.450's

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

.450's

Post by Wouter Roets »

Hallo Almal
In die maand se uitgawe van African Outfitter is daar n artikel oor klasifikasie van .450's volgens hulle dopkapasiteit. Ek het n 458 Lott en is redelik tevrede met die geweer, maar iets wat my nog altyd gepla het is die redelike hoe druk wat die kaliber gee met S335 om by die 2200-2250ft/sek merk uit te kom. As n mens na die ou "bou ape" luister wat hulle storie ken word die 2350ft/sek voorgestel veral as dit kom by wanneer die warm pattats uit die vuur gekrap moet word. Met die nuwe tipe koeels soos bv Barnes TSX, Rhino ens. is dit nodig om hierdie spoed te bereik om die volle potensiaal van hierdie klas koeels te realiseer.
Hierdie lyn van denke was ek nie bewus van toe ek die kaliber gekies het nie en die 458 Lott was ook n standaard kaliber in die Rugers. Ek oorweeg dit sterk om die kaliber te verander na iets soos die 450 Rigby, dit behoort nie n moeilike proses te wees nie met die "Caliber change" nie. Ek behoort ook nie te veel te sukkel om van die "die-set" en ongeveer 600 doppe ontslae te raak nie.
n Mens kan ook na iets soos die 460 Weatherby kyk, ek weet baie mense is nie lief vir die belt en double raduis skouer nie, maar hy is dalk so bietjie vryliker beskikbaar as die 450 Rigby. Wat dink julle? Sal graag julle voorstelle of kommentaar hoor.
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .450's

Post by Geno »

Wouter,
My eerste keuse is die .450Ackley Mag, hy kan omtrent al die .450's se ammo gebruik.
Tweede keuse - .450Rigby

Ek hou van 'n kaliber wat 'n skouer het, dit lyk maar net vir my beter, dis hoekom ek nie van die Lott hou nie.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .450's

Post by Francois Marais »

Wouter

Het n vrind wat een skiet, 450 Rigby Rimless Magnum, dis mos sy volle geleerde naam. Ek het nognie n roer gesien wat so pennetreer nie, broadside skiet hy met n smile deur n olifant koei. Reken ook die kaliber doen sy beste werk met die 550gr punte.

Doppe is  probleem en in n prysklas van hul eie, maar 416 Rigby doppe is nie te skaars nie, en kan jy hulle ma net opnek.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .450's

Post by Wouter Roets »

Geno
Lank laas van jou gehoor! Verstaan jy sleep bietjie vlerk! ;D
Die Ackley het maar dieselfde probleem as die Lott Geno, hulle dopkapasiteit is maar net te klein(105-109gr). Dopleeftyd is die ander ding met die Ackley. Lyk my die kapasiteit probleem word eers uitgesort so vannaf 115gr maar dan nog steeds met redilike hoe druk. Hier vannaf 125gr begin die druk baie beter lyk. Die beste vir my sal seker iets wees soos 404 vollengte dop met n 30-35 grade skouer.
Francois
Die persoon van wie jy praat is seker Mr Stroempher. Ek is ook net bang ek verloor te veel rondtes in die magesyn met die Rigby, met n 404 dop behoort n persoon darem 3 in die magesyn te kan inkry. Hoeveel van die 500A Sqaure kry jy in jou magesyn? Onthou die Ruger het nie daai uitstaan magesynkas van die Brno nie.
Wat se ander alternatiewe is daar?
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
afriventure
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Thu Jul 08, 2010 3:41 pm

Re: .450's

Post by afriventure »

Wouter
Watse tipe punte laai jy?
Ek skiet al lank 'n Lott en ook 'n Win mag en is baie tevrede met beide. Ek skiet nie die spoed wat jy wil he nie, baie minder.
Ek sal maar noem dat ek beide al BAIE op Buffels(45) en Olifante(7) gebruik het en met die nuwe punte vandag is net 'n droom om te gebruik.

Ek is BESLIS NIE 'n voorstander van spoed nie, volgens my is dit net 'n foefie en 'n Amerikaanse ding!
Spoed het ek al gesien in die kalibers gee net moeilikheid veral as dit naby en met solide punte gebruik word, veral op Olifante, die goed begin "tumble"

Het self al 'n toets gedoen op nat tel. boeke en ek het meer penetrasie gekry op "stadiger" spoed so 2150 versus 2350.

