Naeltjiebreuk

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Naeltjiebreuk

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Wie van julle het al die beleef en die gevolglike prosedures om dit reg te stel? Wat is die tydperk vir herstel indien dit chirurgies gekorregeer word?

Groetnis
Wouter
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by Hugo »

Wouter,

My vrou kry dit ten minste een maal n maand, bietjie gom en n pleister en geduld. Dan breek jy die nael eers weer as hy lank is.


Tong in die kies...


Geen idee Wout, maar sterkte, klink of jy in n pannarie is.
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by Hein (Haan) »

Ek le nou by die huis.
Ek is dinsdag geslag
Dit lyk my dit is maar so week se seer
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Naeltjiebreuk

Post by ruaanb »

Hulle doen dit deur jou naeltjie met minimale snywerk maar dit hang af van hoe groot die breuk is. Vir die 1ste 6 weke geen maar geen optel van enige iets nie en dan vir die volgende 6 weke net ligte goedjies optel. Die rede daarvoor is die fyn stekies asook die mesh wat ingesit word wat nou eers moet lekker vasgroei,etc. Is maar seer vir die 1ste 2 weke maar daarna is jy ok.

Myne seker so 10 jaar terug laat doen en nog nie weer issues gehad nie. My broer het syne so 4 weke terug laat doen en hy herstel mooi.

Jou maag gaan baie hard voel vir 'n baie lang ruk daar waar die mesh is maar met tyd word dit sagter. Seker die naaste wat jy aan 'n staal sixpack gaan kom LOL
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by Geno »

Toemaar Wout.
Jy sal darm vir die 2de 6 weke self kan gaan piepie. ;D

Sterkte maat. Ekself sit met 'n mantelvlies breuk wat moet reg kom...
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by Hein (Haan) »

Ek het n klein breuk gehad.
Die chirurg het my van die kante af oop gesny en n endoscopy repair gedoen.
Sorry ek gaan nie waag om die afrikaanse naam te spel nie.
Lyk my dit hang af hoe groot die breuk is.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by Wouter Roets »

Dankie Manne

As dit maar net n verdomde nael was! Ek het hom aan die begin van die jaar seer gemaak toe ek soos n wafferse You Think You Can Dance Like A Sixteenyear Old opgetree het met my vrou in die oggendure by n pel se dogter se troue! Wel ek dink dit was my vrou in elk geval. Ek wou hom toe maar kans gee om self te herstel en toe daarvan vergeet net om hom verder op te foeter toe ek dinsdag n industrieele coleman van die vliegtuig voor die vrouens probeer aftel het. Dumbass is nie die word nie en hy is nou behoorlik seer. Kry ook nie my verdomde pens ingetrek nie om alles te kroon.

Ek moet die 25ste November reg wees vir n jag so dus my vraag. Lyk my nie ek sal dit maak as hulle moet sny nie. Dan is dit maar n corset of so iets totdat ek kan laat werk aan die verdomde breuk. F*&% Tog!

Groetnis
Wouter
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by Hein (Haan) »

Sterkte Wouter as ek jy was sou ek ook eers self gaan jag het.
Ek se vanoggend vir my vrou ek dink dis hoe geboorte met nierstene vir n vrou moet voel
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Naeltjiebreuk

Post by ruaanb »

Gaan jag eers......
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by ANDRIES »

Die gedeelte van niks swaar optel nie.Moet daar dan gesit en piepie word???
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by Wouter Roets »

Manne

My huisdokter het my nou net terug gebel en hy se weer gaan sny eerder voor die jag. Nou wat de wetter nou?

Groetnis
Wout
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6972
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Naeltjiebreuk

Post by DWB »

Wout, my pel sin is 3 weke terug gedoen en ons sou more gaan vrake jag het. hy is reg daarvoor
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by junglejulian »

Vat dit dan maar erg rustig na die operasie vir 6 weke tot die groot jag en dan laat jy vir Ronald al die dop skink,bokke laai en gewere dra...
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by Hein (Haan) »

Dit sal ook seker afhang wat se voorbereiding jy voor die jag moet doen.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7557
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by Wouter Roets »

Haan

Daai is verseker n groot oorweging. Maar soos dinge nou gaan sukkel ek al klaar daarmee. Ek moet se vandat ek die verdomde breuk destyd opgedoen het het my fisieke toestand agter uit gegaan. My maag was nog nooit so groot nie, nie eers toe ek ophou rook het nie. Ek onthou baie goed met my oudste wat n liesbreuk gehad het waarvan ons nie geweet het nie, wat net stil(nie geskree nie) was as hy geeet het. Ek voel ook in die afgelope tyd so.

Sal maar hoor wat die spesialis se en wanneer hy my kan doen.

Bly om te hoor ek is nie enigste een wat hierdeur is nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by tripodmvr »

Wouter, moet nie hierdie ding ligtelik opvat nie. Ek het 2 jaar terug 'n dubbele liesbreuk laat doen. As die derm deur die breuk druk kan hy vasgeknyp word en dan kan dit vrot word en jou dood veroorsaak. Laat dit liefs regstel en dan kan jy saam met die suutjies loop en beweeg saamleef. Selfs die 2 snye het nie gekeer dat ek kon loop nie. Jy moet net die swaar optel vermy. Die ander manne moet dan jou geskiete diere optel terwyl jy jou drankie vashou.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by Sarel »

Luister na die dokter, en laat dit so gou as moontlik doen.

Dinge kan net slegter raak en nie beter as jy dit nie laat doen nie. Die jag kan dalk nog in sy maai wees ook, of jy gaan so ongemaklik voel, dat jy dit nie sal geniet nie.
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Naeltjiebreuk

Post by Finfan »

Het naeltjie en liesbreuk saam laat stik. Nael is klein en vinnig. Chirurg 6 weke afgeboek, maar seker na week 2 weer normaal gefunksioneer, behalwe natuurlik vir die volle 6 weke nie swaar goed opgetel nie. Ek het baie opgesien om dit te laat doen, maar was verseker die moeite werd op die einde.
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by Hein (Haan) »

Wouter as ek jou n tip kan gee hou net jou maag aan die gang as hy eers hard word is dit baie seer
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Naeltjiebreuk

Post by ruaanb »

Klink vir my of jy 'n groterige een het, dan maar beter om dadelik te laat doen. Nagevolge is soos die ander manne hier verduidelik het. Sterkte!
Finfan
Hero Member
Hero Member
Posts: 893
Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am

Re: Naeltjiebreuk

Post by Finfan »

Haan wrote:Wouter as ek jou n tip kan gee hou net jou maag aan die gang as hy eers hard word is dit baie seer
Kan getuig hier Haan, die eerste week bid jy maar om die toilet te vermy.
Neil Scholtz

22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by Riaan Kriel »

Wouter Roets wrote:Dankie Manne

As dit maar net n verdomde nael was! Ek het hom aan die begin van die jaar seer gemaak toe ek soos n wafferse You Think You Can Dance Like A Sixteenyear Old opgetree het met my vrou in die oggendure by n pel se dogter se troue! Wel ek dink dit was my vrou in elk geval. Ek wou hom toe maar kans gee om self te herstel en toe daarvan vergeet net om hom verder op te foeter toe ek dinsdag n industrieele coleman van die vliegtuig voor die vrouens probeer aftel het. Dumbass is nie die word nie en hy is nou behoorlik seer. Kry ook nie my verdomde pens ingetrek nie om alles te kroon.

Ek moet die 25ste November reg wees vir n jag so dus my vraag. Lyk my nie ek sal dit maak as hulle moet sny nie. Dan is dit maar n corset of so iets totdat ek kan laat werk aan die verdomde breuk. F*&% Tog!

