FEG 7.65 as SD wapen
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
FEG 7.65 as SD wapen
Wat dink julle mense van die wapen vir elke dag dra en vir self verdedeging.
http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/11/PA-63_with_Clip.jpg/300px-PA-63_with_Clip.jpg
As mens sou herlaai wat sal goed werk vir die wapen?
Enige voorstelle is welkom.
http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/11/PA-63_with_Clip.jpg/300px-PA-63_with_Clip.jpg
As mens sou herlaai wat sal goed werk vir die wapen?
Enige voorstelle is welkom.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
persoonlik hou ek nie van die kleiner wapens nie, hulle sit net nie lekker in my hand nie. maar sal goed werk as jy genoeg oefen. skootplasing, soos altyd is die hoof ding.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Hennie, daardie wapens is baie soos 'n "lucky packet". Party werk, ander stoor. Miskien sal dit help om alles mooi te poleer. Almal wat ek al raakgeloop het, wat daardie spesifieke reeks FEG pistole (soms ook "Luger" gemerk) besit, skiet (oefen) min en hoop die ding sal hulle eendag beskerm, baie soos 'n gelukbringer. En ek glo dis deels omdat hulle redelik moeilik is om mee raak te skiet. Veral die dubbelaksie trek, vir die eerste skoot, is erg stram en rof. In vergelyking met 'n Walther PP en PPK, waarvan af hulle gekopieer is, is hulle nie baie netjies afgewerk nie. Maar hulle is goedkoop, dus toeganklik.
My minimum kaliber vir SV is die 9mmP. Maar ek kan verstaan dat mense kleier goed wil gebruik, totdat hulle teen 'n gewapende aanvaller te staan kom. Dan is enige handwapen te min. Dus, groter is vir seker beter, maar daai kleintjie is ook beter as 'n polisiefluitjie.
As jy dit kan bekostig, koop eerder 'n liggewig 9mmP. Die tipes met plastiekraam is baie populêr, vir goeie rede. Ek het geen ervaring met die plastiek-Taurusse nie, maar kan die Glock (26 en 19), CZ PO7, Sig (P2022 en 250) en S&W (M&P C en Shield) aanbeveel.
Wat baie belangriker is as die wapen, is behoorlike SV opleiding. Om 'n papier raak te kan skiet, beteken nie jy kan veg met die ding nie. SAP of SAW opleiding, het geen verband met SV nie. Gaan kry goeie opleiding. Dis baie meer werd as die geld en tyd wat dit kos. En na die kursus, sal jy 'n baie goeie idee hê, van watse tipe wapen jy hou.
Maar dis net my mening. Ander het die reg om te verskil.

Ek het die wapen met my eerste pay check gekoop en in al die jare wat ek hom het en skiet het ek nog nooit 'n storing gekry of so iets laat hy nie wil skiet nie.
Hy is groter as die 9mil short wat my pa het en hy sit lekker in die hand.
Ek stel meer belang in die herlaai vir die wapen.
Hy is groter as die 9mil short wat my pa het en hy sit lekker in die hand.
Ek stel meer belang in die herlaai vir die wapen.
-
Dewitt
- Sr. Member

- Posts: 275
- Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Hennie my eerste handwapen was ook die FEG 7,65 en ek was heel tevrede met hom, totdat ek 'n Glock 19 gekoop het. My FEG het ook wel een of twee maal gestoor, maar ek het baie goeie akuraatheid met hom gekry. Skiet maar net twee vining op mekaar, dit behoort dieselfde effek as 'n 9mm te hê.
-
wrm
- Newbie

- Posts: 43
- Joined: Thu Apr 10, 2014 7:10 am
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Daar is ouens daar buite wat 'n 44 magnum koop vir selfverdediging en dan nooit die ding dra nie want hy's te groot en swaar. En daar's ouens wat 'n 22 koop en hom altyd dra.
In daai scenario is die 22 die beter selfverdediginswapen.
Koop die grootste gun wat jy vir 'n feit altyd by jou gaan hê.
In daai scenario is die 22 die beter selfverdediginswapen.
Koop die grootste gun wat jy vir 'n feit altyd by jou gaan hê.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
HennieC wrote:Ek het die wapen met my eerste pay check gekoop en in al die jare wat ek hom het en skiet het ek nog nooit 'n storing gekry of so iets laat hy nie wil skiet nie.
