Van die jakkalse is deur die dag geskiet die fotos wat ek ge post het is die wat in die dag geskiet is. Klanke
= Ore en ander kos geluide ek dink die konsentrasie is so hoog dat dit nie saak maak wat jy speel nie
Baie goeie sukses gehad met die kat en jak baklei om die gesneuwelde se maatjies om te draai.
Ek het iets beleef wat ek nog nooit gesien het nie. Ek het na die aand se skiet na n groot vlei gery om van die jakkies te gaan optel wat ek die vorige aand geskiet het en nie kon kry agv die lang gras.
En vier van die jakkies is uit die gras gesleep en opgevreet en as ek praat van opgevreet bedoel ek net die pote en kop het enige weefsel oorgehad baie peculiar het enige van julle manne al so iets gesien.
Vir elke jak wat ek geskiet het is daar tenminste 3 wat ek nie n skoot op kon kry nie die plaas het verlede jaar heel afgebrand en toe baie goeie reens gehad met die nagevolge dat die gras selfs in die panne baie hoog was en dan natuurlik is dit mos bosveld daai.
Ek het instruksies en gps coordinate gelos hulle sal nou met n bulldozer en bossie slaner vir my plekke oopmaak vir die volgende sessie.
My skoonpa boer met Nguni's en nog altyd het die Jag en gewone luiperds die skuld gekry vir die loss van kallers tot ek vir hom loops wys het en jy kon duidelik aan die spoore sien dat 4 jakkies een van sy kallers platgetrek en verorber het. Nodeloos om te se die oorlog is dadelik aan die gang gesit.
Ek gaann hulle nou so vergeet kansie gee vir n maand en dan weer gaan amok saai
