Waar Begin die Geweer se Loop?
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Waar Begin die Geweer se Loop?
Vir die doeleindes van akuraatheid en QL -
Hoe meet mens loop lengte of kry jy dit maar van die vervaardiger af? Indien ek 'n koel punt by die kamer indruk tot hy vas haak en dan 'n skoonmaak stok by die loop indruk tot hy teen die koel stop - sal dit die loop se lengte wees?
Dan - stop die loop by die loop se punt of stop hy eintlik waar die "crown" is?
Indien jy die loop kon uitskroef en van die aksie skei sal dit seker die akuraatste wees maar dit is nie prakties nie.
Hoe meet mens loop lengte of kry jy dit maar van die vervaardiger af? Indien ek 'n koel punt by die kamer indruk tot hy vas haak en dan 'n skoonmaak stok by die loop indruk tot hy teen die koel stop - sal dit die loop se lengte wees?
Dan - stop die loop by die loop se punt of stop hy eintlik waar die "crown" is?
Indien jy die loop kon uitskroef en van die aksie skei sal dit seker die akuraatste wees maar dit is nie prakties nie.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3613
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Maak slot toe met leeg kamer. Druk skoonmaakstok voor by loop in tot teen slot. Maak merk op stok gelyk met kroon. Meet van die merk tot punt van stok. Dit is jou loop lengte. Vir my voel dit ook of die loop moet begin waar die groewe begin maar bg is die algemeen aanvaarde manier.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7990
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Vir hierdie mate meet jy van die slot se gesig tot by die loop se kroon.
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Stem saam. Ek meet ook so.
- Jacquesb
- Hero Member

- Posts: 1241
- Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Stem saam
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Onthou net om die slot te span anders gee die slagpen wat uotsteek verkeerde lesing. Dis nie so krieties met die meet van die loop nie maar as ky met stok metode TPL meet maak dit wel 'n baie groot verskil.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7990
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Pvdw, as dit n baie groot verskil maak steek jou slagpen te vêr uit 
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Sy geweer is seker bly om hom te sienArnold wrote:Pvdw, as dit n baie groot verskil maak steek jou slagpen te vêr uit
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Gawie, sit slim kind. Jy het my nou lekker laat lag.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
So man of 2 hier wat met kort slagpen sit. Jammer om van julle probleme te hoor 
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Nou verstaan ek Pvdw glad nie. As 'n mens die slot span, is die slagpen mos na vore? Moet dit nie ontspan wees nie?
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Chevvy, as die slot gespan is, trek die slagpen terug in die slot totdat die sneller getrek word. Die slagpen ontspan en slaan dan die ontsteker wat die kruit brand maak. Die res ken jy darem.Chevvy SS wrote:Nou verstaan ek Pvdw glad nie. As 'n mens die slot span, is die slagpen mos na vore? Moet dit nie ontspan wees nie?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Pasop, hier leer jy nou by die jonger garde waaroor dit gaan in die skietsport!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Gawie, waar is jou slagpen as jou slot gespan is?
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
My geweer se slagpen is teruggetrek in die slot as die slot gespan is.Chevvy SS wrote:Gawie, waar is jou slagpen as jou slot gespan is?
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Jou arme vrou..........
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Skerp een Gawie 
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Laat almal tog verstaan! Jou slagpen en die geweer s'n voer teenoorgestelde aksies uit as dit gespan is. 
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Hierdie maak glad nie sin nie. Dit beteken dat die loop se lengte ook die volle patroon se lengte insluit. Sekerlik begin die loop eers by die groewe / lands want dit is van hieraf wat die punt die dop verlaat en begin versnel. Die punt begin nie versnel vanaf die einde van die slot nie.Fanta300 wrote:Maak slot toe met leeg kamer. Druk skoonmaakstok voor by loop in tot teen slot. Maak merk op stok gelyk met kroon. Meet van die merk tot punt van stok. Dit is jou loop lengte.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
Williel
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Boesman, dit klink nie reg nie maar dis hoe QL werk om die harmonika van die loop te bepaal. Dis nou daai super slow mo sweepslag.
Groete, Willie
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Boesman10 wrote:Hierdie maak glad nie sin nie. Dit beteken dat die loop se lengte ook die volle patroon se lengte insluit. Sekerlik begin die loop eers by die groewe / lands want dit is van hieraf wat die punt die dop verlaat en begin versnel. Die punt begin nie versnel vanaf die einde van die slot nie.Fanta300 wrote:Maak slot toe met leeg kamer. Druk skoonmaakstok voor by loop in tot teen slot. Maak merk op stok gelyk met kroon. Meet van die merk tot punt van stok. Dit is jou loop lengte.
Nou hoe kan jy 'n loop he sonder die kamer gedeelte, anders moet jy praat wanneer die gegroefde gedeelte van die loop begin
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3137
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
Jammer manne, Sauvignon Blanc het my slagpen beïnvloed.Pvdw wrote:Onthou net om die slot te span anders gee die slagpen wat uotsteek verkeerde lesing. Dis nie so krieties met die meet van die loop nie maar as ky met stok metode TPL meet maak dit wel 'n baie groot verskil.
Last edited by Chevvy SS on Tue Oct 07, 2014 10:16 pm, edited 1 time in total.
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
QL het die dop lengte sowel as die tpl, en doen die berekening met die lengtes soos ingevoer.
Vir bg rede moet jy die volle lengte van kroon tot slot in ql moet invoer
Vir bg rede moet jy die volle lengte van kroon tot slot in ql moet invoer
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Waar Begin die Geweer se Loop?
My geweer is adverteer met 22 duim loop en as ek hom op die slot metode meet is hy 22 duim.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P