Grasdoder op elektriese heinings

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Capt. Yoda »

Kalahari onthou n groot boom se wortel stelsel groei nou 25m ver so as jy n sterk doder gebruik kan jy dalk bome dood maak wat jy nie bedoel het nie of jy kan self bome van jou buurman dood maak wat hy dalk nie dood wou he nie.Daai plan van vlakvark met die ureum klink ook goed
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Johan Nel »

Willie wrote:Kalahari ek hoop nie jy gee om dat ek jou draai so effens "hijack" in jou afwesigheid nie. ???

Wie weet watter produk word op afgesaagde bome gebruik om dit dood te maak ?

Dankie
Willie,
Een produk is Chopper.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Kalahari »

Willie wrote:Kalahari ek hoop nie jy gee om dat ek jou draai so effens "hijack" in jou afwesigheid nie.
Alles reg Willie, niks fout nie.

Dankie vir almal se raad, ek het toe Glyphogan en Simmanex aangeskaf, jy maak 'n mengsel van die 2 aan om dan op die nuwe groei te spuit (Glyphogan) en die Simmanex help dan vir die nawerking.
Ek maak nou maar met die hand skoon en dan sal ek na die eerste groei begin het die spuitwerk doen kyk wat gebeur.

Johan Nel, dankie vir jou raad. Ek kon toe nie die produk opspoor wat jy voorgestel het nie, maar sal nogsteeds daarvoor bly soek en dan 'n prysvergelyking probeer doen en kort toetse doen en resultate probeer vergelyk.

Die roundup produk is baie duurder blykbaar per 20l as die wat ek nou gekoop het, maar ek het nie die prys gevra nie, die koste van die 2 produkte wat ek nou gekoop het is R2500 vir 10km se spuit. Gedink dit sal goedkoper wees.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Kalahari »

Capt. Oblivious wrote:Kalahari onthou n groot boom se wortel stelsel groei nou 25m ver so as jy n sterk doder gebruik kan jy dalk bome dood maak wat jy nie bedoel het nie of jy kan self bome van jou buurman dood maak wat hy dalk nie dood wou he nie.Daai plan van vlakvark met die ureum klink ook goed
Kaptein, juis daarom dat die doder gras spesifiek gekoop het en ek het dit so aan die verkoopsman verduidelik en hy het toe die 2 produkte so aanbeveel. Ek het al bome verloor met die Mono Destroyer waarmee ek driedoringbosse mee doodmaak.
bertie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Mon Nov 18, 2013 6:50 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by bertie »

kalahari
as ek maar my ou stukkie raat kan gee. spuit daai simezine(simenex) so dag voor jy weet daar kom reen, die glifosaat(roundup,glyfogan) kort net so paar ure op die plant dan is hy reg, die gras sal so 10 dae vat om te vrek so moeni dink dit het nie gewerk nie. maar die simenex soek reen om lekker in die grond in te was so as jy weet daar kom die volgende dag reen spuit hom. en op die afgekapte bome wat iemand gevra het is garlon wat jy opgooi, meng hom so 50 50 met diesel en gooi maar net op oop deel vani stam.
groete
bertie
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Grasdoder op elektriese heinings

Post by Kalahari »

Dankie Bertie, ek sal dit so probeer kyk en inpas.
Moet juis nog die bosdoder ook begin gooi vir die driedorings en die benodig ook reën om in te was in die grond.
Post Reply