Nee my maat bly by wat jy het, is my aanbeveling en moenie jou ore uitleen vir ouens wat net papier skiet en boeke lees nie. 8)

Johan
Kap hom Kwagga!!
.22lr, 22-250, 243 win., 270 win, 30-06 x3, 300 win mag, 338 win, 375 H&H,
458 win, 458 Lott, 12 Br Haelgew x 3, 410 Dubbel, 9 mm, .38 sp
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .450's

Post by Francois Marais »

Wouter

Karl Stumpfe, ja, hy skiet 450 Rigby.

My 500 het n extended magasynkas en vat 4 rondtes, maar jy kry nie die slot toe bo-op die vierde rondte nie, so jy het net vier.

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=2  Hier is n paar fotos van my geweer.

Johan

Op die groot goete is ek ook ten gunste van n swaar vir kaliber punt, en eerder stadiger as te vinnig. Kyk maar die kalibers wat die ou manne gebruik het, 404 Jeffry, 410gr @ 2150, en die aanvanklikke 458 Win Mag 500gr teen 2100, ek het ou Winchester ammo saam met myne gekry en die 510gr solids het nie eers 2000 gehaal oor my chrony nie. Het saam met n ou Zim PH gejag wat jy niks verkeerd sal vertel van n 458 WM nie.


Mooi loop
Francois
Last edited by Francois Marais on Tue Dec 21, 2010 7:35 pm, edited 1 time in total.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .450's

Post by Wouter Roets »

Johan
Ek skiet huidig 500gr Rhinos teen 2200ft/sek uit n 23 duim loop(75gr S335 Hornady doppe). Ek stem saam met julle oor die spoed ding en as n mens na manne soos Taylor luister dan is dit presies sy gevolgtrekking. Waar ek op in kom word basies mooi saamgevat in Pierre van der Walt se uitstekende boek "Big game cartriges and reloading data" en dit gaan maar basies oor "expanding" koeels en nie oor solids nie. Met solids is 2100-2200ft/sek oor as genoeg maar volgens hom het n mens 2350ft/sek nodig met die nuwe derde generasie koeels om van alle kante by die vitals uit te kom. Sy sketse wys van self die boud se kant af. Lyk my baie PH wil "expanding" koeels gebruik op opvolgwerk om sodoende oorpenetrasie te verhoed. Soos ek gese het ek is baie gelukkig met die Lott op 2200ft/sek net graag die druk so bietjie laat sak.
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
afriventure
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Thu Jul 08, 2010 3:41 pm

Re: .450's

Post by afriventure »

Wouter
Ek is self 'n groot voorstander van "expanding" punte en gebruik hulle BAIE, maar kom ek se nou vir jou uit ondervinding- GEEN maar GEEN "expanding" tipe punt bly bymekaar op kort afstand teen spoed nie - nie eers die Tripple shock/Rhino/Bear Claws/ A-frames, ens. nie.

Die teorie werk wel in die praktyk op bietjie verder afstande se so 80 -100 m dat jy goeie penetrasie kry en die tipe punte bymekaar bly.

Jy kan miskien jou punte 'n bietjie verder uit "seat" wat ook kan help.

Onthou net, ek weet nie waar jy beplan om te jag nie, maar as jy na warmer dele van Afrika toe wil gaan wat ook laer bo seevlak is met hoer humiditeit moet jy laer laai as waar jy druk begin ervaar omdat daardie omstandighede hoer druk sal veroorsaak.
Ek het ook een keer 'n klient van Amerkika gehad in Zambia(Luangwa valley) met "Factory" .375 Remmington Core loct 300gr en die druk was so hoog dat hy dit glad nie kon gebruik nie, hy het een van my Bruno's geskiet en elke skoot het die slagdop uitgeval na die slot oopgemaak is(met moeite)

Ek het bv. 'n klein bietjie druk begin kry op 79gr S335 met 500gr Tripple shock en toe afgelaai na 77gr vir Tanzanie en Zambia - die verskil in spoed was maar 40fps.

Groete

Johan
Kap hom Kwagga!!
.22lr, 22-250, 243 win., 270 win, 30-06 x3, 300 win mag, 338 win, 375 H&H,
458 win, 458 Lott, 12 Br Haelgew x 3, 410 Dubbel, 9 mm, .38 sp
jmb

Re: .450's

Post by jmb »

Hi Wouter.