Groetnis
Wouter
Is dit toe ook na jou danssessies wat die video's en fotos geneem is wat jy moes wegverduidelik aan die kleinman >:D
Ek het ook die oplossing vir jou jagprobleem, ek sal in jou plek gaan ++>:

Sterkte ou maat, daai is nie lekker nie. My pa het so paar jaar terug dieselfde probleem opgetel in die jagveld. Hy en die gids het probeer om saam met die jagplaas-eienaar se 8-jarige seun 'n koedoebul op te laai. Hy was nie lekker vir 'n paar dae nie maar het aangegaan. 2 Weke later was hy so geswel en so seer en met 'n hoë koors wat nie wou breek nie dat hy nie kon uitstel om dr toe te gaan nie. Noodoperasie was die uiteinde. Presies wat tripod gesê het. Die derm was vasgeknyp en het begin sweer. Uiteinde amper 'n week in die hospitaal en 'n baie langer hersteltyd as wat dit sou wees as hy van die begin af laat werk maak het. Moenie uitstel nie, jy kan later weer gaan jag maar jy kan nie jou gesondheid laat agteruit gaan omdat jy te bang is om dr. toe te gaan of om hospitaal toe te gaan nie.

Nogmaals sterkte - laat weet as ek kan help met iets ;)
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by kopskoot »

O sh!t!
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Naeltjiebreuk

Post by Johan Nel »

Wouter,
Ek het in Aprilmaand so 'n naeltjiebreuk operasie ondergaan. In my geval is daar iets soos 'n 'gator' (soos by bande) ingesit wat effektiewelik keer dat iets van binne af( ingewande, weeksel, vet) deur die gaatjie kan uitbeweeg. Dit neem sowat 14 dae vir die wond om te genees en genoegaam te versterk. Eerste week was die seerste. Tydens daardie 14 dae moes ek mooi stil wees, geen swaar goed optel of gimnastiekaksie uitvoer nie, daarna kon ek heel normaal aangaan. Sny was sowat 10cm lank. Ek weet nie wat se prosedure met jou gevolg gaan word nie. Laat doen dit maar en kry klaar. As van jou ingewande deur daardie breuk gaan en daar vassit is dit noodoperasies uitvoer.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Naeltjiebreuk

Post by Pappabeer »

Wouter, hoe groter die breuk hoe beter.

Jy kan met gemak met n groot bepreuk rondloop sonder gevaar. Dit is die breukies met n klein opening wat derm deurlaat en dan stranguleer, en dan sit jy met meer en hare as wat jy kan hanteer.

Wat die snywerk betref, dit is n Gortex mesh wat oopgerol word oor die defek en daar vasgewerk word. Die sukses met n eerste poging is baie goed. Na n week of twee sal jy met volkome funksie kan aangaan, MITS:

1. Jy n Moerse goeie fisio het wat jou leer om die abdominale wand te beskerm en te ondersteun met alles wat jy doen, veral alles wat intra-abdominale druk verhoog, ie hoes, skyt, goed optel etc etc. (los sommer die kamele nou - rook duiwel wondheling op en laat jou hoes)
2. Die wond skoonbly - as daai outjies septies raak is jou hele pens daarmee heen.- dus sou ek sê ASAP, dat hy heel kan wees voor julle Moz trip...
3. n Post-opp korset dra vir die eerste 3-6 weke na die chirurgie. Daar is n paar chirurge wat nie hierin glo nie, maar die bewys gebasseerde data vir hierdie siening ontbreek.

Ek kan vir jou vir Samantha uitpimp vir die fisio deel teen die nominale fooi van n buffeltjie, en soos Marc reeds tevore voorgestel het, moet julle maar n medic of twee saamvat Moz toe. Seinde al jou onbaatsugtige raad hier op die forum sal dit die minste kan wees wat ons vir jou kan doen.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Post Reply