Nuwe afdeling: Swartkruit

Alles oor Swartkruit hier
Post Reply
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Nuwe afdeling: Swartkruit

Post by jaracal »

Daar was 'n versoek om 'n nuwe afdeling/board vir die ouens wat Swartkruit jag/skiet/herlaai beoefen oop te maak en doen ons dit met graagte. Geniet die nuwe deel en deel met ons jou genot, net dalk begin ons ook daarmee.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Nuwe afdeling: Swartkruit

Post by THOMAST »

Met die prys van swartkruit deesdae is ek maar redelik snoep met die skietery.
Hopelik is daar goeie nuus in die toekoms: moontlike ander verskaffer?
Dit is vir my 'n heerlike tydsverdryf as ek net die dag wil ontspan, sonder om my te bekommer oor mikro groepies. As ek nou wil sukkel, haal ek my snaphaan uit, dan lyk die ander goeters sommer lekker.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Nuwe afdeling: Swartkruit

Post by LUAN »

Nou toe nou dis hoogtyd. Die swartkruit storie lyk of daar lig in die tonnel is. Pyrobat wat sannadex maak en toe moes ophou maak gaan n nuwe tipe kruit uitbring wat nog skoner brand. Ek haal aan vanaf whitesmoke webwerf
Regarding the classification of explosives :

All pyrotechnic compositions and/or substances are classified as explosives - from matches to toy caps, to sparklers and model rocket engines (fireworks), to black powder, to smokeless powder (propellants), to water-gel (mining) and plastic explosives (military). The irony is that the latter (plastic explosives like C4) is actually amongst the safest of them all to handle, store and transport.

About propellants: Both black powder and smokeless powders are classified as propellants. Black powder was the first propellant invented to propel a projectile. Later nitrocellulose (and its double based variants) replaced black powder - because smokeless powder is more potent and thus more efficient than black powder (a logic conclusion).

As mentioned, smokeless powders are more potent; they have a much higher pressure curve and also they can be detonated, having a high order detonating velocity above 7000m/s. That is why smokeless powders are classified as explosives, division 1.1 D or 1.1 C or 1.3 C under the UN regulations.

Black powder is also classified as 1.1 D. But black powder cannot be detonated; it can only undergo a low order detonation, around 1300m/s when highly confined, or when an amount higher than its critical mass is ignited (around 300kg). This simply means… as a propellant, smokeless powder is more dangerous than black powder because it can do more damage; but black powder is more sensitive to ignition; hence the higher risk to manufacture, store and transport.

Regarding Sannadex Safepack :
Sannadex Safepack is pre-packed separately in its (non-explosive, non-flammable) components; being a binary product that can be safely mixed in a predetermined and controlled manner. Sannadex Safepack can be quickly, effectively & safely mixed just before use.

Binary (separate, pre-packaged, semi mixed) products are UN classified as being non-explosive, due to being separated in their non-explosive components. The use of binary products are not internationally classified purely as “manufacturing” ; but rather sub-divided under “preparation before use” - because such process is pre-measured and controlled, purpose-specific designed, limited to be within pre-determined safety limits and specifications ; as well as user friendly.

Sannadex Safepack comprises of two (non-flammable) components, namely a bag of component A (blue powder) and a bag of component B (pink powder) that is then added to a special anti-static bottle; closed and shaken for one minute to provide only 200grams of a fine grey powder (new improved Sannadex).

When mixed, Sannadex Safepack Powder burns cleaner than before, having even less residue. It is also non hygroscopic, has an unlimited shelf life and will not degrade over time.

When mixed, Sannadex Safepack is less sensitive (relatively non-sensitive) to impact and friction than normal black powder, ensuring relative safer handling conditions. It is also classified as a propellant, and while in powder form under division 1.1 D. However, when water is added to SDX Safepack, it is rendered non-explosive, and in this wet state it can be easily transformed into 30 grain pellets by means of a kit and instructions.

While in pre-packed or binary (unmixed) form, Sannadex Safepack can be stored & locked safely without the need for a safe or magazine and can be transported safely without licences or permits. This means it can be transported by normal courier from Pietersburg to Cape Town or wherever needed.

However, because the end (mixed) product is still an explosive, Sannadex Safepack will be restricted, controlled, regulated, sold & distributed as if for black powder - meaning it will only be available to registered and licenced dealers & clients. The wholesale & distribution of Sannadex Safepack will be logged in a register, and gun shops will log the sales of Sannadex Safepack to clients in a register as usual.

We are currently testing the product and making adjustments. Will report back soon
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Nuwe afdeling: Swartkruit

Post by SV MAD (Henk) »

Baie dankie.
Ek sal dit self ook nog 1dag wil beoefen, maar agv die onsekerheid tans wil ek nie nou iets koop nie. Maar my gat jeuk al so 2 jaar om 'n swartkruit roer aan te skaf, hoe groter die kaliber, hoe beter. As daar 'n 72 oor die pad kom, ai ai ai...
ek soek nog wapens...
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nuwe afdeling: Swartkruit

Post by Armand Steenkamp »

Kerels dis diep lekker! Ek het ongelukkig my rookpyp verkoop, maar sal baie like van die nuwe in line geweere van T/C. Het gesien die manne sit sommer scopes op.

Groetnis
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: Nuwe afdeling: Swartkruit

Post by PaulM »

SV MAD (Henk) wrote:Baie dankie.
Ek sal dit self ook nog 1dag wil beoefen, maar agv die onsekerheid tans wil ek nie nou iets koop nie. Maar my gat jeuk al so 2 jaar om 'n swartkruit roer aan te skaf, hoe groter die kaliber, hoe beter. As daar 'n 72 oor die pad kom, ai ai ai...
Henk, ek het so twee jaar gelede 'n replika van die "Bobbejaanboud" daar by Classic Arms raakgeloop, en onmiddelik verlief geraak. Dit is nou die manne wat daar in Bloedrivier se tyd gewerk het. En as jy gedink het dit was 'n wonderwerk wat daar plaasgevind het, moet jy met die ou flintlock skiet. Dan sal jy eers besef hoe groot die wonderwerk nou eintlik was! Ek twyfel of ek twee skote per minuut sal kan inpas, en dan maak party skote nog net "kliek" ook. Maar as die skoot klap en die rookwolk dryf so weg op die briesie, dan kry jy sommer hoendervleis. En dan stamp daai .75 kaliber ghoen ook lekker daar waar hy sy stop kry.

Dis net die skoonmaak wat pla, ai.....
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Nuwe afdeling: Swartkruit

Post by Mars67 »

Met van die nuwe produkte soos Boretech se swartkruit skoonmaak middel is dit sommer baie makliker. (Moet netnie als glo wat hulle op aanspraak maak mbt tot roeswering. Olie maar goed na jy klaar is.) Enige geweer behoort goed skoongemaak te word as mens klaar geskiet het. Hierdie voorlaaiers verplig jou maar net om te doen wat jy in elk geval moet.
Heinrich
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Fri Oct 03, 2014 3:59 pm

Re: Nuwe afdeling: Swartkruit

Post by Heinrich »

Is daar al enige nuwe nuus oor die sanadex safepac?
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Nuwe afdeling: Swartkruit

Post by Mars67 »

Nee ek het baie lanklaas iets daarvan gehoor en ek dink nie ons moet ons asems ophou nie. Die probleem met die safepack is dat die proses van die meng van die finale plofstof val vierkantig binne die definisie en verbod op die vervaardig van plofstof sonder 'n lisensie. Volgens my begrip van die wet op ontplofbare stowwe in elk geval.
Post Reply