My 404 Jeffery Projek

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
Post Reply
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6970
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

My 404 Jeffery Projek

Post by DWB »

Soos meeste van julle weet is ek al van laas jaar Julie af besig om 'n 404 Jeff te laat bou.

Na menings verskille met die eerste geweersmede oor hoe die roer moet lyk, het ek in November/Desember die projek by hul onttrek en slegs die loop gevat.

Ek het dit toe na 'n ander geweersmid van my keuse geskuif en die eerste week in Januarie my loop by hom ingehandig. Die geweersmid het my ook van 'n Kommersiële Oberndorf Mauser aksie voorsien (ex 10.75x68)

Ek het toe sommer by Formalito vir my 'n Graad 3 Turkish Wallnut Blank ook opgetel.

Hier is die komponente:

(Kolf is net die "template")

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/20140113_092838.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/20140113_092917.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/20140113_205654.jpg

Die doel van die geweer is om 'n geweer te hê wat betroubaar is en waarmee ek nie gaan bang wees om te jag nie.

Na 8 maande van dat ek die deposito laas jaar Julie inbetaal het kon ek darem met baie moeite die loop op die polisie se sisteem kry na hy nooit vanaf "Government Stores" af oorgedra is nie.

Toe sukkel ek verder om by die regte persone uit te kom om die goedkeuring vir die bou te kry.

Toe is die reamer foutief waarmee my loop se kamer gesny is.

Dit het als 'n baie slegte smaak in my mond gelos!

Gelukkig so 5 weke terug het die nuwe reamer gekom en die kamer is uitgesort en die loop en aksie is toe die volgende dag geproef by die SABS.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/20140714_141844.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/20140714_133319.jpg

So na 15 maande kon ek aansoek doen vir my lisensie, net om uit te vind die CFR het hom nog nooit na die handelaar oorgedra nie!!!!!!!!

Paar dae later is dit uitgesort en my aansoek is in!

Dinge begin nou spoed vang en ek deel sommer met julle dit wat ek nou al kon sien.

Trappie net voor aksie:

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/20141009_091807.jpg

Barrel Band (hand gemaak uit een stuk staal):

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/20141009_091800.jpg

Voorste Barrel band visier, ook uit een stuk staal gemaak, maar wat baie interresant is, die loop word dunner gedraai waar die barrel band van die visier begin, toe word die Barrel Band met visier basis gemaak en dit skuif dan oor die loop dat dit als soos een ding lyk, ek moes eintlik 'n foto geneem het van dit maar was so stomgeslaan ek het vergeet. Die loop is darem al gekroon ook:

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/20141009_091708.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/20141009_091743.jpg

Ek gaan weer die 7de November ook en ons hoop om dan al die kolf te kan pas.

Die beplanning is om die roer teen Kersfees klaar te hê.

Die fotos wys nie als mooi nie, maar manne, hierdie is top klas werk!

Ek kan nie meer wag nie!
Last edited by DWB on Mon Mar 09, 2015 6:16 am, edited 3 times in total.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by Ralph Badenhorst »

Daarsy Deon

Bly jou wapen kom nou mooi aan. Hou ons op hoogte

Groete

Ralph jr.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6970
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by DWB »

Dankie Ralph! Ja hel ek ook!

Sal so maak!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Umshwati Boy
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 342
Joined: Wed Feb 29, 2012 10:06 am

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by Umshwati Boy »

Lyk mooi. Jammer om te hoor oor al die gesukkel, hoopelik gaan die CFR vining..
"A peculiar virtue in wildlife ethics is that the hunter ordinarily has no gallery to applaud or disapprove of his conduct. Whatever his acts, they are dictated by his own conscience, rather than by a mob of onlookers. It is difficult to exaggerate the importance of this fact."
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by NEGE3 »

Dit lyk mooi Deon. Ek is baie bly vir jou dat alles nou bymekaar kom. Kan nie wag om die klaar produk te sien nie.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6970
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by DWB »

Dankie julle! Dit was nogals nie 'n plesierige storie nie, maar nou begin dit lekker raak!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by Smitstertjies »

Deon, hoe lekker sal dit nie wees om hom kersdag onder die boom te he nie!! Ek hoop kersvader doen sy deel!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6970
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by DWB »

Hehehehe Dankie meneer!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by JAGTERSREG-JRM »

Daarsy Deon dit klink vir my belowend............jy kan sekerlik nie meer wag nie
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by rudib »

Lyk soos steve fourie se werk. Baie mooi!!!
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by Dries101 »

Tjom daai gaan mooi wees. Kannie wag nie - hy gaan daai 450 greiners mooi gooi
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6970
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by DWB »

Rudi, dis Juan Brogiolo se werk.

