Hoekom is jakkalse so stil?

Post Reply
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Hoekom is jakkalse so stil?

Post by Suidwes »

More Almal,

Ek het laas week en Dinsdag, weer die boom by my waters bestuig met my nagsig. Ek sit al die toerusting in die boom deur die dag, dan stop ek so km weg en stap in as dit donker is, gebruik nie flits of niks nie. Het gesit tot so 2:00am toe is ek huis toe. Volgende dag die kamp se skaap bymekaar gemaak en kry n ooi wat gevang is so 400m weg van die water, vars vang die bloed was nog nat. Net die neus se kraakbeen gedeelte is gevreet en die derms is by die gat uitgetrek, die bytplekke is defintief jakkals. Daar was ook klein spoortjies saam met die grotes.

Nou my vraag: Van donker tot 2:00am het ek nie n jakkals gehoor nie. Sekerlik moes hulle darem hulle bekke oopgemaak het of is dit nog nie die vokale tyd vir hulle nie? Die wind was baie stil, so ek sou klank wyd gehoor het.

En is dit al moontlik dat die jonges saam met ouers beweeg?

Groete
Suidwes
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: Hoekom is jakkalse so stil?

Post by Arno Pienaar »

Daar is al gevalle waar jonges saam die ouers rondloop.Dit begin nou meer algemeen raak om sulke gevalle te kry.Alles hang maar af van deel tot deel en waar die voeding beskikbaar is.Dit is al vokale Tyd so hule behoort te reageer MAAR as n jakkals vanaand besluit hy wil nie andwoord nie dan wil hy NIE.

As ek so yster in die vuur kan gooi..hou die spore dop om te bepaal waar presies die kern gebied is en werk dan van daar af..werk maar ook op ou staanpplekke waar in die verlede jakkalse gedood is deur..soek maar ook rondom waters dit is ook altyd n goeie aanduiding.

Groete
Arno
Bielie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Mon Oct 20, 2014 2:49 pm

Re: Hoekom is jakkalse so stil?

Post by Bielie »

Was die naweek. In noord wes ander kant sun city een jakkie op die pad gesien verder dood stli. Geroep in aand niks doodstil. Gery met spotlight niks gekry maar gaan slaap,
Post Reply