Ek het gister my HD5 5-25X50(op 'n Sendero II 264WM) met die nuwe SHV5-20x56(Sendero II 300wm) vergelyk en dit goed gedink om dit met julle te deel. Wil maar net se dat dit wat ek waar geneem het maar net my opinie is.
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/IMG_2202_zps342a533c.jpg
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/IMG_2208_zps83f324fe.jpg
Ek het na 'n bees en paar bome se takke en blare gekyk.Die bees was 242m van my af en van die bome was nader en verder as dit. Ek het eers die 2 scopes op 20x vergelyk.
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/IMG_2207_zpsceffe456.jpg
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/IMG_2206_zps7fc73649.jpg
Hierdie fotos was met my iphone geneem en dit wys glad nie hoe goed die beeld van die 2 scopes is nie.
Het ook die verskillende paralakse mee gespeel.Die HD5 sin was baie meer sensitief gewees as die SHV.
5X..
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/IMG_2209_zpscba77878.jpg
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/IMG_2210_zpsfce91ae5.jpg
Op die kleinste vergroting het dit vir my gelyk asof die SHV meer vergroot as wat die HD5 alhoewel albei op 5x vergroting was. SHV het vir my 'n klein bietjie beter gelyk.Waar die HD5 se kleure weer beter was.(ek het nie die beste oê nie).
Ek het destyds vir my HD5 onder die R10 000 betaal en ek het nou vir die SHV amper R16000.As ek volgens die prys gaan sal ek 'n HD5 koop. Maar ek moet se die SHV is beter as jy dit kan betaal. As jy hom vas hou kan jy sommer voel die ding is gebou om te hou. 'n Groot plus punt vir die SHV is die MOAR. Dit is 'n baie lekker kruishaar.
Zeiss sal miskien meer na so iets moet kyk as hulle target turrets vorentoe wil gebruik.Want die kombinasie sal baie
kompetisie manne dan lok na die hd5.
Wil net weer laastens sê..hierdie is my persoonlike opinie van die scopes.Ek is baie gelukkig met die HD5(het nog een met Varmint op my 22-250) maar tussen die SHV en HD5 sal ek NF gaan. Groot ding is net om te onthou daar
is 'n prys verskil en jy kry wat jy voor betaal.Hilux is vir 'n rede duurder as 'n GWM.
Groete
P

