Ietsie uit die Karoo - deel IV

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Ietsie uit die Karoo - deel IV

Post by WillJak »

So paar van die gemaak, en besig met nog 3. 6mm O1 gereedskapstaal, vlekvrye liners en kameelperd been. Vir die manne wat weet, hy's 8/8 wyd, so redelike fris meneer vir harde baard... ;D Vir die manne wat nog nie die lig gesien het nie...'n ou straight razor of cutthroat is by verre die lekkerste, gladste skeer ooit - en hy bly lekker lank so. Nogal 'n joppie om hom die eerste keer behoorlik skerp te kry, maar as dit gedoen is hou hy tot 2 jaar, of selfs meer, as die operateur hom reg "strop"

https://lh3.googleusercontent.com/oqCN4_VWWoB-neRRlvMqT6puHSAywWOoBin5qNS_zJ4=w295-h221-p-nohttps://lh6.googleusercontent.com/pnZmQR9OPkVgeYEy_FhhcpaRhYLbVp4_M2VZjP9o7OI=w295-h221-p-nohttps://lh5.googleusercontent.com/GfgnJWECWwhP9zBCmh4IIT9O47ySJRFiskBtV0FGlL4=w295-h221-p-nohttps://lh6.googleusercontent.com/DjcLMG_pesIrLKFNg5feIlL_XXbqk3Vcfj5ryitc6ys=w295-h221-p-nohttps://lh5.googleusercontent.com/3WehTnngKpzE2gi_M1nuTHFaMaEGyNC4IYDHt5oxRWo=w295-h221-p-nohttps://lh3.googleusercontent.com/rIpKbENjpYXCkuRLMlE23WFByswsJ7QDT9bJKdgzLGU=w276-h207-p-no
En dan, laastens, ten minste vir nou, so paar "clip point" Barlow messies wat ek gemaak het. Staal is 2.4mm 12c27 en die materiale is g10, lightning strike carbon fiber, copper shred carbon fiber ens:
https://lh4.googleusercontent.com/_32xEGYTk3ASc_y027a22y_-BnriVMQ_2pmCfzsXQJM=w295-h221-p-nohttps://lh5.googleusercontent.com/xqi1j3qLmsWF7JBgad4Z_XC-j4A6cES66eCR6lDcWO0=w258-h193-p-nohttps://lh3.googleusercontent.com/8CDkz0FnH9zHjVbcKTVoE89c_VF3dP6rJVKd5RjMEms=w146-h193-p-nohttps://lh6.googleusercontent.com/rihq6t3TSja1DFWkUF6aWSFaes7C5CJBz9JKKgTjn-s=w295-h221-p-nohttps://lh3.googleusercontent.com/g_0TK0S2b30aP0mizyvNtNDNN9Hn6Mf1s3SX3uu6GxM=w295-h221-p-nohttps://lh6.googleusercontent.com/xK7DJ6unAVtAlKL3P3H1hOVoUyJTprULL2_yExB7VkM=w295-h221-p-nohttps://lh4.googleusercontent.com/3K7ieERfSBdCgNFpju_eIi64rX-_jF6-Bubi44zKyi8=w295-h221-p-nohttps://lh5.googleusercontent.com/bV0IoCTErkiZUM6TOvtPlctXCt7hHIXkqhhHgjxU-JE=w295-h221-p-nohttps://lh5.googleusercontent.com/Ihn62nQyMgGfuYKkzGLcG-infexJpiD3bugvtWv3ENg=w258-h193-p-nohttps://lh5.googleusercontent.com/ICsH2GDjcQbGkj-utoc4XGQYjqIhn7QYlR2sy2SaaWQ=w258-h193-p-no
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Ietsie uit die Karoo - deel IV

Post by douw »

Baie mooi. Ek sien net nie kans om myself met die ding te "butcher" nie..

Die knipmesse is ook baie mooi. Maak jy om te verkoop?

Groetnis
Douw
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Ietsie uit die Karoo - deel IV

Post by Johan Nel »

Wiljak,

Hierdie messe van jou is nou ware Sondagmiddag 'Eye candy', dis regtig mooi. Ek en my seun het nou al die 'cutthroat' opsie van skeer ondersoek en oorweeg dit om dit te beproef. Wat sou so 'n mes soos die een hierbo vir 'n linkshandige persoon kos. Ek lei af die een in die fotos is vir 'n regshandige persoon.

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Ietsie uit die Karoo - deel IV

Post by Pvdw »

Regtig iets besonders, sommer so van post 1 af regdeur tot die laaste 1.

Jy kan werklik geseën voel met jou gawe.

Daai eerste 2 messe op jou 1ste post praat kliphard met my

Doen so voort en geniet dit.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Ietsie uit die Karoo - deel IV

Post by WillJak »

Dankie manne :D

@Douw, dis makliker as wat mens dink en sommer gou is dit bloedloos ook :) Ek maak om te verkoop, ja. Ek vat bestellings en ek maak so paar ekstra as ek kans kry en verkoop uit die hand uit. Praat gerus met my as jy ene in gedagte het.

@Johan, regs of links, maak nie saak nie, party ouens skeer net met die een hand, ander, soos ek, vind dit makliker en skeer met altwee, so hy werk links of regs - ek moes eintlik net fotos van hom geneem het waar hy reg oop is. Pryse wissel en hang meesal af van die materiaal - hulle beginne op so R1900 vir een met 'n hout of micarta hef, en gaan op tot so R2400 as ons met been, c-tek en die tipe goete begin werk. Sy groot koste is tyd, jy poets die lem tot 2000 grit met die hand voor jy hom kan buff en dit vat letterlik amper 'n hele dag om hom die eerste keer skerp te kry. Ek gebruik "lapping film" en na die snyvlak geset is vat ek hom met die hand deur van 3000 tot 50 000 grit om hom skeer gereed te kry - alles met die hand.

@PvdW - baie dankie vir die gawe kommentaar en goeie wense - as daai Jintelmins Knipmes hard genoeg met jou praat, praat maar op jou beurt weer met my...:D
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Ietsie uit die Karoo - deel IV

Post by Christo »

Willem mooi messe. Jy mag maar.

Lyk my die paar veile wat ek laasweek by my buurman gekry het is nie meer in die klas nie. Ek geniet steeds die skinner wat ek gekry het.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
WillJak
Hero Member
Hero Member
Posts: 718
Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm

Re: Ietsie uit die Karoo - deel IV

Post by WillJak »

Dankie Christo - bly om te hoor daai skinner werk nog :) Oor die vyle - ek werk nie regtig meer met hulle nie - die meeste van wat ek maak deesdae is knipmesse - ek doen nog jagmesse, maar omtrent net op bestelling - maar ek moet bieg, ek het so een of twee ontwerpe in gedagte vir vaste lem messe wat ek in die afsienbare toekoms wil bou - 'n kleiner tipe gebruiksmes wat 'n man aan sy gordel, of sommer in sy sak kan dra.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Ietsie uit die Karoo - deel IV

Post by theedge »

netjies maat
Post Reply