Hy is groter as die 9mil short wat my pa het en hy sit lekker in die hand.
Ek stel meer belang in die herlaai vir die wapen.
oo ek dog jy wil een koop
ek ken nie die herlaai van hom nie so het vir quickload geraadpleeg maar al koeëls wat dit het is FMJ. Ek het gewerk op loop lengte van 3duim, maar dink dis korter. Wat gelaai is met n lading van 3gr ms200 agter n S&B 73gr FMJ. Spoed op QL is 926FPS, maar vir SD wil jy JHP koeëls gebruik vir moontlike ondskuldeges se onthalwe. So kyk of jy van hulle kry. Vir oefen sal enege fmj werk.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Die 7,65 is nie juis bekend vir oorpenetrasie, soos die 9mmP, met VM koeëls nie. Meeste kenners, meen dat jy hom juis met VM moet skiet, om voldoende penetrasie te verkry, sodat jy die "vitals" kan bereik.alecjohnson wrote:HennieC wrote:Ek het die wapen met my eerste pay check gekoop en in al die jare wat ek hom het en skiet het ek nog nooit 'n storing gekry of so iets laat hy nie wil skiet nie.
Hy is groter as die 9mil short wat my pa het en hy sit lekker in die hand.
Ek stel meer belang in die herlaai vir die wapen.
oo ek dog jy wil een koopas jy hom klaar het en tevrede is GREAT! Geen storings nog beter!
ek ken nie die herlaai van hom nie so het vir quickload geraadpleeg maar al koeëls wat dit het is FMJ. Ek het gewerk op loop lengte van 3duim, maar dink dis korter. Wat gelaai is met n lading van 3gr ms200 agter n S&B 73gr FMJ. Spoed op QL is 926FPS, maar vir SD wil jy JHP koeëls gebruik vir moontlike ondskuldeges se onthalwe. So kyk of jy van hulle kry. Vir oefen sal enege fmj werk.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Die manne wat 45's dra, leer en oefen om 2 skote te skiet.Dewitt wrote:Hennie my eerste handwapen was ook die FEG 7,65 en ek was heel tevrede met hom, totdat ek 'n Glock 19 gekoop het. My FEG het ook wel een of twee maal gestoor, maar ek het baie goeie akuraatheid met hom gekry. Skiet maar net twee vining op mekaar, dit behoort dieselfde effek as 'n 9mm te hê.
Die 9mmP manne, reken jy skiet 2 9mm's om 1 45 te ewenaar. Ons trek by 4 skote.
Nou moet die 7,65 manne 2 skote skiet, om 1 9mm te ewenaar. Hoeveel patrone vat daai magasyn nou weer?
Skootplasing was nog altyd belangriker, as die kaliber. As jy kan vinnig raak skiet met jou 22, is hy beter as die 50 in jou kluis. Maar enige draagbare en versteekbare handwapen, bly maar marginaal. As jy moeilikheid verwag, gaan haal die 12 boor.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Goeie idee. Oefen baie, dan beteken hy meer vir jou, as die XYZ in die kluis.HennieC wrote:Ek het die wapen met my eerste pay check gekoop en in al die jare wat ek hom het en skiet het ek nog nooit 'n storing gekry of so iets laat hy nie wil skiet nie.
Hy is groter as die 9mil short wat my pa het en hy sit lekker in die hand.
Ek stel meer belang in die herlaai vir die wapen.
Daarom my advies in my kommentaar hierbo:
"Wat baie belangriker is as die wapen, is behoorlike SV opleiding. Om 'n papier raak te kan skiet, beteken nie jy kan veg met die ding nie. SAP of SAW opleiding, het geen verband met SV nie. Gaan kry goeie opleiding. Dis baie meer werd as die geld en tyd wat dit kos."
Dis die drywer wat tel, nie die bus nie...
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Ek het nou my kluis revolver verkoop ( 38 sp 4" loop) en nadat ek my huiswerk gedoen het vir my n Glock 19 gen 3 gekoop . twee magasyne wat elk 15 rondtes vat . Die pistol is vir my klein genoeg om te dra en sit lekker in my hand en ek gaan self laai Terloops dit is 9mm P . Hy sal net 124gr koeels skiet
GROETNIS
Gert
GROETNIS
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Ek wens meer mense wil bogenoemde ter harte neem.338LM wrote: Wat baie belangriker is as die wapen, is behoorlike SV opleiding. Om 'n papier raak te kan skiet, beteken nie jy kan veg met die ding nie. SAP of SAW opleiding, het geen verband met SV nie. Gaan kry goeie opleiding. Dis baie meer werd as die geld en tyd wat dit kos.
Om kiertsregop by 'n baan te staan en na papier te skiet, help jou NIKS in 'n dinamiese, taktiese situasie nie.
Ek het die laaste paar jaar taktiese kursusse by vooraanstaande instrukteurs begin doen en toe eers agtergekom hoe min ek weet. En dan moet jy konstant die regte drills oefen om skerp te bly.
Persoonlik dink ek daai 7.65 FEG is lig in die broek. 9mmP is die minimum. My Glock 19 loop met Winchester Ranger T 127gr +P+ nommertjies en hulle is dodelik - AS ek my kant in 'n geveg sou bring.
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Vertel ons meer van die Winchester Ranger T 127gr +p+ patrone
Waar kry jy en wat kos hulle of laai jy hulle self
Groetnis
Gert
Waar kry jy en wat kos hulle of laai jy hulle self
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Gert, hulle is net te koop as volledige ammunisie. Ek dink nie enigeen moet handloads in sy SV wapen dra nie.GERT vd M wrote:Vertel ons meer van die Winchester Ranger T 127gr +p+ patrone
Waar kry jy en wat kos hulle of laai jy hulle self
Groetnis
Gert
Dis min of meer die beste SV ammo wat geld kan koop. Google maar, hulle mushroom soos 'n atoombom. Die recoil byt 'n bietjie, want die +P+ beteken die ladings is warmer as Sharon Stone in daai fliek waar sy so lelik gesit het.
Jy kyk seker na meer as R600 vir 50. Ek weet Tac-Shac in Jhb het hulle sporadies. Maar dan koop ons SV manne hulle vir 'n vale.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Verduidelik hoekom jy sê 'n mens moet nie hand loads in 'n S W dra nie. Ek probeer nie snaaks wees, ek sal net graag die redenasie daar agter wil hoor.
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Ek sal ook dit graag wil weet. Want wat is handloads slegter as gekoopte ammunisie.spekieries wrote:Verduidelik hoekom jy sê 'n mens moet nie hand loads in 'n S W dra nie. Ek probeer nie snaaks wees, ek sal net graag die redenasie daar agter wil hoor.
Herlaaide ammunisie word dan gebruik om diere te skiet en om meer akkurater te wees.
As mens nie jou eie ammunisie vretrou nie hoe kan jy dit dan gebruik op diere.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: FEG 7.65 as SD wapen
HennieC wrote:Wat dink julle mense van die wapen vir elke dag dra en vir self verdedeging.
http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/11/PA-63_with_Clip.jpg/300px-PA-63_with_Clip.jpg
As mens sou herlaai wat sal goed werk vir die wapen?
Enige voorstelle is welkom.
Môre Hennie, oorlede Dok Potgieter, was altyd spitsvondig in sy pogings om sy leerstellings oor te dra. My pa het destyds as n reservis 20 jaar diens diens gedoen. Hy het met n 7,65mm sy diens gedoen.
My Pa was bitter ongelukkig oor Dok Potgieter se aanmerking oor die 7,65. Dok het geskryf: " wat betref die 7,65mm vir sv, wil ek net noem, dat as ek ooit uitvind iemand het my geskiet met n 7,65, gaan ek ernstig aanstoot neem". Of so iets.
In elke geval stem ek saam: enige wapen as geen wapen nie. Tog dink ek die 7,65 is te klein.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
AS dit moontlik is om sulke betroubare handloads te laai soos topklas fabrieksammo, sou dit seker kon werk.
Maar topklas SV ammo soos Winchester Ranger Ts word teen baie hoe ladings gelaai en weens die gehaltebeheer gaan jy nie sommer 'n storing kry nie.
Dit gaan eintlik oor betroubare feeding in jou wapen - en natuurlik die feit dat die beste punte nie beskikbaar is as punte alleen nie. Daai ammo word as 'n geheel vervaardig: Spesifieke punte met spesifieke doppe en ladings.
In semi-outomatiese pistole is akkuraatheid relatief - en ondergeskik aan betroubare feeding. Dis hier waar fabrieksammunisie se betroubaarheid dit beter as handloads maak.
Dit bly egter steeds belangrik om jou SV ammo te "function test" want wat in bv 'n Glock werk, voer dalk nie altyd betroubaar in 'n BHP nie, ens, ens.
Dis die feite.
Maar topklas SV ammo soos Winchester Ranger Ts word teen baie hoe ladings gelaai en weens die gehaltebeheer gaan jy nie sommer 'n storing kry nie.
Dit gaan eintlik oor betroubare feeding in jou wapen - en natuurlik die feit dat die beste punte nie beskikbaar is as punte alleen nie. Daai ammo word as 'n geheel vervaardig: Spesifieke punte met spesifieke doppe en ladings.
In semi-outomatiese pistole is akkuraatheid relatief - en ondergeskik aan betroubare feeding. Dis hier waar fabrieksammunisie se betroubaarheid dit beter as handloads maak.
Dit bly egter steeds belangrik om jou SV ammo te "function test" want wat in bv 'n Glock werk, voer dalk nie altyd betroubaar in 'n BHP nie, ens, ens.
Dis die feite.
- HennieC
- Hero Member

- Posts: 608
- Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Ek dink net dat as die selfde waardes gebruik word wat vir geweer ammunisie herlaai gebruik word om handwapen amminisie te laai kan mens nie verkeurd gaan nie.
Ek skiet eerder met 'n ou kleintjie as wat ek moet klippe soek om mee te gooi.
Ek skiet eerder met 'n ou kleintjie as wat ek moet klippe soek om mee te gooi.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Manne,
Hou in gedagte dat die Amerikaanse kruite beter spoed en minder flash as Somchem gee.
Ranger-T's is regtig awesome carry ammo.
Hou in gedagte dat die Amerikaanse kruite beter spoed en minder flash as Somchem gee.
Ranger-T's is regtig awesome carry ammo.
Goed, beter, 6millimeter!
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Ek het eenkeer 'n pakkie Winchester Ranger T 127gr +p+ gekoop en ook die volgende, hornady critical defence 115gr, magtech JHP 115gr, Magtech 124gr JHP +P+, en Magtech guardian gold 124+P+. Ek het toetse gedoen met wetpacks om te kyk wie penetreer die meeste met die grootste wondkanaal en oopmaak.
Die hornady was teleurstellend swak net oot die 17cm penetrasie oopgemaak tot .39" en wondkanal 4cm, die magtech JHP 115gr het mooi oopgemaak tot by .46" met 20cm penetrasie met wondkanaal op die grootste 5.5cm.
Magtech GG 124 gr +P+ en Winchester Ranger T 127gr +p+ het 32cm penetreer oopgemaak tot by .65" met wondkanaal van net oor die 8cm, maar van beide het daar petals afgebreek.
Die beste wat ek gekry het was met Magtech 124gr 26cm penetrasie wondkanaal 7cm en oopgemaak tot .65" en kos maar R350 vir 50 waar die Gardian gold en Rangers net oor die R400 was vir 20.
Ek sal gaan soek vir die fotos van die toetse en dit post, ek het egter van die Koeëls gehou so as ek nie die toetse se fotos kry nie sal ek tenminste fotos van hulle kan plaas.
Die hornady was teleurstellend swak net oot die 17cm penetrasie oopgemaak tot .39" en wondkanal 4cm, die magtech JHP 115gr het mooi oopgemaak tot by .46" met 20cm penetrasie met wondkanaal op die grootste 5.5cm.
Magtech GG 124 gr +P+ en Winchester Ranger T 127gr +p+ het 32cm penetreer oopgemaak tot by .65" met wondkanaal van net oor die 8cm, maar van beide het daar petals afgebreek.
Die beste wat ek gekry het was met Magtech 124gr 26cm penetrasie wondkanaal 7cm en oopgemaak tot .65" en kos maar R350 vir 50 waar die Gardian gold en Rangers net oor die R400 was vir 20.
Ek sal gaan soek vir die fotos van die toetse en dit post, ek het egter van die Koeëls gehou so as ek nie die toetse se fotos kry nie sal ek tenminste fotos van hulle kan plaas.
- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Dankie, dis baie goeie inligting daai.
Hou net in gedagte dat wetpack en ballistic gelatin se resultate behoort te verskil*. Ek dink wetpack is bietjie hard vir SV ammo omdat hulle net deur klere en mensvleis moet skiet - hulle hoef nie buffels te stop nie.
* quote deur 'n ekspert: "Wet pack is useless except as a comparison of one bullet against another in that, specific, medium. The guys who do the ballistic gelatin tests use a formula that has been developed over decades to best resemble human and pig muscle.
I know such testing is fun, but it means pretty much nothing."
Hou net in gedagte dat wetpack en ballistic gelatin se resultate behoort te verskil*. Ek dink wetpack is bietjie hard vir SV ammo omdat hulle net deur klere en mensvleis moet skiet - hulle hoef nie buffels te stop nie.
* quote deur 'n ekspert: "Wet pack is useless except as a comparison of one bullet against another in that, specific, medium. The guys who do the ballistic gelatin tests use a formula that has been developed over decades to best resemble human and pig muscle.
I know such testing is fun, but it means pretty much nothing."
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: FEG 7.65 as SD wapen
Hierdie redenasie kom oorspronklik uit die VSA. Dit gaan hoofsaaklik oor aanspreeklikheid en oor aanklaers, wat jou gaan skilder as 'n bloeddorstge maniak, wat self "spesiale" ekstra-dodelikke ammunisie gemaak het, om meer dood te kan skiet as met "normale" winkel ammunisie. En as ons geluister het na ene Gerrie Nel se tirade oor Oscar Pistolius se Winchesters (wat winkel-ammu is!), kan ons dit dalk hier in SA ook oorkom.HennieC wrote:Ek sal ook dit graag wil weet. Want wat is handloads slegter as gekoopte ammunisie.spekieries wrote:Verduidelik hoekom jy sê 'n mens moet nie hand loads in 'n S W dra nie. Ek probeer nie snaaks wees, ek sal net graag die redenasie daar agter wil hoor.
Herlaaide ammunisie word dan gebruik om diere te skiet en om meer akkurater te wees.
As mens nie jou eie ammunisie vretrou nie hoe kan jy dit dan gebruik op diere.
Maar ek glo nie daar is enige uitgewysde saak, waar iemand wat sy wapen wettiglik vir SV gebruik het, enige moeilikheid gekry het oor die oorsprong of tipe van die ammunisie nie. (L.W. As jy nou enige gifstof in die koeël gaan sit, is dit 'n ander saak.)
Gewoonlik is winkel-ammu beter as die gemiddelde herlaaide patroon. Maar ek het onlangs beleef, dat patrone uit 'n nuwe pak, plaaslik vervaardigde ammu (die duur soort) nie wil afgaan tydens 'n nasionale kampioenskappe nie. Daai vervaardiger se kwaliteitsbeheer is ooglopend swakker as my herlaaide patrone s'n!
Ek sal geen beswaar hê, om my eie, behoorlik ontwikkelde, herlaaide holpunt-koeël patrone te gebruik vir SV nie. Maar ek het darem al heelwat van hulle geskiet, dus weet ek hulle is betroubaar. Om net 100 JHP koeëls te koop, en patrone te laai, is nie wys nie. Jy moet darem seker ten minste 50 tot 100 toets?
Indien die nood druk, sal ek ook maklik my herlaaide loodkoeël oefen en kompetisie-patrone gebruik vir SV. Ek het al derduisende van hulle geskiet, ken die trefpunt en weet hulle is 100% betroubaar. Beter as die bg. ervaring met winkelpatrone. Hoekom dan nie?
Maar oor die algemeen, is dit nie wys om 'n paar sent te spaar, op iets wat jy nodig het om jou lewe te red nie. Dit geld vir patrone, pistole, oefening en opleiding. Kry die beste wat jy kan bekostig, al moet jy 'n paar ander luukshede inboet.