Ratel wrote:Daar is darem baie stories en mites oor Glocks en veral 40 S&W. Eerstens is daar baie van die bekende fabrikaat pistole daar buite met nie "fully supported" kamers. Ek kan vir jou net soveel fotos en you tube videos stuur van selfs duurder pistole wat boom. Ek weet nie of jy self 'n Glock 23 gehad het wat doppe geblaas of gebars het nie. Ek het duisende rondtes deur my Glock 23 geskiet sonder een enkele probleem. Sekerlik sou Glock die 40 S&W van die mark afgehaal het as die wapen onveilig was.zipp wrote:Grumpy
n' 1911 is altyd lekker, maar swaar om te dra. Bly weg van glock in 40 S&W, die kamer ondersteun die dop te min en die doppe 'bulge' of bars. Die komersiele herlaaiers laai 40 S&W teen laier spoed om die risiko te probreer verlaag! Kry liewer n CZp07 Duty of n 9mm glock, n pistool is nie n lang geweer nie en stop maar min n man met die eerste skoot. dis hoekom IPSC en IDPA meer en deels meer as 1 skoot per teiken skiet. 9mm ammo meer vrylik beskikbaar as .40, en 45 as 40 ook!
Die probleem met handwapens (nie net Glocks nie) is dat mense mal ladings deur die wapens wil skiet, hoekom weet nugter alleen, en dan kry hulle skade.
Indien ek weer moet koop sal dit nog 'n Glock 23 wees sonder enige twyfel omrede die wapen vir my makliker as 'n 1911 versteek gedra kan word agv gewig, rondings van wapen en as bonus ook nog 'n goeie magasyn kapasiteit het.
+10
My Glock 23 is al sedert 1998 my EDC handwapen. Ek't al duisende herlaaide rondtes deur haar sonder enige probleme. Rakende doppe wat bulge/bars, ek gebruik 'n batch van 400 doppe. Sommige is al 12 keer herlaai teen "warmerige" ladings. Nog nooit moeilikheid met doppe behalwe dat ek nie altyd almal kry nie.
My 2c
