Hase/ystervarke of watse peste???

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Hase/ystervarke of watse peste???

Post by Pvdw »

Manne my neef bly op Heilbron. Hy boer groente op so 2ha. Ek dink dis meestal spinasie.

Hy laat weet my vroeër vanaand dat ek die gunne moet pak en kom help. Die ongediertes het sy eerste 5000 plantjies opgevreet.

Hulle vermoed dis hase want hulle kry nie die duidelikke ystervark spore in die sagte grond nie.

Wat sou julle reken kan dit nog wees??

Indien dit hase is, hoe benader ons hulle? Sit ek sommer net stil op my jakstoel en soek hulle met lamp en laat die 223 of 22 die praatwerk doen? Gaan sit ek voor donker daar of as die son reeds weg is??

Wie hier weet van hase skiet?? Enige raad asb?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hase/ystervarke of watse peste???

Post by tripodmvr »

Die gevogeltes gaan ook weglê aan groen kosse. Duiwe, fisante, mossies ens gaan lekker vreet. Nou kom die knaagdiere ook by - hase, ystervark, muise ens.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Boskamper
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am

Re: Hase/ystervarke of watse peste???

Post by Boskamper »

Onbekende onvriendelike gediertes het my groente als afgevreet, so 2 dae na hulle almal mooi opgekom het. nog niks weer geplant nie. ek is in die dorp.
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico

Llama 38 spesialtjie

WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Hase/ystervarke of watse peste???

Post by ANDRIES »

Fisante/tarentale kan gou gou groot skade maak.
Post Reply