Ek sien jy kyk na 'n 460 Weatherby ook. Ek hoop jy gaan net by kyk bly. Ek het al heelwat oor daardie patroon gelees en wat ek verstaan moet jy beide jou tandarts en chiropraktisein op speeddail hou as jy gereeld met hom wil skiet. Ek dink ook jou Lott is beslis voldoende teen die snelhede wat jy huidiglik kry vir basies alle gevalle.
Gerard

Re: .450's

Post by Gerard »

Daar is 'n paar kwale wat van die ou generasie loodkern koe?ls afkomstig is, waaraan die nuwe generasie monometaal swaarwild koe?ls nie ly nie.

Soliede koe?ls:
1. Met soliede koe?ls werk plat punte beter as rondepunte.  Hulle is meer geneig om reguit te penetreer.
2. Korter koe?ls is meer geneig om reguit te penetreer.  Tuimeling is die domein van lang vir kaliber en rondepunt koe?ls.
3. Hoe ho?r die snelheid, hoe dieper die penetrasie en hoe groter is die wondkanaal volume.

Sagtepunt koe?ls:
1.  Indien hulle tref onder 2500vps, behou hulle gewoonlik al hulle gewig.
2.  Hulle hanteer been penetrasie beter as loodkern koe?ls
3.  Hulle is minder geneig om te draai in die dier en reguit penetrasie is dus baie meer betroubaar.
4.  Hoe vinniger hulle gedryf word, hoe beter is die resultaat.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: .450's

Post by Wouter Roets »

Johan(Afriventure)
Ek doen juis my ladingontwikkeling in die somer en dan probeer ek redilik skiet met die wapen in die warmste tye om enige probleme te probeer vang voordat dit my dalk n arm en n been kos. My ondervinding staaf ook maar baie wat jy se. Rhinos is nie in Quickload se koeeldata nie so om drukvlaake te kry maak ek maar gebruik van die ou metodes nl primer en basismates staat en om die waarheid te se dit lyk vir my bietjie hoog(middel 60 000psi) Ek sal eerder in die middel 50 000psi vlakke wil wees. My probleem in die lewe is dat alles die selfde moet wees en dit is waarom ek na die 460 Weatherby kyk om aan te pas by my 375 Ackley Improved(F#*@*&p ek weet! ;D) Ek hoef hom nie so hoog te laai as sy normale syfers nie en die recoil pla my nie verskriklik nie(my geweer is swaer en het n kwikstaaf en Pachmayer Decelerator pad op)
Ek praat nogal redelik baie met van die groot name as dit kom by hierdie tipe jag en het ook darem al my eie ondervinding opgedoen en die meeste is dit eens dat n spoed van 2350ft/sek teen gemoedlike druk van so 58 000psi die idiaal is. Vir die Lott om aan daai kreteria te voldoen(druk) gaan hy maar n spoed van so 2150ft/sek gee.
Gerhard
Dankie vir die inset, dit was hierdie tipe informasie waaroor ek jou hele rukkie terug gevra het. Daar is duidelik n omkeer oor die denke van hoe solids optree en ek sien die Amerkaanse vervaardigers is baie traag om dit op te tel. Ek sien dat ek redelik van die Lott se tekortkominge kan uitskakel deur 465-480gr koeels te kan gebruik maar die beskikbaarheid van die platpunt soliede koeels is baie beperk of ontbreek geheel en al. As jy vat dat die oorgrote meerderheid van die dubbels met 480gr koeels geskiet behoort daar geen probleem te wees indien n persoon met hulle skiet nie.
Francois
As n mens kyk na Norma se PH line wat gebasseer is op Doctari(Kevin Robertson) se ondervinding is dit merkbaar dat die Lott die enigste kaliber is wat nie swaar vir kaliber koeels gelaai is nie.

My probleem is dat daar nie eintlik n gemaklike oplossing vir my vraag is nie. Die naaste kaliber wat ek op afkom iwat aan my vereiste voldoen is dalk die 460 G&A maar war kry n persoon korek gestampte doppe en matryse vir die kaliber? Die ander alternatief is die 460 Weatherby maar dan sit ek net met twee spaar rontes in my magesyn. Vrae, Vrae, Vrae ??? ??? ???

Groette
Wout
Last edited by Wouter Roets on Wed Dec 22, 2010 10:25 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply