Bobbejane wat wild lammers vang?

Post Reply
User avatar
kwagga
Full Member
Full Member
Posts: 176
Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm

Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by kwagga »

Het enige iemand dalk onderving van of kennis van bobbejane wat kleinwild lammers vang? Ek vermoed die bobbejane maai onder ons nyalas.
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by Smirre »

Kwagga
Hulle vreet graag vleis!!
Hulle is baie slim en leer vinnig nuwe gedrag aan

Jy moet maar maai onder hulle

SMirre
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by Riaan Kriel »

kwagga wrote:Het enige iemand dalk onderving van of kennis van bobbejane wat kleinwild lammers vang? Ek vermoed die bobbejane maai onder ons nyalas.
Maak 'n ope uitnodiging vir die Jaracal manne vir 'n naweek en hulle help graag. Die Jaracallers laat mos nie 'n mede-lid in nood alleen nie ++>: >:D

Sterkte met die probleem. Daai bobbejane kan GROOT skade maak as hulle eers slegte gewoontes aangeleer het.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by Geno »

Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by Capt. Yoda »

Hulle is lief vir lam veral die melkpens, hulle raak taamlik morsig ook as die wild/skaap volop is. Ons het in die Kalahari taamlik met dit gesukkel en hoe meer jy hul skiet hoe minder sien jy hul maar hul hou nog aan.Vang hul in hokke en skiet hul soos jy kan, later sal hul maar weg trek maar na n ruk sal hul weer terug kom.Seker maar as hul weer gepla word waar hulle heen getrek het. Beste manier wat ons hul gestamp het was toe ons hul slaap plek gekry het.So groot bobjaan mannetjie is n lelike ding as hy kwaai is so maak maar seker hy is vrek as jy aan hom wil peter!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
kwagga
Full Member
Full Member
Posts: 176
Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by kwagga »

Raait, hoe lyk 'n vanghok vir kees se kind en hoe werk die vanghok storie? Ek vesrtaan as jy een kan vang en wit verf dan kan die ander nie ver genoeg van die wiite af bly nie en so jaag hulle mekaar dan oor die horison!
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by ROBBIE1 »

Kwagga hulle vang verseker lam, ons plaas op Leeudoringstad het die gewone blouape die boerbok lammers so gevang en gevreet.

Skiet sommer die gemors man, kyk net waars die brandwag en try hom eerste uithaal dan skiet jy sommer n paar voor die trop padvat.

Sterkte, praat ma as ons moet kom help, die 243 met Henk se knaldemper sal leker werk!
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by Gernie »

As die probleem regtig groot is help n chopper baie goed. Weet net nie wat sal Fauna en Flora daaroot se nie....
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by G-force »

As jy hulle slaap plek kan kry dan kan jy lekker pakslae in die aand uit deel.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by Riaan Kriel »

G-force wrote:As jy hulle slaap plek kan kry dan kan jy lekker pakslae in die aand uit deel.
Moet net nie reg onder hullle staan as jy begin skiet nie >:D
User avatar
kwagga
Full Member
Full Member
Posts: 176
Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by kwagga »

G-force wrote:As jy hulle slaap plek kan kry dan kan jy lekker pakslae in die aand uit deel.
Gebruik hulle elke aand 'n ander slaapplek of het hulle gunsteling plek? Wat is hul slaapgewoontes?
Weerkaats hul oe in 'n skietlamp snags?

Ek sal nogal nie omgee om hul in die aand te gaan piets nie. Hopelik sal dit vir genoeg chaos verseker sodat hulle 'n tydjie sal vat om mekaar weer te vind!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by Cobus(Cobb) »

Die witverf storie is bog....hulle sal hom net gou doodmaak en aangaan soos altyd, of ou witte net ignoreer.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
SNIPER
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by SNIPER »

Hi Kwagga

EK skiet hulle die lekkerste in die donker met nagsig.

Hulle weet nie wat hulle tref nie en teen die tyd wat hulle uit vind
le daar al n paar wat geval het.

Ek soek gewoonlik n boom uit wat hulle in slaap of n krans,kry vir my n spot so 200-250m weg en kry my self ingerig vir die aand en dan wag jy dat dit donker word.

Net voor donker gewoonlik die moetlikste tyd want hulle is baie versigtig waar hulle slaap, wees baie stil en moet nie praat of raas dat daai "spies" jou sien of hoor nie.

As dit eers donker is dan begin die sports,skiet gewoonlik so stik
of tien in die boom en nog n paar op die grond.

Weet net jy gaan hulle nie gou weer in daai selde boom skiet nie.


Hoop jy kom reg.

Groete

Sniper
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by JK »

Meeste van die tyd is die die groot mannetjies wat protiene soek om groter te wees as die volgende een, maar hulle vreet ook graag die melk pense.

n Paar mielepitte in n vang hok werk soos n bom, vir n ruk. Sy oe blink nie in die nag nie so dit is moeilik om hulle in die nag te sien. Dit vat tyd om die goed minder te maak, uitroei ... nie sommer nie. As jy die klientjies kan bykom, trek hulle sommer lank weg, hulle hou nie daaarvan nie.

Ek het al gedink man moet aanmekaar die grootste mannetjie skiet, dan sal hy die voorganger se kleintjies uithaal. >:D
Jan-Hendrik
Full Member
Full Member
Posts: 137
Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by Jan-Hendrik »

kwagga wrote:Het enige iemand dalk onderving van of kennis van bobbejane wat kleinwild lammers vang? Ek vermoed die bobbejane maai onder ons nyalas.

Hulle maai onder die lammers.Op die ou ellisras pad net na die biltong winkel maoun die mense kwaai oor die selle probleem.
Skiet onder hulle!
JAN-HENDRIK
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by 2vierniks »

Hulle het my lammers ook al gevreet. As dit aleen mannetjie is word die probleem gou opgelos as hy dood is, maar as 'n trop die gedrag aanleer het jy groot moeilikheid...
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by win270 »

Ek het ook al gesien dat 'n alleenloper dit doen met skaaplammers. Elimineer hom so gou moontlik en probeer die trop in elk geval ook verjaag.
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1836
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by Rudi Fischer »

Gernie wrote:As die probleem regtig groot is help n chopper baie goed. Weet net nie wat sal Fauna en Flora daaroot se nie....
Kan vir jou n Rooivalk reel.
20 mm maak mooi met n trop Bobbejane
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: Bobbejane wat wild lammers vang?

Post by G-force »

SNIPER wrote:Hi Kwagga

EK skiet hulle die lekkerste in die donker met nagsig.

Hulle weet nie wat hulle tref nie en teen die tyd wat hulle uit vind
le daar al n paar wat geval het.

Ek soek gewoonlik n boom uit wat hulle in slaap of n krans,kry vir my n spot so 200-250m weg en kry my self ingerig vir die aand en dan wag jy dat dit donker word.

Net voor donker gewoonlik die moetlikste tyd want hulle is baie versigtig waar hulle slaap, wees baie stil en moet nie praat of raas dat daai "spies" jou sien of hoor nie.

As dit eers donker is dan begin die sports,skiet gewoonlik so stik
of tien in die boom en nog n paar op die grond.

Weet net jy gaan hulle nie gou weer in daai selde boom skiet nie.


Hoop jy kom reg.

Groete

Sniper
Dit klink nou baie lekker.Ek sal graag met my Pulsar dit wil Probeer.Met watter nagsig het jy dit gedoen?
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Post Reply