskoop het batterye my al lekker in die steek gelaat en hierdie is ook een van die redes hoekom ek die Delta point afgehaal het op my gevaarlike roere. Jy is gebogger as daai battery pap word. Wel dit en die feit dat ek nie gelukkig was met die mounting daarvan op die roer nie. So hier voel ek die KISS sisteem is die roette om te gaan Keep It Simple Stupid!
7. Eye relief
Seker een van die belangrikste aspekte en moes dalk bo op die lys wees. Niks minder as 95mm nie maar n 100mm sal my idiaal wees. Met die 505 besef ek hoe belangrik hierdie aspek is. Baie mense kyk ook vas teen die eye relief op die minimum vergroting maar die belangrike een is die maksimum vergroting een. Dis juis op die bench waar hierdie jou uitvang of waar jy fyn wil skiet in die veld of in n ongemalike posisie skiet. n Goeie raps op die oog laat jou vir n hele paar tellings uit die game en kan verseker jou lewe kos. Die minste is natuurlik dat jy jou jagmaats oneindige plesier gee oordat jy meer bloei as jou trofee! Priceless soos hulle se.
8. Parralaks afstand
Glo die meeste is hier by die 100 yards maar is werklik onseker hieroor.
9. Prysklas
Ek los maar liewers die een.
Daar is natuurlik nog aspekte soos kwaliteit, lens gehalte, waarborge maar het nou vir eers uit gedagtes en woorde gehardloop. Gooi julle maar nou n paar idiees en gedagtes rond.

Wouter, wat van 'n goeie oog operasie om jou weer beter te kan laat sien sodat jy jou visiere kan benut? 
Dis hoekom ek my gewone visiere geniet deesdae... Nie al hierdie ander faktore nie
Dis hoekom ek my gewone visiere geniet deesdae... Nie al hierdie ander faktore nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- MichielC
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Sun Apr 15, 2012 6:59 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Middag Manne,
Ek sien die Zeiss duralyt 1.2-5x36 KRUISHAAR #60, is redelik beskibaar, en nie te duur nie, het enige iemand ondervinding met hom ?

ZKK
- Hero Member

- Posts: 624
- Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm
Re: Teleskope vir gevaarlike wild
Beste Michiel, ek het so paar maande terug vir my die 1,2-5x36 Duralyt gekoop vir my .375 met die German reticle
Ek het nog net een keer met hom gejag en is tot dusver baie gelukkig.
Ek sou eerder n 1-6 vergroting wou gehad het, maar die 1,2 - 5 was vir my n goed genoeg compromise.
En ek het ook baie van die Trijicon se 1-4 gehou met die "illuminated post" maar hulle kos R17 000
So ek dink jy gaan sukkel om die Zeiss te klop in die R10 000 prysklas, ek was beindruk met die helderheid vd glas in vergelyking met van my ander scopes
Ek het besluit ek wil defintief nie iets he wat met n battery werk nie.
Jy sal ook sien dat baie van die vervaardigers die scope sal waarborg vir bv 10 jaar, maar die elektroniese komponente slegs 2 jaar.
Ek sal ook graag julle manne se opinie wil hoor oor een geweer met twee teleskope?
Bv vir n .375:
Vir bosveld sit jy jou 1-4 scope op (quick detachable mounts obviously) wat gezero is met jou 300gr lading
En vir verder skote sit jy iets soos n 4-12 scope op, wat met iets soos n 260gr koeel gezero is.
Is daar iemand wat al die bogenoemde probeer het?

Dit kan werk ja OF jy koop net een scope wat altwee kan doen.ZKK wrote:Beste Michiel, ek het so paar maande terug vir my die 1,2-5x36 Duralyt gekoop vir my .375 met die German reticle