Reënweer

Post Reply
BosHond
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Sat Mar 15, 2014 8:35 pm

Reënweer

Post by BosHond »

Middag almal

Ek wil net graag hoor...reënweer...baie se reënweer is 'n goeie tyd om te probeer maar ander se weer nie?
Ek het nog nooit regtig gevind dat dit enigsins positiewe weer is nie...

Ligte sagte reën is glo 'n wenner...

Wat se julle?
Rot
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Mon Nov 14, 2011 8:16 am

Re: Reënweer

Post by Rot »

Al wat ek al gesien het as dit so mot reënjie is kry ek jakkalse vroeg ogend rondloop as ek ry.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Reënweer

Post by Riaan Kriel »

As dit reën slaap ek liewers lekker en luister na die seëning van Bo op die sinkdak. Ek is jammer maar ek gaan nie uit met my gewere as dit nie NOOD is nie...... Daar is genoeg ander tye wat dit nie reën nie om lekker te speel. (Ek kry myself ook jammer om natgereën agterop die bakkie te sit is ook nie lekker nie ;) )
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Reënweer

Post by BLOK »

Het al self meer as een keer in die reen n jakkals geskiet. Die ideaal is natuurlik net na dit gereen het, jakkie is ook nat gereen en wil nou droogkom en die reen het hom verhoed om uit ge gaan en sy normale roetine te doen en vreet so gewoonlik is hy dan ook meer honger. Ander ding is net na reen is daar gewoonlik heelwat ander diere wat ook eers uitkom oor hulle terug gehou was in hul gate, muise, paddas, motte ens.

Weet nie is maar my gevoel, dalk verskil die geleerdes se ondervinding.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Abrie Smit
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 90
Joined: Tue Oct 08, 2013 8:34 am

Re: Reënweer

Post by Abrie Smit »

Stem saam Blok. Maar het ook ervaar as dit regtig baie gereën het en die water staan, is hulle nie so geredelik om in te kom nie. Weet egter van manne wat waar jakkals deur vlakkerige rivier gekom het agter roeper aan.

Mooi dag
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Reënweer

Post by Cobus(Cobb) »

Ek het altyd die beste voorneme om deur die reen te roep, maar na 30min se not en roes ens, klim ek maar in bakkie.....ry my later dan huistoe.....
Slapgattig ja....ek weet.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Post Reply