Dankie manne! Gat heuk erg! !!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6970
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by DWB »

Andries! New grounds ou maat! New grounds!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by Speelmansjagter »

Netjies. Ek het ook so projek in gedagte, maar net vir 'n 9.3x62. Het klaar die aksie.
As ek mag vra, hoe het jy op die 404 besluit?
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by Marc »

Ou Deon dit lyk grend man, wragtag iets baie besonders en elke minuut se gewag en sukkel werd !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by Flip Nel »

Baie nice deon, ek sien jy gaan hom geniet, wil jy hom gebruik vir die
Seekoei wat jy vir volgende jaar beplan het.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by Dries101 »

Wag in spanning vir DWB se antwoord oor" hoekom die 404-" geen pressure nie my maat (-,
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by Hilux01 »

Deon

ek is groen van jaloesie
geniet elke oomblik eendag as ek groot is gaan ek ook n .404 Jeff besit
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Speelmansjagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 651
Joined: Sat Jun 15, 2013 5:39 pm

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by Speelmansjagter »

Dom vraag?
Is dit 'n standaard lengte aksie daai? gedink mens het 'n langer aksie nodig.
.22Lr Norinco,.22Lr Mauser, .22 Hornet, 7 x 64 Brenneke, .30-06 Springfield, 9.3 x62 Mauser, .338 Lapua, BSA shotgun, 9mm Par
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by Dries101 »

speelmansjagter wrote:Dom vraag?
Is dit 'n standaard lengte aksie daai? gedink mens het 'n langer aksie nodig.
Standaard aksie is reg, Col vir die 404 is 89.66mm. Daars is n argument vir n magnum aksie om die col langer te maak maar dan kan jy geen van die beskikbare koels se krimp groef gebruik nie. En daai is belangriker as om n ektra paar voet per sekonde uit die 404 te kry. Met n col van 89.5 kan ek 2250 uit n 450 greiner uithaal binne druk perke. n 0.423 kal 450 greiner met n S.D van 0.361 teen 2150 uit n 22 duim loop is n monster.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6970
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by DWB »

Verskoon asseblief die blerrie auto correct!

Baie Dankie vir almal se belangstelling!

Speelmansjagter, ek gaan jou nou behoorlik probeer antwoord oor hoekom die 404, maar ek wil jou amper se dit gaan baie naby wees aan hoekom jy 'n 9.3 soek :)
Terloops, jy sal NOOIT spyt wees nie! Ek is steeds versot op my 9.3

@ Dries101, ou maat, 'n man met 'n jong vrou mag mos maar laat slaap :)

Ok, nou hoekom die 404:

Toe my belangstelling begin groei het ek heel eerste gedink aan 'n CZ in 416 Rigby, bloot oor ek nog nie veel van die 404 geweet het behalwe dat hy R43000 in die CZ gekos het op daai stadium nie.

Ek het my voornemes aan ons plaaslike handelaar genoem en hy het voorgestel ek oorweeg die 404 ook.

Ek het toe begin oplees en agtergekom die 404 is eintlik baie soortgelyk aan die 9.3 wat geskiedenis aanbetref,dit het my aandag onmiddelik getrek want ek is nie eintlik 'n mainstream ou nie. Dis maar dieselfde storie van die 9.3 kan als doen wat die 375 doen maar die 375 doen dit beter... jy weet wat ek bedoel.

