Ek wil 'n wildspastei van koedoe nek en skenkels maak. Ek wil die vleis in 'n
stoompot sag kook, maar die problem is die stoompot staan nog in sy boks en is
nog nooit gebruik nie.
Braai ek eers die vleis bietjie bruin en kook dan? Hoelank moet ek dit omtrent
kook in die stoompot voor dit sag behoort te wees?
Koedoe nek in stoompot?
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Koedoe nek in stoompot?
Braai in swartpot bruin soos jy verkies,Kook dan in stoompot vir 20/30min en daarna kan jy vleis dan afhaal van bene en verwerk met die nodige muti tot pastei. Flip nou is ek sommer lus vir wildspastei.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Koedoe nek in stoompot?
VDWalt kom kuier vir my dan help ek jou. Ek waarborg net nie wat gaan oor bly van jou koedoe nek nie.
Ernstige noot. Braai in gewone tot bruin en sit dan in stoompot met niks minder as 200ml water, ek gebruik 500ml water en kook dan sag vir +-45min afhangend van hoe dik die nek gesny is.
Ernstige noot. Braai in gewone tot bruin en sit dan in stoompot met niks minder as 200ml water, ek gebruik 500ml water en kook dan sag vir +-45min afhangend van hoe dik die nek gesny is.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Koedoe nek in stoompot?
FCLoretz wrote: VDWalt kom kuier vir my dan help ek jou. Ek waarborg net nie wat gaan oor bly van jou koedoe nek nie.
Baie dankie vir die offer maar ek dink ek sal sommer net julle raad so op my eie volg.
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Koedoe nek in stoompot?
Ek sit die oond se Grill aan op die hoogste. Dan pak ek die vleis skywe op die groot plat oond pan - die een wat so inskuif in die oond se gleuwe. Ek verf dan die bokant van al die vleis skywe met mietjie olyfolie en sit dit onder die grill tot mooi donker dan draai ek hulle om, set nog bietjie olyfolie op en grill weer tot mooi bruin. Hierdie proses is vir my dieselfde as om al die skywe eers in 'n pot te braai en dit is vinniger en die hitte is meer wat veroorsaak dat die vleis vinniger seel.
Nou sit jy jou vleis in die stoompot maar ek stel voor jy voeg ten minste so 20% tot 30% skaapvleis by (onthou om dit te bruin soos hierbo). Jy het die effese vettigheid nodig van die skaap. Vat nou 'n hele bottel rooiwyn en gooi dit in 'n pot en voeg by3 etlp gemaalde koljander, 1 tlp wonder peper, 1 tlp naeltjies, 1 tlp witpeper, 5 tlp sout, 2 etlp bruin asyn. Verhit maar moet dit nie kook nie. Gooi dan oor die vleis. Indien jy nie die wyn verhit nie en jy gooi die koue wyn op die warm vleis dan kry die vleis stuipe en word sommer taai.
Deksel op en kook vir 20 minute. Die 20 minute begin eers na jou stoompot die eerste keer afgeblaas het. Daarna laat jy die vleis verkoel en haal alles van die bene af en jy is reg vir die volgende stap van pastei maak. Hier is my pasteie wat ek so 'n ruk terug gemaak het - https://www.facebook.com/photo.php?fbid ... =1&theater

“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Koedoe nek in stoompot?
Ek is nou al so lus vir die pastei daar is nie 'n manier dat ek tot die naweek gaan wag nie....!
-
Bielie
- Jr. Member

- Posts: 82
- Joined: Mon Oct 20, 2014 2:49 pm
Re: Koedoe nek in stoompot?
Wild kort altyd ander vleis soos bees ,skaap of vark want dis net te droog daarom hou meestal mense nie van wild nie?jy hoef nie te braai nie sit in stoompot met bietjie bees met vet aan en laat stoom pot gaan vir so twee ure want wild kan taai wees! Laat af koel en sny vleis van bene en gooi in braaipan met uie ens! Vandaar gooi jy die vleis in glas bak met pasty deeg en sit in oond vir so 30min tot deeg mooi bruin! Eet dan lekker met goeie rooi wyn!
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Koedoe nek in stoompot?
VdWalt, gaan koop by Food Lovers Market (Fruit & Veg) genoeg kweperjellie wat julle saam met daardie wildspasteie kan eet. Baie lekker!!
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: Koedoe nek in stoompot?
Hier kom n ding VdWalt, jy gaan paar pies maak!!
Kook jou vleis lekker stadig in die stoompot. 2kg Nek, 250ml water 250ml rooiwyn, 1tl sout, totdat dit van die been afval. Gooi in vergutus en dryneer die sous, hou dit om jou pasty weer met n soppie sous te gee.
Vat n swart platboom pot. 2 Gekapte uie, greenpepper, bietjie rissie as jy wil, ten minste 500gr varkspek of skaapstert, kan dit meer maak na smaak. Braai die uie, pepper, chillie en spek tot dit amper gaar is en die spek lekker vet in die pot gemaak het. Pluis jou wildsvleis met 2 vurke en gooi dit by en braai. Growwe swart peper, nog n knypie sout na smaak, onthou jou sous gaan ook sout in he so moenie te veel in vleis gooi nie, speserye as jy wil, hou net die naaltjies weg asb.
Eenkant in n pot kan jy nou reeds jou aartappel sag gekook het, en gemengde groente as jy dit wil insit net so 5mi stirfry in n pan, dit moet nog lekker styf en crispy wees. Sny artappels blokkies.
Sous kan jy maak wat jy wil. Ek gebruik bruin uiesop, 2 pakkies, meet jou sous en voeg daarby die nodige volume room tot dit genoeg vir jou verhouding sop poeier is.
Jou vleis mengsel is nou lekker bruin gebraai, sit jou groente by, en roer jou sous deur. Laat dit afkoel in yskas.
Voer jou pasty bak met deeg, today pastry werk baie lekker en makliker as o self te staan en knie. Skep jou vleis in, bedek boop met deeg en steek met die vurk genoeg gaatjies in die boonste deeg. Bak vir 40min op 140grade.
Bedien warm..........
Sterkte, hoop een van die respte smaak ok mater.

Die resepte klink konings! Ek gaan nog 'n koedoe moet gaan skiet!