Diefstal op plase

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Diefstal op plase

Post by Heinz Petersen »

Ek kom vanoggend weer terug op die plaas net om uit te vind die een boorgat se pomp, 55m kabel en twee 100w son panele gesteel is. R25000 padaf.
Dit is iets om n man skeef bef@#$#@k te maak. Dit is bitter droog hier by my.
Daai stuk gemors wat dit gevat het is baie gelukkige dat ek hom nie gesien het nie, al was dit op n 800m afstand. >:D >:D >:D
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Diefstal op plase

Post by Heinz Petersen »

Ek sal nie skiet nie. ek het te veel om te verloor.
Ek sal my bok op hulle gesit het. Daai bok is nie ligte musiek nie.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
stan man

Re: Diefstal op plase

Post by stan man »

laas vrydag kyk ek al die windpompe deur,en ek glimlag.
maandag oggend ry stoor toe en ek mis iets. kom toe agter dit is die windpomp naaste aan die pad. twee pote is af gesny en die toring is om getrek. die kompleet kop is weg.
eergister tel ek die beeste, alles in orde!!
gister oggend 2koeie met hulle kallers en n 12maande vers is weg.
vanoggend kort die buurman ook 5 beeste.

so paar weke terug kry ek inligting van beeste wat gesteel is en geskuif moet word.
tel die verdagte voertuig op en agtervolg hom veilings krale toe. arresteer hom met die hulp van vee diefstal eenheid. toe ons mooi kyk na sy file ,het hy 3 vorige arrestasies teen hom, maar die manne wat die vorige arrestasies gemaak het, het elke keer op gef@#$.
maar nou is sy gat gebrand. en hy kom nie eers borg kry nie. hy kuier nou lekker met sy boet wat oom van dyk hier by ons met n hammer dood geslaan het.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Diefstal op plase

Post by JK »

Dit maak enige man erg die moer in. Ek het by al van die 4 inrigtings ten minste 2 keer die hele setup vervang. n Grundfos kos deesdae oor die R20 000. Gelukkig is panele deesdae goedkoop.

Ek sweis nou die cap op die boorgat voering vas en gebruik 2 to 3 " pype, vol konkreet, en sit die selle ten minste 7 meter hoog, en gebruik so min as moontlik selle met die hoogste volt (48 Volt en meer) wat ek kan kry. Een groot sel is nog beter. Die panele word natuurlik ook in n raam vas gesweis. Dis moet die sel breek om dit daar af te kry. Dis vir my genoeg satisfaksie dat hy al die moeite doen en niks wegvat. En hulle kan nie met n voertuig naby kom nie.
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Diefstal op plase

Post by Sako75 »

Die sake laat mens se bloed kook. By ons een plek het hulle die hele huis se bedrading gestroop, al die skakelaars, vensterknippe, krane, die dompelpomp en sy hele kabel gevat. Het gebeur binne dag tussen huurders wat uit trek en ander wat wou intrek. Versekering weier om te uit te betaal.
stan man

Re: Diefstal op plase

Post by stan man »

in die laaste tyd maak die dlanke poachers ook amok in ons omgewing.hulle skiet sommer van die pad af. as hulle net effens onrustig raak los hulle dan die bokke net waar hulle dit geskiet het. op die een plaas was daar 8 springbokke in die 1 mielie land. die een oggend toe le daar 6 dood en die ander 2 is weg.
so 4 km weg loop daar toe so 26 blesbokke in n kamp en die begin toe ook minder word. laas week was daar nog 1 oor, en vandag is daar niks. die enigste kudu wat daar oor was is ook oor die naweek missing.
die ergste van alles is dit is blankes met n wit nissan bakkie. en ek het al op hulle geskiet maar hulle kom maar net eenvoudig weer terug.

ek hoop net hulle vind nie uit waar die ander springbokke loop nie.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Diefstal op plase

Post by sako 30-06 »

stan man wrote:in die laaste tyd maak die dlanke poachers ook amok in ons omgewing.hulle skiet sommer van die pad af. as hulle net effens onrustig raak los hulle dan die bokke net waar hulle dit geskiet het. op die een plaas was daar 8 springbokke in die 1 mielie land. die een oggend toe le daar 6 dood en die ander 2 is weg.
so 4 km weg loop daar toe so 26 blesbokke in n kamp en die begin toe ook minder word. laas week was daar nog 1 oor, en vandag is daar niks. die enigste kudu wat daar oor was is ook oor die naweek missing.
die ergste van alles is dit is blankes met n wit nissan bakkie. en ek het al op hulle geskiet maar hulle kom maar net eenvoudig weer terug.

ek hoop net hulle vind nie uit waar die ander springbokke loop nie.
Dis darem maar hartseer.Is daar nie n manier wat julle die manne kan inwag nie?
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Diefstal op plase

Post by win270 »

Hierdie vertellinge van diefstal by boere laat my dink aan die destydse grensoorloë in die Oos-Kaap waarvan ons in geskiedenis op skool geleer het. Dinge het nie regtig verbeter wat dit aanbetref nie . . . steeds dieselfde probleme. Al wat wel verander het, is dat die slagoffer nie regtig meer regte het nie. Verder is die behoefte om kos te voorsien in hierdie land, soveel meer vandag. Die oortreders grawe hul eie graftes wat die diefstal aanbetref. Ai!!
User avatar
.223 JAGTER
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Sep 24, 2014 8:17 pm

Re: Diefstal op plase

Post by .223 JAGTER »

As daar selfoon opvangs is kan n mens van die kameras opsit wat manne stel vir die wild.Word die lyn gebreek stuur kammera n sms met foto,Pel van my het so gemaak en klonge die nag 1uur by sy besigheid in sy kantoor betrap ek het fotos gesien en hulle het nie heel da uitgekom nie . Nou is die stelery doodstil
Deur 'n begin te maak, maak jy soveel gouer klaar
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Diefstal op plase

Post by Heinz Petersen »

Hoeveel vra jy per dag vir daai bobbejaan.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
.223 JAGTER
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Wed Sep 24, 2014 8:17 pm

Re: Diefstal op plase

Post by .223 JAGTER »

Jong dis n ou alleen loper wat hulle uitgeskop het nou neem hy wraak op die ander wat die lusern so opneek hy kos net baie patrone want als wat beweeg gooi hy loot. Hy werk ook net 9to5
Deur 'n begin te maak, maak jy soveel gouer klaar
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Diefstal op plase

Post by win270 »

En hy het by 'n vakbond aangesluit en vra elke jaar 15% verhoging. . . ;D
Post Reply