Jakkals of kat of wat?
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Jakkals of kat of wat?
Hallo Manne
Hier is n ding wat elke aand een van my lammers vang. Dit is omtrent elke keer op dieselfde plek. Slaapplek van ooie. Het al geroep maar niks kom in nie.
Die bytplek lyk soos die van n jakkals maar die lammers word morsig gevreet. Boude ens word nie aan geraak nie. Die pens word wel oop geskeur en die pensmis lekker rond gestrooi. Derms word ook gevreet. Die wind waai deesdae erg hier en ek kan nie spore sien nie.
Die lam word op een plek gevang en dan so 5 tot 10m verder gesleep en dan gevreet. Dit voel vir my of dit n jakkals moet wees maar hulle skeur mos nie pense oop nie, of is ek verkeerd?
Enige hulp sal waardeer word. Sommer hoe om te roep ook asb.
Groete
Doepie

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Jakkals of kat of wat?
Klink vir my baie na Jakkals. Ek sou begin deur die blyplek (kerngebied) van die jakkalse te soek. In my wereld kan dit maklik tot 3km (selfs verder) van die vangplek wees. Begin miskien deur by die vanplek te staan en te kyk waar die naaste (beste) hoë grond grond is vanwaar die jakkals die wêreld kan dophou.
Sterkte
Louis
Sterkte
Louis
- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Jakkals of kat of wat?
Doepie
Wil saam stem met Louis. Lyk partykeer of hulle lam oopmaak en sleep en pensmis in n streep los. Die eet van die ingewande dui op jakkals en wil weer saam met Louis stem om kerngebied te probeer opspoor en naby die kerngebied op pad na eetplek te roep op goeie roepplek. Eerder bietjie verder van kern as daar naby nie goeie plek is nie.
Weet dit is partykeer makliker gese as gedaan, maar die plek waar hulle vandaan kom is die sleutel. As nie te ver van kern dink ek sal jakkalshuil goed werk.
Maar net my mening.
groete Freddie
Wil saam stem met Louis. Lyk partykeer of hulle lam oopmaak en sleep en pensmis in n streep los. Die eet van die ingewande dui op jakkals en wil weer saam met Louis stem om kerngebied te probeer opspoor en naby die kerngebied op pad na eetplek te roep op goeie roepplek. Eerder bietjie verder van kern as daar naby nie goeie plek is nie.
Weet dit is partykeer makliker gese as gedaan, maar die plek waar hulle vandaan kom is die sleutel. As nie te ver van kern dink ek sal jakkalshuil goed werk.
Maar net my mening.
groete Freddie
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Jakkals of kat of wat?
Dankie vir jul raad manne.
Ek sit natuurlik weer met die probleem dat daar weerskante van die vangplek bure is wat nie op hul grond laat roep nie en ek is seker dat die kerngebied in hul grond is. Gaan maar skelmpies die roeper in hul grond sit en teen die draad staan. Ek het ook n vermoede dat dit dalk n enkel jakkals is want daar word nie veel aan die karkas gevreet nie en niks word weggedra nie.
Baie dankie nogmaals

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Jakkals of kat of wat?
ek het geleer die tyd van jaar is jakkals bitter skelm by sy vangplek. vermy dit maar, en soek kern
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Jakkals of kat of wat?
Cassie ek stem saam, maar hoe gemaak as ek nie by die kern gebied kan uitkom nie? Ek wil ook nie die hele wereld aan my kant plat ry en oorroep nie. Ander probleem wat ek mee sit is dat Jakkalse in ons gebied nie sommer antwoord op n roep nie. Die kans dat jy n antwoord kry tydens n nag se roepsessie is so 20%.
Probeer sal ons prober
Groete
Probeer sal ons prober
Groete
- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Jakkals of kat of wat?
As daar elke aand gevang word, kan die booswig mos voorgesit word by die vangplek, of hoe?
Goed, beter, 6millimeter!
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Jakkals of kat of wat?
Doepie
Ek stem saam met Geno
Sit en wag vir hom/hulle by die vangplek.......sonder om te roep en lig min

- Francois B
- Full Member

- Posts: 111
- Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am
Re: Jakkals of kat of wat?
Dit is dalk nie jou probleem nie maar ek wil graag deel met julle! By met raak die veld nou effens droog en dit maak dat die bobejane begin vang ek het gister oggend weer n lam gekry wat se pens oopgeskeur is melkpens is gewoonlik uitgevreet, maar die keer het hulle die lam heel opgevreet kan duidelik spore sien daar en daar was geen ander roofdiere na die bobejane nie! Dit is net die derms w at agtergebly het.
-
stan man
Re: Jakkals of kat of wat?
so n ruk terug gaan soek ek op n plaas buite theunissen na n ''jakkals'' wat die boer se merinos karnuffel.
skiet toe die eerste aand 3 jakkalse om die kraal. die probleem is vir n paar dae opgelos en toe is al die moeilikheid terug.ek het nog n paar keer gaan roep en daar was jou wragtig waar niks meer oor om te skiet nie.
die probleem het egter aangehou tot dat die buurman se huis brak geskiet is.
maar net n gedagte.

- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Jakkals of kat of wat?
Doepie,
My raad is dalk swak maar het al gewerk vir my....Kyk of jy so 200m (binne trefafstand) van die vangplek kan sit en roep so elke uur net die wegspring van n enkelroep ( net om te kyk vir reaksie, indien daar reaksie is los als en lig net). Lig baie min en met erg gedimde lig, as jy altyd n rooi filter gebruik verander dit na groen of geen maar verander jou kleur.
Sterkte en groetnis.

IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
-
Doepie01
- Sr. Member

- Posts: 324
- Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm
Re: Jakkals of kat of wat?
Manne
Baie dankie vir al die raad. Ek waardeer dit.
Ek het toe Maandag aand gaan sit. Eers van 7 tot 10 so 1km van die vangplek af. Bitter min geroep. Net kos. Ek skuif toe na die vangplek toe. Sit daar tot 12uur. Weer net kos geroep en baie min. My gat af gesukkel om nie te vries en aan die slaap te raak nie. Niks niks niks. So n half uur voor 12 roep ek Tafjak 6. Geen reaksie. Net voor ek oppak roep ek toe Ombu alleen en antwoord met Jason reaksie. Weer niks.
Daar is nog nie weer gevang nie. Sal more oggend weer gaan kyk. Die rede hoekom ek nie Jakhuil of enige challenge wou speel nie is omdat ek vermoed dit is n enkel jakkals wat daar vang. Die rede is omdat bitter min gevreet is aan die lammers. Een van die lammers was bv net dood gebyt en so n bietjie aan sy neus gepeusel. Ek sal maar weer planne maak en raad vra na more, as daar weer gevang is.

vergund
- Full Member

- Posts: 174
- Joined: Wed Aug 08, 2012 7:09 am
Re: Jakkals of kat of wat?
Ek sien die draad is al n bietjie oud , kyk maar na n hond. Hulle kan net so skelm wees!!!!