Na ek begin laas jaar op my eerste buffel jag saam 'n vriend is, het ek bietjie begin twyfel in my arme ou 9.3 na ek gesien het hoe groot 'n buffel is as hy naby is :D

Dit het ook maar begin gaan oor die wettige minimum kaliber waar ek op plekke kon opdraend kry met die 9.3.

Ek het meer en meer gelees oor die 404 en met een geskiet en lank met 'n dummy rondte in my sak rondgeloop en droom.

En soos Kevin Robertson dit gestel het in sy een boek: The 404 Jeffery did all the work and the 416 got all the glory...

Nou genoeg van die romanse rondom dit, want daar is nog baaaaaie :D

Wat maak die 404 prakties vir my die beter opsie:

Hy is 'n rapsie groter in deursnee as die .416 :) :) :)
Hy kan met gemak op 'n standaard lengte aksie gebou word
Jy sukkel nie om hom te kry om goed te voer nie en hy voer oor die algemeen soos 'n warm mes deur botter
Weens die feit dat hy 'n standaard lengte aksie gebruik is die geweer meer kompak
Hy kan met gemak 'n 400gr koeel teen 2250ft/s skiet (Selfs ook 450gr teen 2150ft/s met min moeite)
Jy behoort 3 rondtes in die magasyn te kan kry teenoor die 416 wat soms net twee vat
Terugskop behoort ook minder te wees as die 416 weens die dopvorm
en so aan en so aan.

Daar is seker baie ander wat ook aan hierdie vereistes voldoen, maar geen of bitter min van hulle het die geskiedenis van die 404. En soms kan 'n man maar nie anders as om op 'n kaliber bloot verlief te raak weens sy geskiedenis nie...

En toe kom ek agter hulle is nie so maklik verkrygbaar van die rak af nie, nou bou ons maar een :D

En glo my, ek is nie in die finansiele posisie om hierdie roer net te bou nie, dit het baie harde werk, 'n klomp slim planne en 'n paar tax returns gevat om dit reg te kry :D
Last edited by DWB on Wed Feb 04, 2015 6:53 am, edited 1 time in total.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6970
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by DWB »

So paar drade oor die 404:

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=133&t=8743

Waar my gat begin heuk het:

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=133&t=19543

Gunsteling stukkie oor die 404:


I heard the following story from a Professional Hunter with years of experience in Zimbabwe and South Africa:



“When a client shows up in camp with a .375 Holland & Holland, you immediately know that you have a practical and able chap as a customer, a wise and knowledgeable hunter who will listen to reason. When a client shows up in camp with a .458 Win Mag, you know that most likely the only experience the hunter has had is reading the pages of Outdoor Life magazine, probably 30-year-old editions. When a client shows up in camp with a Remington or a Weatherby in any caliber, you know the hunter’s experience probably does not extend past the clerk at the gun counter. When a client shows up with a double rifle, you know you have an elitist for a customer, much like the guy coming down the charter boat dock at the marina carrying a fly rod, and you approach him with caution. When a client shows up with a .416 Rigby, you know you have someone who has studied and respects the rich history and traditions of the sport of dangerous-game hunting. And when a client shows up in camp with a .404 Jeffery, you know this is someone who cares enough about said history and traditions to go to the immense trouble of building and loading a gun and cartridge long sacrificed to the gods of mass production and commercialism. You take a liking to this guy immediately.”

You might think a wizened old man with an albatross around his neck told me this story. Not so. This PH was 29 years old. He’d heard the story at the beginning of his hunting career more than ten years ago and has since confirmed its wisdom to the point of repeating it whenever he senses a sympathetic audience. The legend of the .404 Jeffery is alive and well indeed.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by Hilux01 »

;-)

Deon hoe laat jy n man nou glimlag
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by Dries101 »

Dwb nog so iets om te noem. Die 404 was die eerste ontwerpte groot boor gevaarlike wild slotaksie kaliber. Voor dit as jy n grootboor gesoek het moes jy n dubbel koop. 1905 - enige iets na dit is net n probeerslag om die oorspronklike te verbeter, en dit is in n 110 jaar met net enkele kalibers reg gekry.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6970
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: My 404 Jeffery Projek

Post by DWB »

Ja ek wou dit noem :)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply